Ons Graad 7’s se Sanitize maskerbonanza!

‘n Masker wat gemaklik pas
Voel soos ‘n ligte hoed en nie ‘n swaar jas
Ene vir jou en ene vir my
So werk ons saam om nie Covid te kry

Handsaniteerder wat nie voel of dit plak
Sag op die hande en vars in die neus
So maak ons sommer gou-gou mak
Daardie lastige ou Corona-reus

Ons Graad 7’s se Sanitize maskerbonanza
is nou aan die loop:
‘n Boks met 50 maskers en ‘n botteltjie fluweel
Net honderd rand en jy kry soveel!

Onthou om vandag nog
vir Mamma en Pappa te sê
Hul moet kliek in die nuusbrief
Om dit ook vir julle te koop!

Ondersteun asb. ons graad 7-inisiatiewe om ’n besondere afskeidsgeskenk aan die skool te kan gee en ‘n gesellige afskeid vir al ons graad 7-leerders te kan aanbied. Maak gerus van ons spesiale afslag-aanbod gebruik om jou gesin se maskervoorraad en saniteerders aan te vul – Kliek op die foto en volg die maklike stappe onder “For school promotion” om die afslag te bekom. Onthou net om jou kind se naam en klas in te sluit, sodat jou pakkie saam met jou kind huis toe gestuur kan word.