Ons is opgewonde om aan te kondig dat Laerskool Jan van Riebeeck op 28 Mei 2026 ons eerste JvR Robotikadag gaan aanbied.
Die dag bestaan uit: ‘n robotika kompetisie, spanuitdagings en beoordeling wat in die skoolsaal plaasvind asook koderingsaktiwiteite en praktiese STEM-aktiwiteite vir leerders tydens klastyd. 
Die robotika-kompetisie sal slegs vir ons Intersenfase leerders (Graad 4–7) aangebied word.
Hierdie dag bied aan ons leerders die geleentheid om die vaardighede wat hulle gedurende robotika- en koderingsklasse ontwikkel het, in ’n prettige en opwindende omgewing toe te pas en te vier.
Robotika help leerders om belangrike vaardighede soos: probleemoplossing, kreatiewe denke, spanwerk, logiese redenasie en effektiewe  kommunikasie vaardighede te ontwikkel – vaardighede wat noodsaaklik is vir die toekoms.

Ouers is ook welkom om die robotika-kompetisie wat gedurende die dag in die saal plaasvind, te kom ondersteun. Loer gerus na die sessie-indelings om te sien of jou kind deelneem en wanneer jy kan kom kyk.

Ons sien uit  om ons leerders se kreatiwiteit, innovasie en harde werk saam met julle te vier!

JvR Robotika Spanlede & Sessies 1