Die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust het onder meer ten doel die bevordering van ‘n gemeenskapskool met insluiting van alle leerders. Die trustees het besluit om ‘n verdere ondersteuningsbeurs te bied vir alle leerders waar die ouers reeds vir volledige vrystelling van skoolfonds in lyn met die onderwysdepartement se riglyne goedgekeur is.

Hierdie beurs maak voorsiening vir skoolklere, daaglikse etes, data en ‘n bedrag vir ad hoc uitgawes vir kwalifiserende ouers se kinders.

Vir meer inligting oor wat dit behels en hoe om aansoek te doen, stuur ‘n e-pos aan Jodene by admin@jvrprim.co.za.

Vir meer inligting oor die trust, volg die skakel.