Verlede week het al die atlete wat aan Vrydag se wedloop sou deelneem, onttrek a.g.v. verkoues en griep wat die rondtes gedoen het. Twee brawe leerders het besluit om voort te gaan en het hul eerste landloopwedloop bygewoon. Anouk en Leah Jacobsz het baie mooi gehardloop en alhoewel ons nog nie die amptelike uitslae ontvang het nie, lyk dit of Leah dalk 8ste gekom het. Dis ‘n fantastiese prestasie en ons is sommer baie trots op haar en Anouk.

Indien nog ouers landloopkommunikasie wil ontvang om te weet wanneer daar wedlope en oefeninge is, stuur gerus ‘n boodskap oop die Skooler Algemeen kontakgroep of ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za.