Drie Jannies, Karu Rademeyer, Abi Fourie en Jacob Venter, is onlangs ingesluit in die splinternuwe Kaapstad Opera-kinderkoor.

Dié groep het die groot voorreg gehad om saam met die professionele Kaapstad Opera-geselskap in die pragtige Maynardville-buitelugteater in hul vertoning, ‘Puccini in the Park’, op te tree. Hulle is ook deel van die operaproduksie, ‘Suor Angelica / Gianni Schicchi’, wat volgende week by die Kunstekaap Teater te sien is.

Ons wil ook vir Karu gelukwens met haar verkiesing as een van die vier lede van die nuwe ‘Children’s Board of Directors’ vir Kaapstad Opera.