Nuusbrief van 3 Augustus 2018
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Maandag, 30 Julie 2018 Hannes Muller (Terrein) verjaar Maandag, 30 Julie 2018 BR Vergadering Woensdag, 1 Augustus 2018 Amesa kompetisie Woensdag, 1 Augustus 2018 Rugbywedstryde: Vriendskaplik @ Reddam H ASB,TUIS Woensdag, 1 Augustus 2018 NETBAL liga: Edgemead TUIS Woensdag, 1 Augustus 2018 Landlloop: Streekbyeenkoms. Geen landloopoefening Donderdag, 2 Augustus 2018 WKOD Wisk kompetisie Vrydag, 3 Augustus 2018 OOV Funksie: Quiz-aand Saterdag, 4 Augustus 2018 Spelling Bee Saterdag, 4 Augustus 2018 NETBAL: Kenridge O/10 & O/11 ontwikkelingstoernooi WEG Saterdag, 4 Augustus 2018 Sporttoernooi@Curro Hermanus,WEG Maandag, 6 Augustus 2018 Wiskunde in aksie Maandag, 6 Augustus 2018 Netballiga: Goodwood Park TUIS Maandag, 6 Augustus 2018 NETBAL:Vriendskaplik, O/12 @ Herzlia TUIS Dinsdag, 7 Augustus 2018 Wetenskap in aksie Dinsdag, 7 Augustus 2018 NETBAL liga: Curro Durbanville TUIS Donderdag, 8-9 Augustus 2018 Wiskundekamp Donderdag, 9 Augustus 2018 Vrouedag (Publieke vakansiedag) Vrydag, 10 Augustus 2018 Skoolvakansiedag Woensdag, 15 Augustus 2018 NETBAL vriendskaplik: Parklands WEG Woensdag, 15 Augustus 2018 Rugby @ Curro Century City WEG Vrydag, 17 Augustus 2018 Skaak @ Highlands WEG Vrydag, 17 Augustus 2018 Bokkie Assembly Saterdag, 18 Augustus 2018 SPORTDAG: Dirkie Uys TUIS Woensdag, 22 Augustus 2018 Rugby @ Table View WEG Vrydag, 23-26 Augustus 2018 Blanco Sportnaweek Vrydag, 24 Augustus 2018 Ben Reynecke (musiek) verjaar Vrydag, 24 Augustus 2018 WOW Spelkompetisie Vrydag, 24 Augustus 2018 Skaak @ Phyllis Jowell TUIS Saterdag, 25 Augustus 2018 Dapperstappers Maandag, 27 Augustus 2018 Junior/Seniorkore: Sing by Artscape Teater Maandag, 27 Augustus 2018 GEEN buitemuurse aktiwiteite nie Woensdag, 29 Augustus 2018 Rugby@Edgemead WEG >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons herinner almal...
Graad 1-3 Assesseringsweek 3 Sept tot 7 Sept 2018
Die Graad 1-3 leerders skryf hul Formele Assesseringstake gedurende week 8 van die derde kwartaal. Geen boeke word huis toe gestuur vir leerders om vooraf te leer nie, want die Grondslagfase se metode van assessering verskil van die Intersenfase.
WOW Spelkompetisie
Baie geluk aan die volgende leerders wat tydens ons interne spelkompetisie die Top 6 in hul graad gehaal het. Hulle sal Vrydag, 24 Augustus ons skool verteenwoordig by die eerste ronde van die Wow Spelkompetisie. Die volledige lys woorde moet geleer word vir hierdie ronde. Die leerders het reeds briewe ontvang. Die volgende twee datums, indien hulle sou deurdring, is 8 September en 20 Oktober. (Geluk ook aan Isabelle, Annabel, Lili en Bernard wat gekwalifiseer het, maar ongelukkig nie kan deelneem nie a.g.v. die George-toer)...
Liewe Aarde Nuus van 3 Augustus
Baie geluk aan Lea en Markus de Ridder. Hulle is ons Jannies van die week – dankie dat julle so gereeld herwin. Geniet die Col’Cacchios geskenkbewys. Onthou asb om julle leë 2L melkbottels by Matthews in te gee vir die volgende paar weke. Ons probeer om 2000 bymekaar te maak! Miskien het julle al van ‘plogging’ gehoor? Dit beteken ‘picking up trash while jogging’. Die nuwe gier kom van Swede en het blykbaar soos ‘n veldbrand versprei. Ons dink dit is baie oulik en hoop dit help om ons omgewing skoner te...
Landloopuitslae van 27 Julie en 1 Augustus
Die meeste van ons atlete het Vrydag, 27 Julie, aan hul laaste byeenkoms vir die seisoen deelgeneem. Vrydag se byeenkoms het by Sun Valley plaasgevind. Atlete moes onder die top 20 eindig om deur te dring tot die volgende ronde. Michel-Georges Delpierre 65ste Mieke Huysamen 43ste Lea de Ridder 36ste Markus de Ridder 64ste Scarlett van der Merwe 4de Pierre Becker 37ste Andries Becker 36ste Eugenie Delpierre 46ste Adrian Huysamen 38ste Enzo Vorster 55ste Nikolaas Bergh 6de Scarlett van der Merwe het met 'n 4de plek ons skool se naam hoog gehou het deurgedring na die volgende ronde. Hier staan sy op die foto saam met juf. Stahmer. Scarlett het op Woensdag, 1 Augustus, aan die volgende byeenkoms by Strandfontein naby Mitchells Plain deelgeneem en 'n 6de plek behaal. Sy moes onder die top 10 eindig om weer aan die volgende ronde te kan deelneem. Scarlett neem op Saterdag, 11 Augustus, aan die WP byeenkoms by Fairmont High School in Durbanville deel. Ons is baie trots op Scarlett en wens vir haar baie sterkte toe vir volgende week se...
Netbaluitslae teen Edgemead
O/9A 7-1 (wen) O/9B 2-0 (wen) O/10A 7-4 (wen) O/10B 2-3 (verloor) O/11A 6-9 (verloor) O/11B 1-1 (gelyk) O/12A 9-5 (wen) O/12B 2-7 (verloor) O/13A 5-6 (wen) O/13B 3-4 (verloor) Die bus kon eers later vertrek as wat ons beplan het en met die aankoms het dinge bietjie vinnig gegaan. Ons O/12B span speel toe teen Edgemead se O/13B en JvR se O/13B speel toe teen Edgemead se O/12B. Volgende week is 'n kort besige week en ons speel Maandag en Dinsdag TUIS ligawedstryde. Ons moet ons ligawedstryde teen 'n sekere datum afhandel, daarom word die wedstryde so kort op mekaar gespeel. Spelers sal die programme ontvang en ouers sal weer 'n google vorm kry om te...
Rugbyuitslae teen Reddam House ASB
Baie dankie aan al die ouers wat moeite doen om die spelers te kom ondersteun. Dit beteken vir hulle baie. Reddam House het gister te min spelers gehad en ons O/8 en O/9 spanne het slegs 7 aan 'n kant gespeel. O/8 verloor O/9 15-5 (wen) O/11 57-0 (wen) Ons speel volgende Maandag TUIS teen...
Busvervoer vir wedstryde
Ons grootste vrees het gister met die netbalwedstryde plaasgevind. Ons het te veel spelers vir die bus gehad. Gelukkig was daar onderwysers wat hierdie ekstra spelers na die wedstryd kon neem in hul motors. Hierdie insident het net weer beklemtoon hoe belangrik dit is dat ouers die Google vorm voltooi. Indien julle dit nog nooit ontvang het nie gaan kyk in jul "spam of trash folder" of dit dalk direk daar gaan lê. Indien dit nie daar is nie kan dit wees dat ons verkeerde e-pos het. Jy kan jou e-posadres gaan verander op ons webtuiste. Indien jy nie regkom nie, is jy welkom om vir Jodene te kontak admin@jvrprim.co.za Daar is dae waar ons netbal- en rugbywedstryde op dieselfde dag het en dan kos dit fyn beplanning om almal op die regte plek te ry. Ons vra asb. dat ouers ons hande vat met hierdie...
Table View O/7-O/9 Toernooi
Vanjaar is die eerste keer dat ons aan hierdie toernooi deelgeneem het. Die oggend het koud begin en die kinders moes baie rondspring om warm te word, maar dit was 'n heerlike dag vir elkeen wat betrokke was. Al die spelers het 'n verrassingspakkie ontvang. Die rugby het bietjie vroeër klaar gemaak as die netbal. Die rugby-en netbalspanne het die meeste van hul wedstryde gewen en enkele wedstryde verloor. Ongelukkig is ons skool in 'n slegte lig geplaas omdat nie al ons kinders opgedaag het nie. Ons moes rugbykinders van ander skole leen om vir ons te speel en by die netbal het ons 'n hele O/7- span te min gehad en die O/8 B- span moes instaan vir die wedstryde. Die inskrywings vir hierdie sportdae word vroeg in die jaar gedoen en volgens die getalle wat oefeninge bywoon, skryf ons dan spanne in. Ons doen weer 'n beroep op ouers om die kalender en dagboek op die skool se webwerf dop te hou en seker te maak dat daar nie enige aktiwiteite is wanneer hulle partytjies of naweke weg beplan nie. Nie net ly die skool se naam daaronder nie, maar dit stel die afrigter in 'n baie slegte lig. Die O/7 spannetjie het pragtig gespeel. Meer foto's van die spannetjie sal binnekort op die SPORTBLAD van ons webtuiste...
Mathlete van die week
Hier is die top 3 prestasies: 3.Luja Marx 1050 punte 2. Robert Kotzee 1400 punte 1. Klara Maree 2023 punte Baie geluk Klara.
WKOD-Wiskundekompetisie se datum verander
Die WKOD-Wiskundekompetisie wat die 2de Augustus geskryf moes word, is geskuif na Woensdag 15 Augustus. Die departement het ons in kennis gestel dat die eerste rondte vraestelle nog nie gereed is nie. Alle leerders in gr.4-7 sal aan die rondte deelneem en die skryf van die vraestelle sal tydens skoolure...
Trotse Jannie
Naam en van: JJ Grundeling Graad: 1O Waar bly jy?: Houtbaai Gunsteling vak: Somme en woordjies Ek is ‘n trotse Jannie, want ek weet wat 100 x 100 is!
Kooroptrede Kunstekaap
Albei ons kore tree op Maandagaand 27 Augustus by die Kunstekaapteater op. Kaartjies , teen R40, is by Computicket of die Kunstekaap te koop. Verdere reëlings volg later.
WOW – Ons kan spel!
Die onderwysers is druk besig om die Top 5/6 spellers te identifiseer wat ons skool gaan verteenwoordig by die eerste ronde van die Wow Spelkompetisie. Die datum vir hierdie ronde is Vrydag, 24 Augustus. Hierdie leerders sal gedurende die loop van die week 'n brief ontvang. Die volgende twee datums indien hulle sou deurdring, is 8 September en 20...
Vrywilligers vir huiswerkklasse
Kontak vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) indien u (ouer/grootouer/student) graag as 'n vrywilliger betrokke wil raak om gratis huiswerkklasse aan leerders (op individuele basis) te bied wat ekstra ondersteuning benodig.
Belangrike Datums
augustus 2026
september 2026