Ons volgende oggendkonsert vind Donderdagoggend, 11 Junie, in die GROOT MUSIEKKLAS plaas.Die volgende leerders tree op:Floris Muller – KlavierFrannie Samuel – KlavierSebastian Scott – KlavierElsie Janse van Rensburg – KlavierEmma Wilke – VioolJoshua du Toit – KitaarEduard Hoogendyk – KlavierCornelia Opperman – BlokfluitMila Maree – KlavierCara Scholtz – KlavierFrancois Maree – KlavierPierre du Toit – KlavierIzak Steyn – Klavier
Emma Kuys – Klavier
Daar word ook kunswerke van hierdie leerders uitgestal, waarna julle gerus voor óf na die konsert kan kyk.
Hier is enkele algemene reëlings rondom die verrigtinge:
* Deelnemende leerders meld stiptelik om 07h30 in die groot musiekklas met hul instrument aan. Juf Bea en/of mnr Ben sal daar wees om hulle te ontvang en te help om instrumente te stem.
* Elke deelnemende leerder bring een of twee maatjies saam om die konsert by die woon. Ons het ongelukkig nie spasie om meer leerders te akkommodeer nie.
* Ouers is welkom om te kom luister – bring gerus koffie saam!
* Gebruik asb die deur by die Nasorg om in te kom – die senior koor oefen in die saal, en ons wil hulle nie steur nie.
Tyd: 08h00 – 08h30
Plek: Groot Musiekklas