VAKANSIESORG: VAKANSIE HANDJIES

Dit is vir ons baie lekker om aan te kondig dat me. Felicity Beerwinkel, wat tans by die skool se nasorg werk en reeds sedert 2016 by die vakansiesorg betrokke is, die vakansiesorg van nou af gaan bestuur. Die vakansiesorg was vir die afgelope paar jaar in Loraine van Vuuren se bekwame hande. Die vakansiemaats sal haar baie mis, maar ons weet dat die vakansiesorg, soos voorheen, sommer baie goed bestuur sal word. Datums: Maandag, 29 Junie, tot Maandag, 20 Julie. Tye en koste: Halfdag: 07:30 – 13:00 vir R100; en voldag: 07:30 – 17:00 vir R200. Kos: Maats bring hul eie kos. Daar is wel elke dag bak-en-brou en ’n kreatiewe aktiwiteit. Spanlede: Hierdie bekende gesigte neem net so oor by Loraine van Vuuren. As jy wil inskryf, VOLTOOI HIERDIE VORM en WhatsApp dit teen Vrydag, 19 Junie 2026, terug aan Felicity met die datums wat jou kind/ers vakansiesorg gaan bywoon, na 073 856 6577. [pdf-embedder...

Leerders Programmeer Hul Pad deur Kultuur en Erfenis

Op 28 Mei 2026 het 145 leerders aan 'n opwindende Robotikadag deelgeneem waar hulle die vaardighede wat gedurende kwartaal 1 en 2 aangeleer is, in 'n praktiese en uitdagende omgewing toegepas het. Die dag se uitdaging was gebaseer op die internasionale tema van die World Robot Olympiad (WRO) 2026, naamlik "Robots Meet Culture". Die uitdagingsmat het 'n erfenisgebied uitgebeeld waar robotte verskillende missies moes voltooi om kulturele en historiese elemente te verken en te beskerm. Leerders het in spanne gewerk om hul robotte te programmeer om 'n reeks missies suksesvol uit te voer. Elke missie het 'n spesifieke puntwaarde gehad en spanne is volgens die amptelike WRO-puntestelsel beoordeel. Die span wat die meeste missies suksesvol voltooi het, het die hoogste puntetelling behaal. Hierdie wenners van elke graad sal tydens ons laaste saalbyeenkoms aangekondig word. Die uitdaging het veel meer as net programmering behels. Leerders moes hul wiskundige kennis voortdurend toepas deur afstande te skat, metings te doen en meetkundige beginsels te gebruik om die robot se bewegings akkuraat te beplan. Selfs die kleinste fout in afstand of hoek kon veroorsaak dat 'n missie onsuksesvol was, wat noukeurigheid en kritiese denke vereis het. Een van die mees opwindende aspekte van die dag was die probleemoplossing wat plaasgevind het wanneer robotte nie soos beplan beweeg het nie. Spanne moes saamwerk, hul programme aanpas, oplossings toets en weer probeer totdat die gewenste resultate bereik is. Hierdie proses het deursettingsvermoë, kreatiwiteit en spanwerk bevorder. Die Robotikadag het aan leerders die geleentheid gebied om die vaardighede van die toekoms in 'n praktiese konteks te ontwikkel. Benewens kodering en robotika het hulle ook kommunikasie-, spanwerk-...

Koffie-en-Beskuit Konsert: Donderdag, 11 Junie 2026

Ons volgende oggendkonsert vind Donderdagoggend, 11 Junie, in die GROOT MUSIEKKLAS plaas.    Die volgende leerders tree op:   Floris Muller - Klavier Frannie Samuel - Klavier Sebastian Scott - Klavier Elsie Janse van Rensburg - Klavier Emma Wilke - Viool Joshua du Toit - Kitaar Eduard Hoogendyk - Klavier Cornelia Opperman - Blokfluit Mila Maree - Klavier Cara Scholtz - Klavier Francois Maree - Klavier Pierre du Toit - Klavier Izak Steyn - Klavier Emma Kuys - Klavier Daar word ook kunswerke van hierdie leerders uitgestal, waarna julle gerus voor óf na die konsert kan kyk.   Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:   * Deelnemende leerders meld stiptelik om 07h30 in die groot musiekklas met hul instrument aan. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.  * Elke deelnemende leerder bring een of twee maatjies saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie. * Ouers is welkom om te kom luister - bring gerus koffie saam! * Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom - die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie.   Tyd: 08h00 - 08h30 Plek: Groot...

Beplanning vir die volgende paar weke

Neem asseblief kennis dat die volgende interne program vanaf 8 Junie tydens skooltyd in werking tree. Op dae waar jou gr. 4 - 7-kind aan sport deelneem, mag hy/sy met sportdrag skool toe kom.    Maandag (8 Junie): 07:45 - 10:00 Gr. 4-7 eksamensessie 08:00 - 08:45 Junior Koor oefening in saal  10:00 - 10:20 Pouse 10:30 - 11:45 Sport: Rugby en netbal o.10 - o.13 12:00 - 12:15 Pouse 11:45 - 12:45 Sport: Rugby en netbal o.7 - o.9 12:15 - 13:15 Kultuur: strykensemble oefen 13:00 Skool verdaag GF 13:15 Skool verdaag ISF   Dinsdag (9 Junie): 07:45 - 10:00 Gr. 4-7 eksamensessie  10:00 - 10:20 Pouse 10:30 - 11:45 Sport: Hokkie o.10 - o.13 12:00 - 12:15 Pouse 11:45 - 12:45 Sport: Hokkie o.7 - o.9 12:15 - 13:15 Kultuur: Senior Koor 13:00 Skool verdaag GF 13:15 Skool verdaag ISF   Woensdag (10 en 17 Junie): 10 Junie 07:45 - 10:00 Gr. 4-7 eksamensessie  17 Junie 09:15 - 10:00 Gr. 6 en 7: Hoofleiertoesprake vir hoofseun en -dogter; graad 7's stem direk na hierdie toesprake in hul klasse 10:00 - 10:20 Pouse 10:30 - 11:45 Sport: Netbal en Rugby o.10 - o.13 17 Junie 11:30 - 12:15 Graad 4 - 7: Bekendmaking van hoofseun en -dogter 2026 12:00 - 12:15 Pouse 11:45 - 12:45 Sport: Rugby en netbal o.7 - o.9 12:15 - 13:15 Kultuur: Senior Koor 13:00 Skool verdaag GF 13:15 Skool verdaag ISF   Donderdag (11 en 18 Junie): 11 Junie 07:45 - 10:00 Gr. 4-7 eksamensessie  18 Junie 08:00-10:00 ISF-musiekkonsertoefening 10:00 - 10:20 Pouse 10:30 - 11:45 Sport: Hokkie o.10 - o.13; Landloop; Skaak o.7-o.9  18 Junie...

Geagte Ouers / Voogde – 05 Junie 2026

Tyd staan beslis vir niemand stil nie, aangesien ’n Junie-maand skielik sy opwagting gemaak het. Ek deel sommer ook ’n bietjie nuttelose inligting: Junie is na die Romeinse godin van die huwelik en vrugbaarheid, bekend as Juno, vernoem, maar sy is ook bekend as die vrou van Jupiter. Die eerste semester van die jaar staan dus einde se kant toe met die eksamen wat tans aan die gang is en 'n welverdiende wintervakansie wat vir ons voorlê. Sportnaweke vir die Gr. 4 - 7-leerders is nou eers iets van die verlede vir hierdie kwartaal met die sportnaweek wat vanaf 29–30 Mei weg te Laerskool Sunningdale plaasgevind het. Dit was ’n besige sportkwartaal met legio geleenthede vir ons leerders om aan wedstryde en toernooie deel te neem en ons skool te verteenwoordig. Graag wil ek ons ouers en voogde hartlik bedank wat ons leerders by sport- en kulturele geleenthede so getrou ondersteun en saam met ons leerders as ware ambassadeurs van ons trotse skool optree. Ek glo ons almal hou van prestasie en die strewe na uitnemendheid by die skool sodat leerders hul volle potensiaal kan bereik. Die probleem is egter dat ons almal se volle potensiaal anders lyk. As skool wil ons seker maak ons ken ons leerders sodat ons nie ons leerders tot verby hulle potensiaal druk nie. Te veel druk van die skool en veral vanaf ouers sal veroorsaak dat hulle hul liefde vir sport asook hul selfvertroue verloor. Hou gerus wedstryde in die algemeen dop - ouers skreeu luidkeels selfs vanaf o.7-ouderdom op skeidsregters, afrigters en die kinders om ’n doel aan te teken, te duik,...

o.9 Netbaltoernooi te Sun Valley School

Op Vrydag, 22 Mei, het ons, ten spyte van die koue en reënerige weer, die pad na Sun Valley School aangedurf waar ons o.9 netbalmeisies aan ’n opwindende toernooi deelgeneem het. Die meisies het altesaam 10 wedstryde gespeel en ons is ongelooflik trots op elkeen van hulle. Hulle het deurentyd ’n pragtige voorbeeld van positiwiteit, deursettingsvermoë en om met hul hele hart te speel, geopenbaar. Elke speler het haar beste gegee en elke oomblik op én langs die baan ten volle geniet. Julle harde werk, spangees en entoesiasme maak ons baie...

Sophia Liebenberg presteer in netbal

Baie geluk aan Sophia Liebenberg (oud-Jannie) wat opgeneem is in die Oaks o.17-Weskaapnetbalspan. Die nasionale All Ages (AA) vind tydens die Junievakansie in Boksburg plaas. Ons is ongelooflik trots op jou, Sophia.  

Verlore Goedere Belangrike Kennisgewing

Neem asseblief kennis dat elke leerder self verantwoordelik is vir sy/haar persoonlike besittings by die skool. Geen onderwyser of die skool aanvaar verantwoordelikheid vir verlore of vermiste items nie. Alle verlore goedere wat opgetel word, word na die verlore goedere-hoekie geneem waar ouers self daarna kan gaan soek. Ons doen ons bes om hierdie area netjies en georganiseerd te hou, ook ná skoolure. Ons vra daarom dat ouers en leerders asseblief alles weer netjies terugpak indien daar na items gesoek is. Neem ook kennis dat geen leerder of ouer ander leerders se besittings mag neem indien hul eie items nie gevind word nie. Respekteer asseblief ander se eiendom te alle tye. Dankie vir jul samewerking en...

Belangrike Datums

julie 2026

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

29jul(jul 29)00:0028(jul 28)23:59Gr.1 & 2 - Interne Robotika Kompetisie

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor