Jannies Talent 2023
Jannies Talent is om die draai! Hou asb. 30 Augustus oop vir die "glansryke" aand! Leerders wat ingeskryf het, sal volgende week geroep word om vir oudisies te kom. Ouers sal binnekort in kennis gestel word wanneer hulle kaartjies op die Karri-toep kan koop. Kaartjies sal R100 vir volwassenes en R50 vir kinders wees. Kom geniet die heerlike...
Klavier Eisteddfod
Neem asb. kennis dat die klavier Eisteddfod in Augustus plaasvind. Daar is amper elke Saterdag 'n groep wat speel. Maak dus vroegtydig seker dat dit nie met sportaangeleenthede bots nie. Eisteddfodtye kan nie geskuif word nie.
Eisteddfod: Literatuurstudie-uitslae
Veertig van ons graad 4 - 7-leerders het hierdie jaar aan die Eisteddfod se Literatuurstudie-afdeling deelgeneem. Die leerders moes binne twee ure 'n onderwerp kies en 'n kreatiewe storie opdis wat vir beoordeling gestuur is. Baie geluk aan die volgende leerders wat uitstekend gevaar het! Gr. 4 Lof: Jenna Erasmus, Quinn du Toit en Alienor Coetzer-Dereymaeker Gr. 5 Lof+: Annalene Viljoen en Jack Dawes Hoogste Lof: Amelie van der Walt en Katryn Silvis Gr. 6 Lof: Ané Swanepoel, Lukas Welgemoed en Isabella Marais Lof+: Bernardo Oosthuizen Lof++: Daniella Boshoff, Conrad Slabbert, Leah de Kock en Willem Vorster Gr. 7 Lof: Gemma de Vries, Pierre-Jaque Smit, Annabel Koen, Lida-Mari Bosman en Sofia Newton Lof+: Katia van Wyk Ons is veral trots op Katryn Silvis (gr. 5) en Amelie van der Walt (gr. 5) wat Hoogste Lof ontvang het. Amelie het 'n silwermedalje losgeskryf en sal dit tydens die Eisteddfod se spesiale prysuitdeling ontvang. Een ding is seker... die Jannies kán...
Eisteddfod Sang: Uitslae
Baie geluk aan Abigail Fourie wat 'n medalje vir Sang by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod gewen het. Ons is trots op haar! Sy het ook tot by die finale rondte van Sound of Music deurgedring. Dit was 'n wonderlike ervaring vir haar gewees!
Klerebank: Bestellings
Dankie dat jy aan die klerebankopname aan die einde van verlede kwartaal deelgeneem het. Bestel asb. nou DRINGEND die klere wat jy aangedui het wat nog gekoop moet word. Bestel gerus sweetpakke aangesien ons dit ook aangepas het. Die winter gaan nog ‘n rukkie met ons wees. Ons vestig graag aandag daarop dat die nuwe skooldrag vir alle leerders vanaf Januarie 2024 verpligtend sal wees. Laaste bestellings om vir Jan. 2024 gereed te wees, sal op die laatste teen 31 Augustus bestel moet word. Die bestellings moet aanlyn by die Klerebank gemaak word: Treadle...
Unisa Klaviereksamens 2023: uitslae
Baie geluk aan hierdie twee leerders wat uitstekend in die Unisa-Klaviereksamens gevaar het: Karu Rademeyer - Graad 1 - 76% Antjie Samuel - Voor-Graad 1 - 88% Ons is baie trots op julle!
Ouerbesoeke: 31 Julie – 1 Augustus 2023
Neem kennis dat ons in die eerste week van kwartaal 3 die skakel sal stuur sodat ouers afsprake met onderwysers kan maak. Dagboek solank die datums waarop dit sal plaasvind.
Hoërskool Jan van Riebeeck-Kunstefees: 1 – 4 Augustus
Hoërskool Jan van Riebeeck nooi ons leerders uit om in te skryf vir hul tweede Kunstefees wat vanjaar vanaf 1 tot 4 Augustus 2023 aangebied word. Volg die skakels vir meer inligting en die inskrywingsvorm. Stuur gerus enige navrae na kunstefees@janvanriebeeck.co.za.
Nasorg kwartaalafsluiting: 21 Junie 2023
Die nasorgleerders het op Woensdag, 21 Junie, baie pret by hul kwartaalafsluiting gehad. Twee groot springkastele is in die saal opgerig en leerders het die hele middag gehad om lekker te speel en te spring. Na al die reënweer en binne pouses die afgelope week, het almal dit ekstra baie geniet! Baie dankie aan Madri vir die inisiatief en dat jy en jou span uit jul pad gaan om dit vir ons Jannies wat in die middae by die skool bly, lekker te...
Geagte Ouers / Voogde – 23 Junie 2023
So breek die einde van ‘n lang en besige, maar opwindende kwartaal aan. Vandag ontvang elke leerder sy/haar rapport om erkenning te ontvang vir hul harde werk, toewyding en deursettingsvermoë die afgelope kwartaal. Ek wil graag die leerders gelukwens en komplimenteer met hul spograpporte. Ons is saam met julle as ouers/voogde baie trots op jul kinders se akademiese vordering en –prestasies. Geniet nou die welverdiende vakansie om sommer alles te doen wat jy die afgelope tyd as gevolg van die eksamen nie voor tyd gehad het nie. Ons sporttoerspanne het op Maandag, 19 Junie, so net na 08:00 op ‘n luukse bus na die Suid-Kaap vir ‘n weeklange sporttoer vertrek. Die eerste stop en wedstryde het op dieselfde dag teen LS Swellendam geskied waar die hokkiespanne hul eerste toerwedstryde gespeel het. Die o.13A-seunshokkiespan het ongelukkig 1 – 2 verloor, maar die o.13A-dogterspan het daarvoor opgemaak en 1 – 0 gewen. Die toer het dus op ‘n goeie noot afgeskop en nie eers die gure weer kon hul geesdrif demp nie. Laat my asseblief toe om ons personeel hartlik te bedank vir hul harde werk en toewyding die afgelope kwartaal om te verseker dat ons Jannies hul volle potensiaal bereik. Dit was ‘n besige kwartaal vol sportaktiwiteite en lekker geleenthede soos die kleiduifskiet, kaperjolle en die suksesvolle veiling. Indien jy refleksie rakende die afgelope kwartaal sou wou neem, staan daar een ding soos die spreekwoordelike paal bo water uit en dit is SUKSES. Daarvoor is ons baie dankbaar en wil graag ons dinamiese Beheerraad hartlik bedank vir hul effektiewe leiding en kosbare tyd om saam met die EXCO (bestuurspan) Laerskool...
Trotse Jan van Riebeeck-span
Die Hoër- en Laerskool Jan van Riebeeck word hierdie jaar omtrent bederf met ‘n eerste. Adrian en Mieke Huysamen verteenwoordig hul gesin deur hierdie jaar elkeen ‘n hoofleierrol in hul onderskeie skole te vertolk. Adrian, die Hoofseun vir 2023 (HS JvR), en sy sussie, Mieke, as Hoofdogter vir 2023 (LS JvR). Hoe kosbaar is dit nie vir ons Jan van Riebeeck-span om dit saam met die Huysamen-gesin te vier...
Vakansiesorg Junie – Julie 2023
Volg die skakel of sien die PDF hier onder vir vakansiesorginligting en -inskrywingsvorm.
Leerders presteer in Ritmiese Gimnastiek: 17 Junie 2023
Drie graad 3 leerders, Antjie Samuel, Nina Burger en Maia du Toit het Saterdag, 17 Junie, aan Level 2 Ritmiese Gimnastiek WP -Kampioenskappe deelgeneem. Antjie en Nina het silwer medaljes gekry en Maia goud. Hulle is al drie so trots en ons ook, welgedaan Jannies!
Geagte Ouers / Voogde – 15 Junie 2023
So kom die 2de laaste week van die kwartaal asook die eksamen tot ‘n einde. Ek glo dat heelwat ouers/voogde saam met hul kinders ‘n sug van verligting gegee het toe die laaste vak op Woensdag, 14 Junie, geskryf is. Die antwoordstelle is amper klaar gemerk, deeglike moderering geskied en punte word verwerk sodat ons op Vrydag, 23 Junie, die dag wat die skole sluit, vir elke leerder sy/haar rapport kan gee. Graag wil ek spesifiek die leerders bedank en gelukwens met hul deeglike voorbereiding vir die eksamen asook die besonderse werketiek wat hulle dwarsdeur die jaar handhaaf. Hartlike dank aan ons ouers/voogde wat hul kinders so mooi en lojaal die afgelope twee weke tydens die eksamen/assessering ondersteun het om net hul beste te doen. Vanaf Maandag, 05 Junie, het die interim buitemuurse sportprogram in skooltyd, net na die aflê van die daaglikse eksamens plaasgevind. Die doel om nog steeds met sportoefeninge gedurende die eksamentyd voort te gaan, was tweeledig: eerstens geniet die leerders dit terdeë om direk na ‘n lang eksamensessie uit die klas te kom, die vars lug te geniet en aktief te wees wat sommer ook help met hul algemene geestelike welsyn. Tweedens help die program om hulle fiks te hou asook om hul spelpeil langer te handhaaf veral met ‘n welverdiende 3 weke-vakansie wat voorlê. Daar is die afgelope kwartaal so hard gewerk om fiksheidsvlakke te verbeter, effektiewe spelpatrone te implementeer en indien ons sportoefeninge vanaf die begin van die eksamens sou stop plus die vakansie wat voorlê, beteken dit dat daar amper 7 weke van geen oefeninge sou plaasvind nie. Dit is vir my...
Landloopterugvoer: 9 Junie 2023
Verlede week het al die atlete wat aan Vrydag se wedloop sou deelneem, onttrek a.g.v. verkoues en griep wat die rondtes gedoen het. Twee brawe leerders het besluit om voort te gaan en het hul eerste landloopwedloop bygewoon. Anouk en Leah Jacobsz het baie mooi gehardloop en alhoewel ons nog nie die amptelike uitslae ontvang het nie, lyk dit of Leah dalk 8ste gekom het. Dis 'n fantastiese prestasie en ons is sommer baie trots op haar en Anouk. Indien nog ouers landloopkommunikasie wil ontvang om te weet wanneer daar wedlope en oefeninge is, stuur gerus 'n boodskap oop die Skooler Algemeen kontakgroep of 'n e-pos aan...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026