Die meeste van ons atlete het Vrydag, 27 Julie, aan hul laaste byeenkoms vir die seisoen deelgeneem. Vrydag se byeenkoms het by Sun Valley plaasgevind.
Atlete moes onder die top 20 eindig om deur te dring tot die volgende ronde.
Michel-Georges Delpierre 65ste
Mieke Huysamen 43ste
Lea de Ridder 36ste
Markus de Ridder 64ste
Scarlett van der Merwe 4de
Pierre Becker 37ste
Andries Becker 36ste
Eugenie Delpierre 46ste
Adrian Huysamen 38ste
Enzo Vorster 55ste
Nikolaas Bergh 6de
Scarlett van der Merwe het met ‘n 4de plek ons skool se naam hoog gehou het deurgedring na die volgende ronde. Hier staan sy op die foto saam met juf. Stahmer.
Scarlett het op Woensdag, 1 Augustus, aan die volgende byeenkoms by Strandfontein naby Mitchells Plain deelgeneem en ‘n 6de plek behaal. Sy moes onder die top 10 eindig om weer aan die volgende ronde te kan deelneem.
Scarlett neem op Saterdag, 11 Augustus, aan die WP byeenkoms by Fairmont High School in Durbanville deel. Ons is baie trots op Scarlett en wens vir haar baie sterkte toe vir volgende week se byeenkoms.