
Om ouers te help het ons reeds al die netbalspelers (O/7 – O/11) die hempies laat aanpas. Eda van die klerebank het elke speler se grootte. Dit beteken ouers hoef nie in ‘n lang ry te staan of hul kind uit die klas te gaan haal nie. Ons vra dat alle netbalspelers (O/7 – O/11) hierdie hempie so spoedig moontlik aanskaf. Dis amper die einde van die seisoen vir die O/12’s en hulle kry in hul O/13 jaar rokkies by die skool. Daarom hoef hulle dit nie nou aan te skaf nie. Die nuwe netbal- en tenniswedstrydhempies is NOU by die klerebank beskikbaar teen R175.