Die tennisseisoen het op ‘n hoë noot afgeskop toe ons eerstespan aan ‘n dubbelstoernooi te Laerskool Kenridge deelgeneem het. Vier skole het aan hierdie toernooi deelgeneem; Laerskole Kenridge, Jan van Riebeeck, Hermanus en Worcester. Die spelers het puik gevaar. Adriaan Wessels en Rafa Lamprecht het 2de plek behaal in die seuns dubbels A-groep en Stella Zulch en Ané Swanepoel het 2de plek behaal in die dogters dubbels B-groep. Laerskool Jan van Riebeeck het ‘n 3de plek behaal. Baie geluk, Jannies!