Groot opgewondenheid heers reeds oor hierdie aand wat op 30 Augustus plaasvind. Dis ‘n heerlike gesinsaand met klank en ligte en sterbelaaide talent! Ons het reeds 3 baie bekwame beoordelaars.
  • Onthou die datum: Woensdag, 30 Augustus, om 18:30 in ons skoolsaal.
  • Daar het reeds baie leerders hul name kom ingee om deel te neem. Daar kan net ‘n beperkte aantal deelnemers wees.
  • Oudisies sal vroeg in volgende kwartaal gedoen word.
  • Moet dit nie misloop nie, berei solank voor vir jou spesiale talent!!!