Die graad ses en sewe netbalmeisies het 26 tot 28 Januarie ‘n netbalkliniek bygewoon. Dit is deur die ervare netbalafrigter, tannie Patrys, aangebied. Dit was verskriklik lekker en ons sal dit nooit vergeet nie. Ons het baie spanwerkoefeninge gedoen – nie net op die baan nie, maar ook in die swembad.

Ons is baie dankbaar dat ons hierdie netbalkliniek kon bywoon. Baie dankie aan al die onderwysers wat dit moontlik gemaak het. ‘n Spesiale woord van dank aan tannie Patrys wat ver gereis het. Sy het vir ons baie geleer en ons gaan definitief alles wat ons geleer het goed kan toepas in die komende netbalseisoen.

– Geskryf deur Karu Rademeyer, gr. 7S