Baie geluk aan Lea en Markus de Ridder. Hulle is ons Jannies van die week – dankie dat julle so gereeld herwin. Geniet die Col’Cacchios geskenkbewys.
Onthou asb om julle leë 2L melkbottels by Matthews in te gee vir die volgende paar weke. Ons probeer om 2000 bymekaar te maak! Miskien het julle al van ‘plogging’ gehoor? Dit beteken ‘picking up trash while jogging’. Die nuwe gier kom van Swede en het blykbaar soos ‘n veldbrand versprei. Ons dink dit is baie oulik en hoop dit help om ons omgewing skoner te kry.