Geagte Ouers / Voogde
Kan julle glo dat ons in ‘n oogwenk alweer die einde van week 4 van kwartaal 3 bereik het. Ek dink vandag in besonders aan al ons ouers/voogde en leerders wat tans Covid onder lede het of wat self-isoleer. Dit is baie moeilik om van jou familie, vriende of kollegas geskei te word, maar dit is so noodsaaklik om te verhoed dat die virus verder na jou geliefdes en gemeenskap versprei. Self-isolasie affekteer ‘n mens se normale aktiwiteite, roetines en werksaamhede. Dit opsig self kan weer ‘n toename in eensaamheid, angs en depressie tot gevolg hê. Hierdie onsigbare vyand diskrimineer nie teen ouderdom, waar jy woon, of waar jy werk nie. Enige persoon kan besmet word. Hierdie wêreldwye krisis het geweldige negatiewe gevolge, maar dit is jou keuse hoe jy dit gaan aanpak. Wees verseker dit is normaal om tydens die ongekende tye hartseer, gespanne of oorweldig te voel. Gesels met mense wat jy kan vertrou as dinge neerdrukkend raak. Die pandemie word oorweldigend met negatiewe ‘goed’ geassosieer, maar dit bied ook ‘n geleentheid om ‘n persoonlike inventaris van ons lewens te maak, nuwe perspektief te kry en te bepaal wat ons eintlike prioriteite in die lewe moet wees. My gebed is dat ons sal aanhou hoop, meer dankbaar sal wees en nooit ophou om te droom waarin ons in die lewe wil belê nie. Covid het verder ook...
Lees Verder