Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 22 Junie 2018 Skole sluit om 10:30

Sondag, 24 Junie 2018 Salomé (IT) verjaar

Sondag, 8 Julie 2018 Leon Hanekom (onderwyser) verjaar

Sondag, 8 Julie 2018 Claudia Josephus (Assistent) verjaar

Woensdag, 11 Julie 2018 Shannon Smuts (Snoepie) verjaar

Dinsdag, 17 Julie 2018 Skole heropen

Donderdag,19 Julie Ouerafsprake, Portefeuljedag

Donderdag, 19-21 Julie Oogtoetse

Vrydag, 20 Julie Gr.5: Lead4Life

Vrydag, 20 Julie Netbalkliniek:0/12 en 0/13

Vrydag, 20 Julie WOW-Speltoets

Sondag 22 Julie Ischke Felix (juffrou) verjaar

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Leerders, ouers en personeel verdien almal die ruskansie. Geniet die Wintervakansie en kom veilig terug vir die derde kwartaal van 2018.

ALGEMEEN

Daar is ‘n vraelys aan ouers per e-pos uitgestuur. Vul asb. die Google Form voor of op 27 Julie 2018 in.

Indien jy nie die e-pos ontvang het nie, kliek hier of stuur ‘n e-pos aan strategies@jvrprim.co.za.

Omdat daar nie saal was tydens die eksamen nie, het ons sommer 3 Jannies die week. Hulle is Frank van der Walt in Gr 1, Lara Basson in Gr 3 en Adriaan Wessels in Gr 1. Baie geluk julle – dankie dat julle so gereeld herwin – hou asb aan! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.

Onthou dat die depot Vrydag saam met die skool sluit. Maak gebruik van Recycle 1st se dienste tydens die vakansie of stapel op totdat die skole weer heropen.

Plastiek wat slegs een maal gebruik word, is in die kollig. Hierdie items beland dikwels in die natuur, veral in die oseane. Dit word deur visse geëet en eindig op in ons borde! Kom ons onderneem om altyd ‘n lap inkopiesak byderhand te hê en nooit plastieksakkies by die supermark te koop nie. Kom ons probeer ook om ‘nee’ te sê vir strooitjies. Kyk mooi na ons Liewe Aarde waar julle ook al met vakansie gaan.

‘n Groot dankie aan Die Mullers oogkundiges-span onderleiding van Yolandé Scott, wat Maandag en Dinsdag die hele dag spandeer het om leerders in graad 1, 3 en 6 se oë te toets. Indien die oogkundiges agtergekom het dat dit nodig is vir ‘n meer volledige oogtoets, sal daar ‘n briefie saam met u kind se vorderingsverslag (rapport) huis toe gestuur word.

Mandela-dag is om die draai en hierdie jaar wil ons Jannies sommer groot gaan! Op 18 Julie, 2018, die tweede dag van kwartaal 3, gaan ons ‘n massa-insameling in die skool se vierkant hou. Elke leerder moet hierdie vakansie probeer om net 1 of 2 items te versamel, wat aan die graad toegeken is. Hierdie items gaan ons aan die einde van die jaar, vir ons Santa-Shoebox projek, gebruik. Kom ons vat hande en maak ‘n verskil.

Volg die skakel om die lys van items per graad te sien.

AKADEMIE

Saterdag, 9 Junie, is agt van ons leerders genooi na die Horizon Math Competition se prysuitdeling. Dit was die eerste keer dat ons leerders deelgeneem het aan die kompetisie en hulle het uitstekend gevaar. Hulle het ook gewys dat Engels hulle nie belemmer om te presteer nie.

Daar is altesaam 6954 leerders wat aan die kompetisie deelgeneem het. Daar het 758 leerders gekwalifiseer vir die tweede rondte. Na die rondte was die top 200 leerders genooi om die prysuitdeling by te woon. Die prysuitdeling was gehou in die Baxter. Dit was ‘n goed georganiseerde prysuitdeling.

Die name van al die wenners is vanaf 200 – 1 gelees en die spanning het hoog geloop aangesien niemand geweet het waar hulle geeïndig het nie. Die finale uitslae was:

109de Peet Karsten

104de Chris Scott

86ste Christiaan Stimie

79ste Henri Malan

43ste Dawid Adler

33ste Gerard Snijders

31ste Stef Mostert

11de Benjamin Pienaar



Ons leerders het weereens gewys ons kan teen enige skool kompeteer en ons staan vir niemand terug nie. Baie dankie aan mnr. Hanekom en elke ouer wat die leerders vergesel het.

opstopper

Wenner 1: Kayla van Heerden (Gr.4vdV)

Definisie 1: ‘n hou met die vuis

Sin: Die seun se wang is blou nadat ‘n boelie hom pouse ‘n opstopper gegee het.

Wenner 2: Alexander de Jong (Gr.5S)

Definisie 2: Iemand wat diere opstop, ‘n taksidermis

Sin: Ek het gekyk hoe die opstopper ‘n dier opstop.

Die top 3 presteerders van verlede week is:

3. Robert Kotzee 1 630 punte

2. Milan Eygenberger 2 512 punte

1. Albert Griesel 2 810 punte

Baie geluk Albert!!

---

KULTUUR

Ons dansers het pragtig vertoon en ons baie trots gemaak. Die gradering is soos volg: Pass 50-59% Merit 60-69% Honours 70-84% Diploma 85-100%

Baie geluk aan die volgende Solo Kandidate van Laerskool Jan van Riebeeck

Welgedaan ons Solo Finaliste!

Lara Basson

Amelie Visser

Jana Brink

Arwen Weich

Die befaamde Libertaskoor, wat in 1989 in Stellenbosch gestig is, se missie is nog altyd om koormusiek onder die onderskeie kulturele gemeenskappe in ons land te bevorder. Bykans 30 jaar later word hierdie missie steeds in die koor se lidmaatskap weerspieël en bestaan hulle repertoire, onder andere, uit tradisionele en kontemporêre Suid-Afrikaanse liedjies. Die lede van die Libertaskoor is almal Wes-Kapenaars, en met verteenwoordiging uit elke kultuurgroep is hulle aanslag jeens etniese koormusiek uniek en oorspronklik. Samewerking met professionele simfonie-orkeste en soliste het ook al gelei tot optredes van oratoria soos Handel se Messias, Bach se Mis in B Mineur en Mozart se Requiem.

Onder leiding van die bekende dirigent, professor Johan de Villiers en sy vrou en koorbestuurder, Louwina, het hierdie koor deur die jare uitgebreide konserttoere na Duitsland, Holland, België en die VSA, onderneem en ook konserte in Frankryk, Switserland en Engeland gegee.

Die Libertaskoor is ‘n gereelde deelnemer by kunstefeeste regoor die land en sing op uitnodiging by hoëprofielfunksies en internasionale konferensies met uitgelese gaste wat presidente Mandela, Mbeki, Sarkozy, George W. Bush, sowel as Prins Philip, die Hertog van Edinburgh, insluit.

Op 31 Julie 2018 gaan dié internasionaal gerekende koor ‘n ekslusiewe vertoning by Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad aanbied. Al die geld wat tydens die vertoning ingesamel word, sal aangewend word vir musiekbevordering in die skool.

Kaartjies vir die unieke geleentheid kan aanlyn by dié skakel gekoop word: https://www.quicket.co.za/events/51327-libertaskoor-in-kloofstraat/#/

Navrae kan gerig word aan me Louwina de Villiers by info@libertas.co.za.

Vir meer inligting asook videogrepe van die Libertaskoor, besoek gerus hulle webwerf http://libertas.co.za/) of Facebook-bladsy (https://www.facebook.com/LibertasChoir/)

Baie geluk aan almal wat deelgeneem het aan die wonderlike talentaand.Al die deelnemers ontvang more ‘n mooi sertifikaat. Daar was ook medaljes en trofeë en die 5 bestes is as volg deur die drie beoordelaars aangewys :

Sebastian Boshoff – Sang

Arwen Weich – Dans

Isabella Pretorius – Suzelle DIY

Stella Boje – Sang

Henri Malan – Kitaar en sang

Ons is trots op al die Jannies se talent!!!

SPORT

Die landloop Jannies het weer Vrydag, 15 Junie, aan ‘n landloopwedloop te St. Augustine’s deelgeneem. Die weer het egter nie saamgespeel nie en die leerders moes in die stormreën deelneem. Dit was egter moeilik om die posisies wat elke leerder behaal het te bepaal, maar ons is steeds besonders trots op elkeen wat die stormweer trotseer het. Welgedaan aan die volgende leerders:

Mieke Huysamen, Michel-Georges Delpierre, Lea de Ridder, Markus de Ridder, Scarlett van der Merwe, Eugenie Delpierre, Adrian Huysamen, Enzo Vorster en Nikolaas Bergh.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Never regret a day in your life. Good days give you happiness and bad days give you experience.

– Fearless Soul

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209