Op Vrydag, 22 Mei, het ons, ten spyte van die koue en reënerige weer, die pad na Sun Valley School aangedurf waar ons o.9 netbalmeisies aan ’n opwindende toernooi deelgeneem het. Die meisies het altesaam 10 wedstryde gespeel en ons is ongelooflik trots op elkeen van hulle. Hulle het deurentyd ’n pragtige voorbeeld van positiwiteit, deursettingsvermoë en om met hul hele hart te speel, geopenbaar. Elke speler het haar beste gegee en elke oomblik op én langs die baan ten volle geniet. Julle harde werk, spangees en entoesiasme maak ons baie trots!