Sien asb. die belangrike inligting rakende die organisasie en logistiek tydens die eksamen/assessering: 1 – 14 Junie 2023

Donderdag, 1 Junie – Gr. 7’s begin met eksamen. Skryf in hul registerklasse vanaf 07:45 – 10:10 asook 10:30 – 12:25 (Wiskunde x 2 vraestelle). Res van die skool ruil normaal.

Vrydag, 2 Junie – Gr. 7’s skryf eksamen 07:45-10:10 in hul registerklasse. Res van die skool ruil normaal.

Maandag, 5 Junie – Woensdag, 14 Junie: (Gr. 4-7)

  1. Konsessie-leerders gaan direk na lokale en bly daar tot eerste pouse.
  2. Skryfsessie: 07:45 – 10:10 (begin so gou moontlik skryf om te verseker almal het genoeg tyd)
    *’n spesiale reëling sal in plek gestel word indien daar om 08:00 – 10:00 ‘n kragonderbreking mag wees. Leerders mag ‘n kopliggie of ander liggie bring om op hul lessenaar te sit tydens beurtkrag.
  3. Gr. 6 en 7-klasse word in ses onderskeie klasse verdeel om eksamenfokus en -dissipline te handhaaf. Hierdie ‘nuwe’ klasse gaan direk na die onderskeie eksamenlokale en sal na eerste pouse by hul registerklasse aanmeld.
  4. Almal verdaag na eerste pouse na hul registerklasse. Geen klasruiling sal vir gr. 1 – 7 tydens hierdie eksamentydperk (5 – 14 Junie) plaasvind nie.
  5. Sportoefeninge gedurende skooltyd:
    • Kom met sportdrag skool toe op dae wat sport geoefen word sodat aantrektyd verminder word.
    • Toesig sal in graadverband georganiseer word afhangend van hoeveelheid leerders wat nie die bepaalde dag oefen nie. Geen leerders sal sonder toesig gelaat word nie. Graadhoofde moet opname doen en dit kommunikeer.
    • Graad 4 – 7’s oefen: 10:30 – 11:30
    • Graad 1 – 3’s oefen: 11:45 – 12:50
    • Leon, André en Rashard is hierby betrokke.
    • Oefendae: Let Wel dat die oefeninge verpligtend is vir spelers wat by ‘n span betrokke is.
      • Maandag: Netbal / Rugby
      • Dinsdag: Hokkie / Landloop
      • Woensdag: Netbal / Rugby
      • Donderdag: Hokkie
  6. Musiekoefeninge gedurende skooltyd: Geen musiekonderrig sal voor eerste pouse plaasvind nie. Kore oefen volgens die rooster:
    • Maandae – Junior koor
    • Donderdae – Senior koor
  7. Skool verdaag vanaf Woensdag, 31 Mei, om 13:00 (gr. 1-3) en 13:15 (gr. 4-7). Periode 7 val outomaties weg.

  8. ONTHOU: Alle vraestelle sal met leerders bespreek word. Dis deel van die leerproses. Leerders moet weet waar hulle foute gemaak het. Aangesien Afrikaans, Engels en Wiskunde vakke is wat deurlopend is, word die vraestelle van hierdie vakke vir ondertekening huis toe gestuur – dit mag dalk eers volgende kwartaal geskied a.g.v. die sporttoer.