Veertig van ons graad 4 – 7-leerders het hierdie jaar aan die Eisteddfod se Literatuurstudie-afdeling deelgeneem. Die leerders moes binne twee ure ‘n onderwerp kies en ‘n kreatiewe storie opdis wat vir beoordeling gestuur is.

Baie geluk aan die volgende leerders wat uitstekend gevaar het! 

Gr. 4
Lof: Jenna Erasmus, Quinn du Toit en Alienor Coetzer-Dereymaeker

Gr. 5
Lof+: Annalene Viljoen en Jack Dawes
Hoogste Lof: Amelie van der Walt en Katryn Silvis

Gr. 6
Lof: Ané Swanepoel, Lukas Welgemoed en Isabella Marais
Lof+: Bernardo Oosthuizen
Lof++: Daniella Boshoff, Conrad Slabbert, Leah de Kock en Willem Vorster

Gr. 7
Lof: Gemma de Vries, Pierre-Jaque Smit, Annabel Koen, Lida-Mari Bosman en Sofia Newton
Lof+: Katia van Wyk

Ons is veral trots op Katryn Silvis (gr. 5) en Amelie van der Walt (gr. 5) wat Hoogste Lof ontvang het. Amelie het ‘n silwermedalje losgeskryf en sal dit tydens die Eisteddfod se spesiale prysuitdeling ontvang.

Een ding is seker… die Jannies kán skryf!