Musiek: Unisa uitslae

Baie geluk aan die volgende leerders wat uitstekend presteer het in die Unisa klaviereksamens: Linden Murray: Klavier Graad 1 - 87% Jan Murray: Klavier Graad 2 - 84% Nicholas de Jong: Klavier Graad 2 - 90% Gabriel Smuts: Klavier Graad 2 - 91% Ons is baie trots op...

Nuusbrief van 20 Julie 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Sondag, 22 Julie 2018 Ischke Felix (Juffrou) verjaar Maandag, 23 Julie 2018 Akademiesekomitee vergadering Woensdag, 25 Julie 2018 Liewe Aarde sivvies Woensdag, 25 Julie 2018 Rugby 0/8 - O/13: Vriendskaplike wedstryd@Oarklands, WEG Woensdag, 25 Julie 2018 Netballiga@MonteVista WEG Vrydag, 27 Julie 2018 Landloop: Sun Valley(circuit champs) Vrydag, 27 Julie 2018 Sivvies Vrydag, 27 Julie 2018 Skaak@Reddam ASB Saterdag, 28 Julie 2018 0/7-0/9 Rugby/Netbaltoernooi:Table View WEG Maandag, 30 Julie 2018 Hannes Muller (Terrein) verjaar Maandag, 30 Julie 2018 BR Vergadering Woensdag, 1 Augustus 2018 Netballiga@Edgemead WEG Woensdag, 1 Augustus 2018 Amesa kompetisie Donderdag, 2 Augustus 2018 WKOD Wiskunde kompetisie Vrydag, 3 Augustus 2018 OOV-Funksie (Quiz-aand) Saterdag, 4 Augustus 2018 Netbal/rugby Sporttoernooi@Curro Hermanus WEG (net 0/13A-spanne en 1 skaakspan) Saterdag, 4 Augustus 2018 0/10&0/11 Netbal Ontwikkelingstoernooi: Kenridge WEG Saterdag, 4 Augustus 2018 Spelling Bee Maandag, 6 Augustus 2018 Wiskunde-in-aksiekompetisie Maandag, 6 Augustus 2018 Rugby@Sunningdale TUIS Dinsdag, 7 Augustus 2018 Wetenskap-in-aksiekompetisie Dinsdag, 7 Augustus 2018 Netbal@Curro Durbanville, TUIS >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons hoop almal het 'n lekker vakansie gehad en dat almal vol energie is vir 'n bedrywige kwartaal. Leerders wie se rapport nie te goed lyk nie, het gelukkig tyd om dit reg te stel voor die einde van die jaar! Aanbod van die Kloof Street Convenience Centre (Quick Shop oorkant die straat by die Engen Garage): Die bestuurder van bogenoemde winkeltjie is bereid om aan die einde van elke maand 'n 5% kontant terugbetaling aan ons skool te doen vir alle aankope by hulle deur ons leerders, personeel en ouers (lugtyd uitgesluit). Hulle...

Trotse Jannie

Naam en van: Edward Bock Graad: 6L Waar bly jy?: Parklands Gunsteling vak: Geskiedenis Ek is ‘n trotse Jannie, want ek speel sokker en ek swem. Ek is ook gaaf en dis lekker as ek iets vir ander mense kan doen.

Nuwe netbal- en tenniswedstrydklere

Nadat ons vir amper 3 jaar lank die regte verskaffer gesoek het, het ons uiteindelik iemand gekry wat aan ons standaarde voldoen. Hierdie wedstryd hempie word slegs vir tennis- en netbalwedstryde gedra. Die wit LO-hemp word dan vir oefeninge gebruik. Dit verseker dat ons spelers netjies lyk en verleng die gebruik van die wit LO-hemp. Ons weet dat dit 'n tydjie gaan neem vir almal om hierdie hempie aan te skaf en vir die eerste rukkie gaan ons dit net dra as die hele span die hempie het, ons wil darem ook nie by wedstryde te bont lyk nie. Om ouers te help het ons reeds al die netbalspelers (O/7 - O/11) die hempies laat aanpas. Eda van die klerebank het elke speler se grootte. Dit beteken ouers hoef nie in 'n lang ry te staan of hul kind uit die klas te gaan haal nie. Ons vra dat alle netbalspelers (O/7 - O/11) hierdie hempie so spoedig moontlik aanskaf. Dis amper die einde van die seisoen vir die O/12's en hulle kry in hul O/13 jaar rokkies by die skool. Daarom hoef hulle dit nie nou aan te skaf nie. Die nuwe netbal- en tenniswedstrydhempies is NOU by die klerebank beskikbaar teen...

Oupa-en Oumadag

Op die oggend van 7 September is dit ons Oupa en Oumadag hier by die skool. Die kaartjies sal reeds in Augustus beskikbaar wees. Ons vra dat die datum asb. in julle dagboeke aangeteken moet word.  

Libertaskoor tree op

Kaartjies vir die unieke geleentheid kan aanlyn by dié skakel gekoop word: https://www.quicket.co.za/events/51327-libertaskoor-in-kloofstraat/#/ Navrae kan gerig word aan me Louwina de Villiers by info@libertas.co.za. Vir meer inligting asook videogrepe van die Libertaskoor, besoek gerus hulle webwerf (http://libertas.co.za/) of Facebook-bladsy...

Akademiese Spele: 17 – 21 September 2018

Die Akademiese Spele beloof om hierdie jaar groot pret te verseker aangesien ons gedurende die week (17 - 21 September 2018) - oor alle grade (gr. 1 - 7) en so ver moontlik alle vakke - akademie en sport gaan integreer. Vandaar die tema: Sportwetenskappe. Ons beoog om verskillende aspekte van sport in die klaskamer te bespreek om leer op 'n lekker en interessante manier aan te bied. Algemene skoolaktiwiteite waarby die hele skool betrokke sal wees - om solank na uit te sien: Elke klas sal 'n skaakles ontvang; Sports Hub kom bied ander sportsoorte aan gedurende LO-periodes sowel as sporttoernooie smiddae na skool; Op Vrydag, 21 September, sal die onderskeie klasse in graadverband meeding in 'n kaskarresies en daar sal verskeie motiveringsprekers optree. Indien u graag betrokke wil raak ,bv. om met 'n sekere graad of selfs 'n sekere klas te gesels oor 'n spesifieke onderwerp, bv. gesonde eetgewoontes, 'n gesonde liggaam/postuur, ens. wat by sport/akademie aansluit, moet u asseblief vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak. Enige ander betrokkenheid sal waardeer word. 'n Finale program sal nader aan die tyd bekendgemaak...

Nuusbrief van 22 Junie 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 22 Junie 2018 Skole sluit om 10:30 Sondag, 24 Junie 2018 Salomé (IT) verjaar Sondag, 8 Julie 2018 Leon Hanekom (onderwyser) verjaar Sondag, 8 Julie 2018 Claudia Josephus (Assistent) verjaar Woensdag, 11 Julie 2018 Shannon Smuts (Snoepie) verjaar Dinsdag, 17 Julie 2018 Skole heropen Donderdag,19 Julie Ouerafsprake, Portefeuljedag Donderdag, 19-21 Julie Oogtoetse Vrydag, 20 Julie Gr.5: Lead4Life Vrydag, 20 Julie Netbalkliniek:0/12 en 0/13 Vrydag, 20 Julie WOW-Speltoets Sondag 22 Julie Ischke Felix (juffrou) verjaar >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Leerders, ouers en personeel verdien almal die ruskansie. Geniet die Wintervakansie en kom veilig terug vir die derde kwartaal van 2018. ALGEMEEN Strategiese vraelys Daar is 'n vraelys aan ouers per e-pos uitgestuur. Vul asb. die Google Form voor of op 27 Julie 2018 in. Indien jy nie die e-pos ontvang het nie, kliek hier of stuur 'n e-pos aan strategies@jvrprim.co.za. Liewe Aarde Nuus van 21 Junie Omdat daar nie saal was tydens die eksamen nie, het ons sommer 3 Jannies die week. Hulle is Frank van der Walt in Gr 1, Lara Basson in Gr 3 en Adriaan Wessels in Gr 1. Baie geluk julle – dankie dat julle so gereeld herwin – hou asb aan! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Onthou dat die depot Vrydag saam met die skool sluit. Maak gebruik van Recycle 1st se dienste tydens die vakansie of stapel op totdat die skole weer heropen. Plastiek wat slegs een maal gebruik word, is in die kollig. Hierdie items beland dikwels in die natuur, veral in die oseane. Dit word...

Mandela-dag

Mandela-dag is om die draai en hierdie jaar wil ons Jannies sommer groot gaan! Op 18 Julie, 2018, die tweede dag van kwartaal 3, gaan ons 'n massa-insameling in die skool se vierkant hou. Elke leerder moet hierdie vakansie probeer om net 1 of 2 items te versamel, wat aan die graad toegeken is. Hierdie items gaan ons aan die einde van die jaar, vir ons Santa-Shoebox projek, gebruik. Kom ons vat hande en maak 'n verskil. Sien die lys van items per graad aangeheg. [pdf-embedder...

Mathlete van die week

Die top 3 presteerders van verlede week is: 3. Robert Kotzee 1 630 punte 2. Milan Eygenberger 2 512 punte 1. Albert Griesel 2 810 punte Baie geluk Albert!!

Libertaskoor – Slegs een aand in Kloofstraat

Die befaamde Libertaskoor, wat in 1989 in Stellenbosch gestig is, se missie is nog altyd om koormusiek onder die onderskeie kulturele gemeenskappe in ons land te bevorder. Bykans 30 jaar later word hierdie missie steeds in die koor se lidmaatskap weerspieël en bestaan hulle repertoire, onder andere, uit tradisionele en kontemporêre Suid-Afrikaanse liedjies. Die lede van die Libertaskoor is almal Wes-Kapenaars, en met verteenwoordiging uit elke kultuurgroep is hulle aanslag jeens etniese koormusiek uniek en oorspronklik. Samewerking met professionele simfonie-orkeste en soliste het ook al gelei tot optredes van oratoria soos Handel se Messias, Bach se Mis in B Mineur en Mozart se Requiem. Onder leiding van die bekende dirigent, professor Johan de Villiers en sy vrou en koorbestuurder, Louwina, het hierdie koor deur die jare uitgebreide konserttoere na Duitsland, Holland, België en die VSA, onderneem en ook konserte in Frankryk, Switserland en Engeland gegee. Die Libertaskoor is ‘n gereelde deelnemer by kunstefeeste regoor die land en sing op uitnodiging by hoëprofielfunksies en internasionale konferensies met uitgelese gaste wat presidente Mandela, Mbeki, Sarkozy, George W. Bush, sowel as Prins Philip, die Hertog van Edinburgh, insluit. Op 31 Julie 2018 gaan dié internasionaal gerekende koor ‘n ekslusiewe vertoning by Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad aanbied. Al die geld wat tydens die vertoning ingesamel word, sal aangewend word vir musiekbevordering in die skool. Kaartjies vir die unieke geleentheid kan aanlyn by dié skakel gekoop word: https://www.quicket.co.za/events/51327-libertaskoor-in-kloofstraat/#/ Navrae kan gerig word aan me Louwina de Villiers by info@libertas.co.za. Vir meer inligting asook videogrepe van die Libertaskoor, besoek gerus hulle webwerf http://libertas.co.za/) of Facebook-bladsy (https://www.facebook.com/LibertasChoir/)...

Jannies Talent wenners

Baie geluk aan almal wat deelgeneem het aan die wonderlike talentaand.Al die deelnemers ontvang more 'n mooi sertifikaat. Daar was ook medaljes en trofeë en die 5 bestes is as volg deur die drie beoordelaars aangewys : Sebastian Boshoff - Sang Arwen Weich - Dans Isabella Pretorius - Suzelle DIY Stella Boje - Sang Henri Malan - Kitaar en sang Ons is trots op al die Jannies se...

Belangrike Datums

augustus 2026

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde Gr.4 ,6 & 7

07aug00:0023:59World Robot Olympiad Kompetisie (Kodering en Robotika)

07aug08:0008:30TOETS: NWT Gr.5

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

11aug08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Hokkie: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

14aug00:0023:59TOETS: Wiskunde Gr.5

14aug08:0008:30TOETS: NWT Gr.4, 6 & 7

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

16aug15:0015:00Senior Kooroptrede: Tygerberg Children's Choir: In Harmony

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug00:0023:59Netbal: Van Riebeeckstrand (TUIS) - Almal

19aug(aug 19)00:0020(aug 20)23:59Boekverkope: Exclusive Books

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

25aug08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

27aug00:0023:59Trinity Musiekeksamens by Beau Soleil Musieksenstrum (Kenilworth)

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor