Die Akademiese Spele beloof om hierdie jaar groot pret te verseker aangesien ons gedurende die week (17 – 21 September 2018) – oor alle grade (gr. 1 – 7) en so ver moontlik alle vakke – akademie en sport gaan integreer. Vandaar die tema: Sportwetenskappe. Ons beoog om verskillende aspekte van sport in die klaskamer te bespreek om leer op ‘n lekker en interessante manier aan te bied.

Algemene skoolaktiwiteite waarby die hele skool betrokke sal wees – om solank na uit te sien: Elke klas sal ‘n skaakles ontvang; Sports Hub kom bied ander sportsoorte aan gedurende LO-periodes sowel as sporttoernooie smiddae na skool; Op Vrydag, 21 September, sal die onderskeie klasse in graadverband meeding in ‘n kaskarresies en daar sal verskeie motiveringsprekers optree.

Indien u graag betrokke wil raak ,bv. om met ‘n sekere graad of selfs ‘n sekere klas te gesels oor ‘n spesifieke onderwerp, bv. gesonde eetgewoontes, ‘n gesonde liggaam/postuur, ens. wat by sport/akademie aansluit, moet u asseblief vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak. Enige ander betrokkenheid sal waardeer word.
‘n Finale program sal nader aan die tyd bekendgemaak word.