Cape Argus is tans besig met ‘n spesiale boekinsamelingsprojek vir minderbevoorregte kinders van die “Home of Hope”. Ons doen ‘n beroep op ouers om enige Afrikaanse en/of Engelse leesboeke (ouderdomsgepas 4 – 11 jaar) wat by die huis rondlê asseblief vir hierdie noodsaaklike projek te skenk. Die boeke kan sommer direk na ons skool se biblioteek geneem word. Hierdie is ‘n wonderlike geleentheid om uit te reik en instrumenteel te wees om die sosiale en opvoedkundige probleme in behoeftige areas aan te spreek.