Vanjaar is die eerste keer dat ons aan hierdie toernooi deelgeneem het.
Die oggend het koud begin en die kinders moes baie rondspring om warm te word, maar dit was ‘n heerlike dag vir elkeen wat betrokke was. Al die spelers het ‘n verrassingspakkie ontvang. Die rugby het bietjie vroeër klaar gemaak as die netbal. Die rugby-en netbalspanne het die meeste van hul wedstryde gewen en enkele wedstryde verloor.

Ongelukkig is ons skool in ‘n slegte lig geplaas omdat nie al ons kinders opgedaag het nie. Ons moes rugbykinders van ander skole leen om vir ons te speel en by die netbal het ons ‘n hele O/7- span te min gehad en die O/8 B- span moes instaan vir die wedstryde.
Die inskrywings vir hierdie sportdae word vroeg in die jaar gedoen en volgens die getalle wat oefeninge bywoon, skryf ons dan spanne in. Ons doen weer ‘n beroep op ouers om die kalender en dagboek op die skool se webwerf dop te hou en seker te maak dat daar nie enige aktiwiteite is wanneer hulle partytjies of naweke weg beplan nie. Nie net ly die skool se naam daaronder nie, maar dit stel die afrigter in ‘n baie slegte lig.

Die O/7 spannetjie het pragtig gespeel. Meer foto’s van die spannetjie sal binnekort op die SPORTBLAD van ons webtuiste verskyn.