Ons grootste vrees het gister met die netbalwedstryde plaasgevind. Ons het te veel spelers vir die bus gehad.
Gelukkig was daar onderwysers wat hierdie ekstra spelers na die wedstryd kon neem in hul motors.
Hierdie insident het net weer beklemtoon hoe belangrik dit is dat ouers die Google vorm voltooi. Indien julle dit nog nooit ontvang het nie gaan kyk in jul “spam of trash folder” of dit dalk direk daar gaan lê. Indien dit nie daar is nie kan dit wees dat ons verkeerde e-pos het. Jy kan jou e-posadres gaan verander op ons webtuiste. Indien jy nie regkom nie, is jy welkom om vir Jodene te kontak admin@jvrprim.co.za
Daar is dae waar ons netbal- en rugbywedstryde op dieselfde dag het en dan kos dit fyn beplanning om almal op die regte plek te ry. Ons vra asb. dat ouers ons hande vat met hierdie saak.