Jannies opgeneem in WP-netbalspanne
Baie geluk aan die volgende spelers wat opgeneem is in die verskillende WP-netbalspanne. o.11 Lizzy Snyders (Dolphins) o.13 Solange Stevens (Dolphins) Ghia Pereira (Dove) Hierdie dogters neem 15-18 Julie aan die Interdistrik toernooi te Bredasdorp deel. Ons is ongelooflik...
Geagte Ouers / Voogde – 29 Mei 2026
Die afgelope naweek het ons Dapper Stappers aan die Geelbek-oorslaapstaproete te Langebaan vanaf Saterdag, 23 Mei, tot Sondag, 24 Mei, deelgeneem. ‘n Groep van 60 ouers en kinders het saam met juff. Anika, Anthea, mnre. Keenen en Dian die pragtige staproete aangepak en hope pret in die buitelug geniet. Baie dankie aan juf. Anika en mnr. Keenen vir al die puik reëlings. Indien jy die buiteluggeleentheid gemis het, moet asseblief nie die volgende staproete wat vanaf 09 tot 11 Oktober te Greyton gaan plaasvind, misloop nie. Die kwartaal 2-eksamen vir die graad 7’s het dan ook vandag met die skryf van Skeppende Kunste en Lewensoriëntering afgeskop, terwyl die graad 4 – 6-leerders volgende week op Woensdag, 03 Junie, begin. Ons hou styf duimvas vir ons leerders dat dit met hulle goed sal gaan, asook dat daar rustigheid in die huishoudings sal heers, aangesien die eksamenstresvlakke by leerders ook dikwels na die gesinne deurfilter. Vandag en môre tree die volgende leerders vir hul sangoptredes by die Eisteddfod op en ons hou vir die volgende leerders styf duimvas dat dit met hulle baie goed sal gaan: • Antjie Samuel • Coreen Scholtz • Pieter Rademeyer • Alida Loubser Ons jaarlikse en baie gewilde o.10 - o.13 B-D-netbaltoernooi het ongelukkig vanjaar uitgereën. Ek weet die spelers was baie teleurgesteld, maar ongelukkig kon ons nie teen Moeder Natuur baklei nie. Weens ons skool, asook ander skole se besige buitemuurse programme, kon ons dit ongelukkig ook nie uitstel nie. Die wintersportprogram (oefeninge) vir kwartaal 2 het ook vir graad 4 – 7-leerders op Donderdag, 28 Mei, geëindig met die eksamen wat op hande is....
Robotikadag: 28 Mei 2026
Ons is opgewonde om aan te kondig dat Laerskool Jan van Riebeeck op 28 Mei 2026 ons eerste JvR Robotikadag gaan aanbied. Die dag bestaan uit: 'n robotika kompetisie, spanuitdagings en beoordeling wat in die skoolsaal plaasvind asook koderingsaktiwiteite en praktiese STEM-aktiwiteite vir leerders tydens klastyd. Die robotika-kompetisie sal slegs vir ons Intersenfase leerders (Graad 4–7) aangebied word. Hierdie dag bied aan ons leerders die geleentheid om die vaardighede wat hulle gedurende robotika- en koderingsklasse ontwikkel het, in ’n prettige en opwindende omgewing toe te pas en te vier. Robotika help leerders om belangrike vaardighede soos: probleemoplossing, kreatiewe denke, spanwerk, logiese redenasie en effektiewe kommunikasie vaardighede te ontwikkel - vaardighede wat noodsaaklik is vir die toekoms. Ouers is ook welkom om die robotika-kompetisie wat gedurende die dag in die saal plaasvind, te kom ondersteun. Loer gerus na die sessie-indelings om te sien of jou kind deelneem en wanneer jy kan kom kyk. Ons sien uit om ons leerders se kreatiwiteit, innovasie en harde werk saam met julle te vier! [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2026/05/JvR-Robotika-Spanlede-Sessies-1.pdf" title="JvR Robotika Spanlede & Sessies...
MUSIEKKONSERTE: 18 en 19 Junie
Dit is weer daardie tyd van die kwartaal om musiekkonsert te hou! Ons nooi almal uit om die konsert by te woon en die musiekleerders te ondersteun. Dit beloof om pragtige konserte te wees met optredes deur ons kore, houtblaasensemble, strykensemble, kleiner ensembles, en individuele items. Jou kind se musiekonderwyser sal jou in kennis stel indien jou kind gekies is om by een van hierdie konserte op te tree. Donderdag, 18 Junie: Graad 4-7’s Die konsert op Donderdag, 18 Junie, is vir ons Intersenfase musiekleerders. Die volgende ensembles neem deel: * Senior Koor * Houtblaasensemble * Strykensemble * Ander kleiner ensembles Tyd: 18h00 - 19h00 Plek: LS JvR Skoolsaal Drag: Formele Skooldrag Vrydag, 19 Junie: Graad 1-3’s Die konsert op Vrydag, 19 Junie, is vir ons Grondslagfase musiekleerders. Ons junior koor en gekose musiekleerders tree op. Tyd: 08h15 - 09h00 Plek: LS JvR Skoolsaal Drag: Formele Skooldrag Hou die relevante WA-groepe dop vir meer inligting, of kontak gerus vir juf Rolene indien daar enige vrae...
Koffie-en-Beskuit Konsert: Dinsdag, 26 Mei
Ons volgende oggendkonsert vind Dinsdagoggend, 26 Mei, in die NASORG plaas. Die volgende leerders tree op: Maja le Roux - Klavier Hugo van den Heever - Klavier Emma Kuys - Klavier Matthias Ackerman - Klavier Jamie Jordaan - Klarinet Pieter Derksen - Tjello Emma Venter - Tjello Joe Barnard - Klavier Henry Jordaan - Tjello Jacques du Toit - Klavier Anna-Sophia Leach - Viool Anya Greeff - Klavier Daar word ook kunswerke van hierdie leerders in die Nasorg uitgestal, waarna julle gerus voor óf na die konsert kan kyk. Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge: * Deelnemende leerders meld stiptelik om 07h45 in die Nasorg met hul instrument aan. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem. * Elke deelnemende leerder bring een of twee maatjies saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister - bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom - die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie. Tyd: 08h00 - 08h30 Plek: Nasorg...
Aiyana Presteer in Akrobatiese Dans
Ons deel met trots dat Aiyana Alfredo (Gr. 7M) haar WP-kleure in Akrobatiese Danssport verwerf het. Sy het vanaf Vrydag, 8 Mei, tot Sondag, 10 Mei, aan die Akrobatiese Solo-danssport Assosiasie se WP-proewe deelgeneem, waar sy ’n eerste plek in haar afdeling, “Vlak 6 o.13”, behaal het. Aiyana het hiermee ook vir WP-kleure gekwalifiseer en is genooi om aan die Nasionale Kampioenskappe deel te neem, wat einde Junie in Gauteng plaasvind. Baie geluk, Aiyana – ons is ongelooflik trots op jou...
Rugbyuitslae: 16 Mei 2026
Hier volg die week se rugbyuitslae:
Hokkie-uitslae: 14 – 15 Mei 2026
Hier volg die week se hokkie-uitslae:
Skaakuitslae: 15 Mei 2026
Hier volg die week se skaakuitslae:
Landloopuitslae: 8 – 15 Mei 2026
Hier volg die week se landloopuitslae:
Netbaluitslae: 16 – 20 Mei 2026
Hier volg die week se netbaluitslae:
Geagte Ouers / Voogde – 22 Mei 2026
Vandag kom ons aan die einde van week 7 en dit beteken dat eksamens om die draai is – weereens ’n bewys van hoe vinnig die kwartaal besig is om verby te snel. Die eksamen vir die Gr. 7’s begin reeds volgende week op Vrydag, 29 Mei, en vir die Gr. 4 tot 6-leerders op Woensdag, 04 Junie, sodat ons die eksamen voor die langnaweek vanaf 13–16 Junie kan afhandel, asook om die jaarlikse Suid-Kaapsporttoer tydens die laaste week van die kwartaal te akkommodeer. Die assesserings vir die Gr. 1 tot 3-leerders het reeds die afgelope week op Maandag, 18 Mei, afgeskop en verloop klopdisselboom. Eksamen/assesserings veroorsaak vir die meeste mense ’n hol kol op die maag en verhoog ongelukkig stresvlakke by leerders wat dikwels ook na die res van die gesin oor spoel. Graag versoek ek julle as ouers/voogde om ons te help om angs en spanning tydens die eksamen te bestuur sodat dit nie die oorhand kry nie. Stres voor en tydens ’n eksamen is ’n natuurlike reaksie, maar as dit reg aangewend en bestuur word, kan dit gewoonlik voordelig wees. Dus, met bietjie meer as ’n week voor die eksamen afskop, deel ek graag die volgende wenke om jou kind/ers se eksamenstres, -voorbereiding en moontlik jou eie angstigheid daaroor hok te slaan: • Berei betyds voor. Dit is van kardinale belang dat julle jul kind/ers sal help om vroegtydig ’n studierooster op te stel wat jou kind/ers genoeg tyd sal gee om deeglik voor te berei. Dit moet egter ook tye insluit om te ontspan, te speel en vroeg saans in die bed te spring sodat...
Chrystal en haar span 2026-kampioene vir Synchronized Figure Skating!
Ons is baie opgewonde om te deel dat Chrystal Conradie en haar span, Team Velocity, goud by die Nasionale Kampioenskappe verower het! Hulle is die 2026-kampioene vir Synchronized Figure Skating! Team Velocity gaan later vanjaar in Europa deelneem.
Hokkie-uitslae: 8 Mei 2026
Hier volg die week se hokkie-uitslae:
Rugbyuitslae: 9 Mei 2026
Hier volg die week se rugbyuitslae:
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026