Oplaai van Nasorgleerders

Ons versoek dat ouers van die agterste hek (Kerkstraat) gebruik maak om hul kinders in die middae te kom haal. Ouers / voogde kan agter parkeer of self afstap nasorgsentrum toe om hul kind te gaan haal, of jy kan vir die sekuriteitswag vra om jou kind via die “walkie talkie” te laat roep. Indien die sekuriteitswag jou kind laat roep, sal die nasorgpersoneel jou kind vergesel of opstuur na die afdakkie toe. Ouers kan ongelukkig nie by die Kloofstraathek inry nie. Dit veroorsaak ‘n groot verkeersopeenhoping indien ouers voor by die skool probeer inkom aangesien daar net een in- en uitgang is. Hierdie hek is slegs vir personeel en besoekers aan die skool. Baie dankie vir almal se...

Atletiek Interskole-uitslae – 6 Feb 2024

Dinsdag, 6 Februarie, het 60 van ons atlete aan die jaarlikse Interskole by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde deelgeneem. Daar was 9 skole wat op die dag teen mekaar deelgeneem het: Jan van Riebeeck, Kampsbaai, Duitse Skool, Reddam, Tamboerskloof, Sea Point, St. Cyprians, Kronendal en Houtbaai Internasionaal. Die weer het saamgespeel en dit was 'n ideale dag vir atletiek. Die dag het glad verloop en ons atlete het hulle puik van hul taak gekwyt. Ons het op 'n hoogtepunt afgesluit en amper skoonskip gemaak met al die aflosse. Ons het ook op die dag die meeste punte verower en sodoende die interskole gewen. Die top 3 skole was: Jan van Riebeeck met 486 punte Kampsbaai met 413 punte Duitse Skool met 366 punte Slegs die top twee atlete vir enige baanitem (uitsluitend 0.8 en 0.9) en die beste prestasie in die velditems kwalifiseer om deur te gaan na die Zone-kampioenskappe. Ons atlete wat deurgaan is: Cato Terblanche, 80m, 100m, 1200m en gewigstoot Willem Viljoen, 70m H, 80m en 1200m Maia du Toit, 70m H Rafa Lamprecht, 70m H Jack Dawes, 75m H en 150m H Daniella Boshoff, 75m H en 200m H Arjen Faling, 100m Delmar Benecke, 200m, 200m H en 800m Ellen van Heerden, gewigstoot Jana Olivier, gewigstoot en diskus Frank van der Walt, gewigstoot, spiesgooi en diskus Carter Schoeman, gewigstoot Jeanne van Heerden, gewigstoot en diskus Stella Zulch, spiesgooi Dylan Daniels, spiesgooi Stella Pansegrouw, 150m H Cara Stoltz, 150m H Stephan Brink, 150m H Michaan Naylor, 200m H Dane Botha, 100m Volg die skakel vir volledige uitslae. Ons wens die atlete alle sterkte toe met die...

Tennisuitslae: 3 Febr. 2024

Die tennisseisoen het op ‘n hoë noot afgeskop toe ons eerstespan aan ‘n dubbelstoernooi te Laerskool Kenridge deelgeneem het. Vier skole het aan hierdie toernooi deelgeneem; Laerskole Kenridge, Jan van Riebeeck, Hermanus en Worcester. Die spelers het puik gevaar. Adriaan Wessels en Rafa Lamprecht het 2de plek behaal in die seuns dubbels A-groep en Stella Zulch en Ané Swanepoel het 2de plek behaal in die dogters dubbels B-groep. Laerskool Jan van Riebeeck het 'n 3de plek behaal. Baie geluk,...

Netbalkliniek terugvoer: 26-28 Jan. 2024

Die graad ses en sewe netbalmeisies het 26 tot 28 Januarie ‘n netbalkliniek bygewoon. Dit is deur die ervare netbalafrigter, tannie Patrys, aangebied. Dit was verskriklik lekker en ons sal dit nooit vergeet nie. Ons het baie spanwerkoefeninge gedoen - nie net op die baan nie, maar ook in die swembad. Ons is baie dankbaar dat ons hierdie netbalkliniek kon bywoon. Baie dankie aan al die onderwysers wat dit moontlik gemaak het. ‘n Spesiale woord van dank aan tannie Patrys wat ver gereis het. Sy het vir ons baie geleer en ons gaan definitief alles wat ons geleer het goed kan toepas in die komende netbalseisoen. - Geskryf deur Karu Rademeyer, gr....

Krieketuitslae: Febr. 2024

Baie geluk aan al die krieketspelers met die volgende uitslae: o.7 wen met 9 lopies teen Herzlia o.8 wen met 18 lopies teen Herzlia o.9 wen met 18 lopies teen Reddam o.11 A verloor met 61 lopies teen Ottohub o.11 B verloor met 8 paaltjies teen Pinelands North Luke Sieberhagen met boulsyfers van 3 beurte 2 paaltjies vir net 4...

Jan Kas – Graad 3 – 7-tasse

Ons gewone skooltasse vir graad 3 - 7 is tans uit voorraad. Ons gaan moontlik binnekort 'n paar inkry, maar nie noodwendig al genoeg om almal wat vir 'n tas wag te kan help nie. Indien jy nie langer kan wag vir 'n tas nie, kan jy enige ander skooltas wat donkerblou is in 'n winkel koop. Ons het intussen 'n paar Ramble-rugsakke ontvang. Dit is 'n duurder tas en het 'n twee jaar waarborg vanaf die datum wat die skool dit aangekoop het. Dit is op Jan Kas beskikbaar of jy kan dit tydens winkelure kom...

Jannies deel van Kaapstad Opera-kinderkoor

Drie Jannies, Karu Rademeyer, Abi Fourie en Jacob Venter, is onlangs ingesluit in die splinternuwe Kaapstad Opera-kinderkoor. Dié groep het die groot voorreg gehad om saam met die professionele Kaapstad Opera-geselskap in die pragtige Maynardville-buitelugteater in hul vertoning, ‘Puccini in the Park’, op te tree. Hulle is ook deel van die operaproduksie, ‘Suor Angelica / Gianni Schicchi’, wat volgende week by die Kunstekaap Teater te sien is. Ons wil ook vir Karu gelukwens met haar verkiesing as een van die vier lede van die nuwe ‘Children’s Board of Directors’ vir Kaapstad...

Swemuitslae – 2 Feb 2024

Ons swemmers het Vrydag, 2 Februarie, aan die swemgala by die Duitse Skool deelgeneem. Laerskool Jan van Riebeeck het derde plek uit vier skole behaal. Wel gedaan aan al ons swemmers wat deelgeneem het! Delmar Benecke en Karu Rademeyer het ook die afgelope naweek aan die Cape Town Bryan Button-kwalifiserende swemgala by die Universiteit van Wes-Kaapland deelgeneem: Delmar 100m-rugslag: 1ste 100m-vryslag: 3de 200m-IM: 2de 50m-rugslag: 1ste Karu 50m-borsslag: 1ste 100m-borsslag: 5de 50m-vlinderslag: 2de 100m-vryslag: 7de Baie geluk Karu en Delmar - dit wil gedoen...

Skaakterugvoer – 3 Feb 2024

'n Hele paar van ons leerders het Saterdag aan die opsionele individuele skaak WP-proewe deelgeneem. Die meeste van ons leerders wat deelgeneem het, dring deur na die volgende rondte. Ons wag met groot opwinding om te hoor wie amptelike uitnodigings vir die volgende rondte...

Kopluise – Feb 2024

Daar is ongelukkig weer kopluise onder enkele leerders gewaar. Kyk asb. by die huis in jou kind se hare vir enige ongewenste gaste. Indien daar tydens skooltyd luise in jou kind se hare gewaar word, sal ons jou kontak sodat jy jou kind kan kom haal. Leerders wat kopluise het, mag eers weer skool toe kom nadat die luise heeltemal verwyder is. Wenke: Indien jy wil voorkom dat jou kind kopluise kry, kan jy voorkomende sjampoe by bv. Dischem of Clicks koop. Indien jy luise in jou kind se kop gewaar, koop ‘n sjampoe wat spesifiek luise en nete doodmaak. Maak seker jy lees die instruksies van die luissjampoe. Dit help ook om ‘n luiskammetjie te koop om nete en luise uit te kam. Was jou kind se beddegoed om ontslae te raak van nete en luise wat moontlik daarop agtergebly...

Senior Swemgala – 9 Februarie

Ouers is welkom om die swemgala op 9 Februarie by te woon. Tyd: 09:30 - 14:00 Moedig asb. jou kind(ers) aan om deel te neem. Leerders hoef nie in te skryf nie, ons moedig massa deelname aan. Alle leerders (deelnemers en toeskouers) kom met LO-klere skool toe. Deelnemers moet hul eie swemkeppie en skoolswembroek OF gewone donkerblou swembroek hê. Die uitslae sal gebruik word om leerders te identifiseer vir opkomende swemgalas. Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met 'n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad. Aan die einde van 'n item moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken ('n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim. Vir borsslag en vlinderslag moet swemmers aan die einde van die item met beide hande raak. Volgorde vir individuele wisselslag: 1. Vlinderslag, 2. Rugslag, 3. Borsslag, 4. Vryslag Volgorde vir wisselslag AFLOS: 1. Rugslag, 2. Borsslag, 3. Vlinderslag, 4. Vryslag Die snoepie sal oop wees en daar sal 'n koffiestalletjie wees. GEEN kos en koeldrank by die swembad nie, slegs water in plastiekbottels word toegelaat. Pak asb. vir deelnemers droeë onderklere, sonskerm en genoeg water in. Geen leerder mag voor die einde van die gala huis toe gaan...

Geagte Ouers / Voogde – 2 Februarie 2024

Februarie-maand het gister skielik sy onverwagse opwagting gemaak, want die aanbreek van 01 Januarie 2024 voel vir my soos gister. Seker soos ‘n mens bietje ouer word, kom ek weereens tot die besef dat tyd besonders vinnig verby vlieg en vir niemand wag nie. Dus indien jy vanjaar beplan om nog iets spesiaal te doen, moenie wag nie liewe vriende, doen dit sommer onmiddellik! Graag wil ek almal hartlik bedank vir al die mooi verjaardagwense wat ek sedert Vrydag, 26 Januarie ontvang het. Ek het op Sondag, 28 Januarie verjaar, maar is reeds vanaf Vrydag, 26 Januarie, tot in die spreekwoordelike afgrond deur die leerders en personeel bederf. Ek wens julle as ouers/voogde kon die spesiale dag by die skool saam met my beleef. Dit was so kosbaar. Die leerders se opregte omgee en kreatiewe verjaarsdagwense, sal ek verewig koester. Op Saterdag, 27 Januarie, is die tweede Ouer- en kindsportdag vanaf 07:30 by die Conradieveld aangebied. Ek kon ongelukkig eers vanaf 11:00 by die spesiale sportdag aansluit aangesien ek, Marinda en Raché vanaf 08:00 die oggend by die Oude Molen Tegniese Skool departementele opleiding moes ontvang. Dit was wonderlik om te sien dat selfs teen 11:00 die oggend, hoeveel ouers/voogde saam met hul kinders nog steeds aktief aan die sportdag deelgeneem het. Alhoewel dit sommer lekker warm was, het ons ouers/voogde en leerders met hope entoesiasme deelgeneem. Die opgewondenheid en gees was aansteeklik en almal het hul gate uit geniet. Dit is die ideale geleentheid vir leerders, ouers en personeel om sommer lekker gees te vang en die jaar op ‘n hoogtepunt af te skop. Groot dankie aan die...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor