Redenaarsuitslae: ATKV-semifinale uitdunronde 2023
Baie geluk aan die volgende sprekers wat ‘n posisie in die top tien tydens die semifinale uitdunronde van ATKV-redenaars behaal het: Jacques du Toit: 4de plek Pieter Rademeyer: 8ste plek Ons wil ook vir Emma Snijders, Karu Rademeyer en Sabine Barnard wat deelgeneem het, gelukwens. Julle het ons skool se naam hoog gehou en ons baie trots...
Eerbiedig asb. aflaaisones
Hiermee ‘n vriendelike versoek dat ons ouers/voogde en au pairs asseblief vir ons sal help om die gemerkte aflaaisones (drop & go) agter by die skool te eerbiedig. Ons het geglo dat die nuwe padverflyne en afgebakende parkeerareas die vloei van verkeer sou vergemaklik, maar dit kan net werk as almal hul samewerking in die verband gee en mekaar respekteer. By voorbaat dankie Naas Beets...
Abigail Fourie gekies vir opera
Baie geluk aan Abigail Fourie wat gekies is om later hierdie jaar aan die opera Tosca by die Kunstekaap deel te neem. Ons is baie trots op haar!
Dramatye tydens eksamen
Maandag Gr. 1 - 3 - 13:30 - 14:30 Gr. 4 - 7 val weg Woensdag Gr. 1 - 3 - 13:00 - 14:00 Gr. 4 - 7 - 1400 - 15:00 Vrydag Gr. 1 - 3 val weg Gr. 4 - 7 - 13:15 - 14:15 Die maats wat gewoonlik op 'n dag drama sou hê waar die tyd nou wegval, kan op enige ander dag inval. Vrydae het net gr. 4 - 7 'n dramaklas, want hulle skryf eksamen en dit is omtrent die enigste dag wat hulle kan kom. Almal kom vroeg uit tydens die eksamen en as gr. 4 - 7 tot 14:00 vir hul klas moet wag, raak dit 'n bietjie lank. Ek hoop almal verstaan. Sterkte met die...
Bring-en-Raai 2023
11 Augustus 2023 Stuur 'n e-pos aan karienzulch@gmail.com en bespreek 'n tafel vir 'n span van 8 spanlede teen R1800 per tafel.
Eksamenvraestelwenke: DETER-toets
Marike Badenhorst (skoolsielkundige) het hierdie week vinnig by die graad 7-klasse kom inloer en hierdie waardevolle inligting met hulle gedeel sodat hulle hul vraestelle op die regte manier kan aanpak. Ons deel graag hierdie wenke met almal (kliek HIER om die PDF-weergawe af te laai). Voorwaar iets om te hou wat leerders tot matriek kan gebruik. Sterkte met al die eksamen-/assesseringvoorbereiding. Onthou: ons kinders voel ons as ouers se angs en spanning aan en reageer dan daarop. Benader die eksamen as ‘n gewone...
Netbaluitslae: 20 – 22 Mei
Hiermee die netbaluitslae van die afgelope week: Driehoekige byeenkoms Goudini - 20 Mei 0.7A verloor 4-6(FDC) verloor 0-1 (Goudini) 0.8A wen 7-3 (FDC) wen 5-4 (Goudini) 0.9A verloor 3-6 (FDC) wen 6-3 (Goudini) 0.10A wen 11-2 (FDC) wen 9-8 (Goudini) 0.11A wen 10-5 (FDC) wen 12-5 (Goudini) 0.12A wen 24-3 (FDC) wen 26-4 (Goudini) 0.13A wen 39-4 (FDC) wen 36-7 (Goudini) JVR vs Parrow Oos - 22 Mei 0.7A verloor 0-6 0.7B gelykop 0-0 0.8B verloor 2-4 0.8C verloor 0-10 0.9A verloor 0-7 0.9B wen 7-2 0.10A wen 8-4 0.10B wen 12-5 0.11A wen 21-2 0.11B verloor 3-4 0.12A verloor 7-8 0.12B wen 9-4 0.13A wen 34-7 0.13B wen 19-2 Baie geluk ook aan Emma van Biljon en Cara Stoltz wat WP-netbal gekry het! Emma - 0.13 Doves span Cara - 0.11 Dolphins...
Drama-tye vir volgende week
Volgende week: Maandag: Gr. 1-3 - 14:00 - 15:00 Gr. 4-7 - 15:00 - 16:00 Woensdag: Gr. 1-3 - 13:10 - 14:00 Gr. 4-7 - 14:00 - 15:00 Vrydag: Gr. 1-3 - 13:00 - 14:00 Gr. 4-7 - 14:00 - 15:00 Tye tydens eksamen sal in volgende Vrydag se nuusbrief wees.
Junie-eksamen 2023: Logistiek en Organisasie
Sien asb. die belangrike inligting rakende die organisasie en logistiek tydens die eksamen/assessering: 1 – 14 Junie 2023 Donderdag, 1 Junie - Gr. 7's begin met eksamen. Skryf in hul registerklasse vanaf 07:45 - 10:10 asook 10:30 - 12:25 (Wiskunde x 2 vraestelle). Res van die skool ruil normaal. Vrydag, 2 Junie - Gr. 7's skryf eksamen 07:45-10:10 in hul registerklasse. Res van die skool ruil normaal. Maandag, 5 Junie - Woensdag, 14 Junie: (Gr. 4-7) Konsessie-leerders gaan direk na lokale en bly daar tot eerste pouse. Skryfsessie: 07:45 - 10:10 (begin so gou moontlik skryf om te verseker almal het genoeg tyd) *’n spesiale reëling sal in plek gestel word indien daar om 08:00 - 10:00 ‘n kragonderbreking mag wees. Leerders mag ‘n kopliggie of ander liggie bring om op hul lessenaar te sit tydens beurtkrag. Gr. 6 en 7-klasse word in ses onderskeie klasse verdeel om eksamenfokus en -dissipline te handhaaf. Hierdie ‘nuwe’ klasse gaan direk na die onderskeie eksamenlokale en sal na eerste pouse by hul registerklasse aanmeld. Almal verdaag na eerste pouse na hul registerklasse. Geen klasruiling sal vir gr. 1 – 7 tydens hierdie eksamentydperk (5 – 14 Junie) plaasvind nie. Sportoefeninge gedurende skooltyd: Kom met sportdrag skool toe op dae wat sport geoefen word sodat aantrektyd verminder word. Toesig sal in graadverband georganiseer word afhangend van hoeveelheid leerders wat nie die bepaalde dag oefen nie. Geen leerders sal sonder toesig gelaat word nie. Graadhoofde moet opname doen en dit kommunikeer. Graad 4 – 7’s oefen: 10:30 – 11:30 Graad 1 – 3’s oefen: 11:45 – 12:50 Leon, André en Rashard is hierby betrokke....
Geagte Ouers / Voogde
Die wintersportprogram vir kwartaal 2 begin so stadig maar seker einde se kant toe staan met ‘n besige sportprogram agter die rug. Verlede naweek het ons o.7 - o.13 netbal- en rugbyspanne aan die jaarlikse driehoekige wintersportdag by Hoërskool Goudini te Rawsonville deelgeneem. Dit was ‘n prentjiemooi, sonnige herfsdag en ons is heerlik met plattelandse gasvryheid bederf. Ons spanne het weereens puik gevaar en waar ons tradisioneel jaar in en jaar uit redelik swaar teen veral Laerskool F.D. Conradie getrek het, het ons vanjaar die spreekwoordelike bordjies behoorlik verhang. Ek is besonders trots op ons spelers en afrigters se onberispelike gedrag op en af van die veld en baie dankbaar vir ouers wat ons so getrou ondersteun. Ek glo dat elke gesin nou na afloop van al die baie wedstryde en toernooie kan begin asem skep en ook in die proses gereedmaak vir die eksamen en assesserings wat voorlê. Sportoefeninge eindig volgende week, maar ons beplan om weer sportoefeninge gedurende skooltyd net na afloop van die eksamens/assesserings te hê om seker te maak ons leerders bly fiks en gereed vir kwartaal 3 se sport wat voorlê. Ek glo julle het al opgelet dat ons sportpersoneel die afgelope jaar soveel meer tyd aan sport spandeer het. Die resultate spreek vanself. Ongelukkig het ons skool nie ‘n eenvormige sportdrag vir die afrigters soos wat ander skole se afrigters tydens westryde en toernooie dra nie. Ons is besig om dringend hieraan aandag te skenk. Ons benodig egter hulp in hierdie verband veral met die borgskap vir die sportdrag van afrigters. Die borgskap(pe) is onderhandelbaar, maar dit behels gewoonlik ‘n twee jaar kontrak...
Pousekos inpak vir beurtkrag-oggende
Ons versoek dat ouers asb. vir hul kind(ers) addisionele peuselhappies skool toe inpak bo en behalwe die snoepiekos wat leerders ontvang. Indien daar beurtkrag voor eerste pouse is, veroorsaak dit dat leerders somtyds vir die eerste keer eers tweede pouse hul kos wat bestel is, ontvang. Ons sien ‘n duidelike behoefte tydens klastyd dat leerders se konsentrasie en gedrag a.g.v. honger en bloedsuiker wat daal, geaffekteer word. Ons waardeer hierdie...
Skaakuitslae: 19 Mei
Ons het verlede Vrydag (19 Mei) ons laaste liga skaakwedstryd vir die kwartaal gespeel. Ons spelers was opgewonde om Houtbaai Internasionale skool by ons te ontvang. Ons het die wedstryd 5-1 gewen en is so trots op elke speler se strategiese skuif!
Verlore Goedere: Sambreel
'n Ouer het hierdie sambreel by die Kaperjolle agtergelaat. Indien dit joune is, stuur asb. 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za of 'n Skooler-boodskap op die Algemeen-groep.
Kyle Meissenheimer presteer in Karate
Kyle Meissenheimer is gekies om die WP-span in Julie by die SA-karate kampioenskappe te verteenwoordig! Om seker te maak dat hy wel sal kan gaan, het sy ouers 'n back a buddy-veldtog geloots. Indien enigiemand hom graag wou ondersteun, volg gerus hierdie skakel. Baie geluk, Kyle. Ons is trots op...
Jannies Talent: 30 Augustus 2023
Groot opgewondenheid heers reeds oor hierdie aand wat op 30 Augustus plaasvind. Dis 'n heerlike gesinsaand met klank en ligte en sterbelaaide talent! Ons het reeds 3 baie bekwame beoordelaars. Onthou die datum: Woensdag, 30 Augustus, om 18:30 in ons skoolsaal. Daar het reeds baie leerders hul name kom ingee om deel te neem. Daar kan net 'n beperkte aantal deelnemers wees. Oudisies sal vroeg in volgende kwartaal gedoen word. Moet dit nie misloop nie, berei solank voor vir jou spesiale...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026