Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Sondag, 22 Julie 2018 Ischke Felix (Juffrou) verjaar

Maandag, 23 Julie 2018 Akademiesekomitee vergadering

Woensdag, 25 Julie 2018 Liewe Aarde sivvies

Woensdag, 25 Julie 2018 Rugby 0/8 – O/13: Vriendskaplike wedstryd@Oarklands, WEG

Woensdag, 25 Julie 2018 Netballiga@MonteVista WEG

Vrydag, 27 Julie 2018 Landloop: Sun Valley(circuit champs)

Vrydag, 27 Julie 2018 Sivvies

Vrydag, 27 Julie 2018 Skaak@Reddam ASB

Saterdag, 28 Julie 2018 0/7-0/9 Rugby/Netbaltoernooi:Table View WEG

Maandag, 30 Julie 2018 Hannes Muller (Terrein) verjaar

Maandag, 30 Julie 2018 BR Vergadering

Woensdag, 1 Augustus 2018 Netballiga@Edgemead WEG

Woensdag, 1 Augustus 2018 Amesa kompetisie

Donderdag, 2 Augustus 2018 WKOD Wiskunde kompetisie

Vrydag, 3 Augustus 2018 OOV-Funksie (Quiz-aand)

Saterdag, 4 Augustus 2018 Netbal/rugby Sporttoernooi@Curro Hermanus WEG (net 0/13A-spanne en 1 skaakspan)

Saterdag, 4 Augustus 2018 0/10&0/11 Netbal Ontwikkelingstoernooi: Kenridge WEG

Saterdag, 4 Augustus 2018 Spelling Bee

Maandag, 6 Augustus 2018 Wiskunde-in-aksiekompetisie

Maandag, 6 Augustus 2018 Rugby@Sunningdale TUIS

Dinsdag, 7 Augustus 2018 Wetenskap-in-aksiekompetisie

Dinsdag, 7 Augustus 2018 Netbal@Curro Durbanville, TUIS

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Ons hoop almal het ‘n lekker vakansie gehad en dat almal vol energie is vir ‘n bedrywige kwartaal. Leerders wie se rapport nie te goed lyk nie, het gelukkig tyd om dit reg te stel voor die einde van die jaar!

Aanbod van die Kloof Street Convenience Centre (Quick Shop oorkant die straat by die Engen Garage):

Die bestuurder van bogenoemde winkeltjie is bereid om aan die einde van elke maand ‘n 5% kontant terugbetaling aan ons skool te doen vir alle aankope by hulle deur ons leerders, personeel en ouers (lugtyd uitgesluit).

Hulle sal ‘n houer met die skool se naam daarop, binne die winkel plaas, waarin julle asseblief die betaalstrokies moet gooi. Ons skool kan dus lekker geld maak deur ons almal se aankope (amper soos my school cards… wat ek hoop almal het en gebruik!!… en dit kos niemand iets ekstra nie!).

ALGEMEEN

Op die oggend van 7 September is dit ons Oupa en Oumadag hier by die skool.

Die kaartjies sal reeds in Augustus beskikbaar wees.

Ons vra dat die datum asb. in julle dagboeke aangeteken moet word.

Naam en van: Edward Bock

Graad: 6L

Waar bly jy?: Parklands

Gunsteling vak: Geskiedenis

Ek is ‘n trotse Jannie, want ek speel sokker en ek swem. Ek is ook gaaf en dis lekker as ek iets vir ander mense kan doen.

Daar is einde verlede kwartaal ‘n vraelys aan ouers per e-pos uitgestuur. Vul asb. die Google Form voor of op 27 Julie 2018 in.

Indien jy nie die e-pos ontvang het nie, kliek hier of stuur ‘n e-pos aan strategies@jvrprim.co.za.

AKADEMIE

Die Akademiese Spele beloof om hierdie jaar groot pret te verseker aangesien ons gedurende die week (17 – 21 September 2018) – oor alle grade (gr. 1 – 7) en so ver moontlik alle vakke – akademie en sport gaan integreer. Vandaar die tema: Sportwetenskappe. Ons beoog om verskillende aspekte van sport in die klaskamer te bespreek om leer op ‘n lekker en interessante manier aan te bied.

Algemene skoolaktiwiteite waarby die hele skool betrokke sal wees – om solank na uit te sien: Elke klas sal ‘n skaakles ontvang; Sports Hub kom bied ander sportsoorte aan gedurende LO-periodes sowel as sporttoernooie smiddae na skool; Op Vrydag, 21 September, sal die onderskeie klasse in graadverband meeding in ‘n kaskarresies en daar sal verskeie motiveringsprekers optree.

Indien u graag betrokke wil raak ,bv. om met ‘n sekere graad of selfs ‘n sekere klas te gesels oor ‘n spesifieke onderwerp, bv. gesonde eetgewoontes, ‘n gesonde liggaam/postuur, ens. wat by sport/akademie aansluit, moet u asseblief vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak. Enige ander betrokkenheid sal waardeer word.

‘n Finale program sal nader aan die tyd bekendgemaak word.

---

KULTUUR

Kaartjies vir die unieke geleentheid kan aanlyn by dié skakel gekoop word:

https://www.quicket.co.za/events/51327-libertaskoor-in-kloofstraat/#/

Navrae kan gerig word aan me Louwina de Villiers by info@libertas.co.za.

Vir meer inligting asook videogrepe van die Libertaskoor, besoek gerus hulle webwerf (http://libertas.co.za/) of Facebook-bladsy (https://www.facebook.com/LibertasChoir/)

SPORT

Nadat ons vir amper 3 jaar lank die regte verskaffer gesoek het, het ons uiteindelik iemand gekry wat aan ons standaarde voldoen. Hierdie wedstryd hempie word slegs vir tennis- en netbalwedstryde gedra. Die wit LO-hemp word dan vir oefeninge gebruik. Dit verseker dat ons spelers netjies lyk en verleng die gebruik van die wit LO-hemp. Ons weet dat dit ‘n tydjie gaan neem vir almal om hierdie hempie aan te skaf en vir die eerste rukkie gaan ons dit net dra as die hele span die hempie het, ons wil darem ook nie by wedstryde te bont lyk nie.

Om ouers te help het ons reeds al die netbalspelers (O/7 – O/11) die hempies laat aanpas. Eda van die klerebank het elke speler se grootte. Dit beteken ouers hoef nie in ‘n lang ry te staan of hul kind uit die klas te gaan haal nie. Ons vra dat alle netbalspelers (O/7 – O/11) hierdie hempie so spoedig moontlik aanskaf. Dis amper die einde van die seisoen vir die O/12’s en hulle kry in hul O/13 jaar rokkies by die skool. Daarom hoef hulle dit nie nou aan te skaf nie. Die nuwe netbal- en tenniswedstrydhempies is NOU by die klerebank beskikbaar teen R175.

Kliek HIER vir advertensies van die week

Be present. Be kind. Compliment people. Magnify their strengths, not their weaknesses. This is how to make a difference.

-Marc and Angel Chernoff

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209