Kuns-nuus

Baie geluk aan Jan Murray (gr. 7) wie se kunswerk 'Endless boundaries' gekies is vir Santam se 2019 aanlyn-uitstalling . Die titel van hierdie jaar se kompetisie was "When I'm big". Daar was meer as 3500 inskrywings en Jan het met sy werk 'n goeie bedrag geld vir ons skool gewen!! Ons is baie trots op...

Loxton-projek

DUSN bied vir die afgelope 2 jaar 3D Printing werkswinkels aan by die Laerskool Jan van Riebeeck waarin die werksessies op hul beurt bydra tot ‘n meer innoverende aanslag in die ontwikkeling van studente se kritiese denke en bied sodoende ‘n holistiese ervaring tot WWKT (Wiskunde, Wetenskap, Kuns en Tegnologie) vakke. Die geleentheid en behoefte het begin vorm om hierdie werksessies toeganklik te maak vir afgeleë gemeenskappe wat nie dieselfde geleenthede geniet as ons nie. Die potensiële werkswinkels word moontlik gemaak in samewerking met die Ubuntu Forum in Loxton wat fokus op die ontwikkeling van vaardighede, opleiding en die welvaart van die Loxton-gemeenskap. Daar word beoog om die pilot- reeks van werkswinkels in die eerste week van die Desembervakansie bekend te stel in Loxton en ons is tans in die proses om borge en befondsing vir die projek te vind. Om betrokke te raak kan die skakel na ons webtuiste gevolg word vir ‘n meer volledige uiteensetting van die projek waarvolgens verdere insette gelewer kan word....

Swemgala by Table View, 17 Okt

Ons het die geleentheid aangegryp om op 17 Oktober by Laerskool Table View aan hulle swemgala deel te neem. Ons sit in die unieke situasie dat ons nie hierdie jaar enige swemgalas aangebied of bygewoon het nie. Dit beteken dat ons tye en inligting van 2017 moet gebruik om die span saam te stel vir hierdie gala. Ons wil egter vir nuwe leerders of enige ander leerders wat nie op hierdie stadium deel van die span is nie, die geleentheid gee om aansoek te doen daarvoor. Belangstellendes moet bewys kan lewer van 'n tyd wat hulle gekry het by hul klub of 'n ander gala in 2017 of 2018 vir die item waarvoor hulle wil inkryf . Hierdie bewys moet aan die sportkantoor (sport@jvrprim.co.za) gestuur word sodat dit met die ander kinders vergelyk kan word. Volg die skakel om die VOORLOPIGE SPAN te sien. Dit kan nog verander soos leerders se deelname met hulle bevestig word. Reëls vir die gala: 1. 'n Skool mag slegs een swemmer per item inskryf. 2. 'n Swemmer mag aan 2 individuele items en alle aflosse deelneem 3. Alle swemmers moet 'n swemkep dra in die...

3D Design-and-printing workshop

Do You See Now se Critical Tinkering- werksessies bied die vakansie weer aan studente die geleentheid om aan stuur te kom van die 4de industrïele revolusie. Met 3D ontwerp en 3D printing werksessies dra ons by tot ‘n holistiese benadering in studente se onderrig deur die teorie relevante toepassing te gee in ons werkswinkels. Werksessies geskied op 1-2 Oktober en word aangebied in Laerskool Jan van Riebeeck se rekenaarsentrum. Volg gerus die skakel na ons webtuiste vir registrasie en werkswinkelbesonderhede....

Tennisrondomtalie vir ranglys, 25 – 27 September

Ons wil graag ons ranglys op 'n regverdige manier bepaal en nou al vir volgende kwartaal reg kry. Ons eerste ligawedstryde vind 17 Oktober plaas. Daarom het ons besluit om die laaste week van skool te gebruik om die kinders gedurende die skooldag teen mekaar te laat uitspeel. Dit is oop vir alle Gr.4 - 7 leerders wat kan tennis speel en self kan telling hou. Volg die skakel en voltooi asb. die vorm. Inskrywings sluit Vrydag, 21 September om 17:00. TENNIS...

Ouer en kind dubbeltoernooi, 15 Sep

Baie dankie aan elkeen wat hierdie oggend saam met ons gedeel het. Ons wil in besonder vir Matchpoint tennis dankie sê vir die paar ekstra lesse vir ouers en die oggend se reëlings. Die weer was perfek en van die ouers het vroeg 'n paar balle kom slaan vir opwarming. Dit was wonderlik om te sien hoe almal van klein tot groot mekaar akkommodeer wanneer dit by vaardighede kom. Jonger boeties wat eintlik saam gekom het om die balman te wees het later ook 'n paar balle geslaan. Soos die oggend verloop het,is die vuur aangesteek en wors is gebraai vir worsbroodjies. Ons hoop nie daar was te veel seer lywe nie, want ons weet by die volgende toernooi op 1 Desember,gaan daar nog meer mense...

Trotse Jannie

Naam en van: Taytum Jacobs Graad: 2E Waar bly jy?: Vredehoek Gunsteling vak: Ek hou daarvan om op ‘n Vrydag in ons klas in my tekenboek te teken. Ek hou ook van lees. My gunsteling boek is Dagboek van ‘n Wimpy Kid. Ek is ‘n trotse Jannie, want ek help altyd my maats as hulle...

Skrywersbesoek

Die skrywer, Troula Goosen (Raaiselklip, Skool is 'n riller, Maanligmeermin), besoek die graad 3 to 7's op Woensdag 26 September. Haar boeke is beskikbaar by meeste boekwinkels of op NB-uitgewers se webtuiste.

Paarl tennistoernooi

Baie geluk aan die volgende seuns wat die afgelope naweek (14 &15 Sept) in die Paarl aan 'n baie kompeterende 0/11 tennistoernooi teen 7 baie sterk skole deelgeneem het. Fredrich Erasmus, Jan Karsten, Danny Newton, Sebastiaan Boshoff, Sebastiaan Maree en Christian Boshoff. Hulle het goeie karakter gewys en aangehou om voluit te speel tot die einde. Baie dankie aan elke ouer wat die naweek rondgery het om te kom ondersteun, julle is tops! Die skole wat deelgeneem het was Klein Boishaai Paarl, Noord-Eind, Courtrai, Kenridge, Durbanville, Eversdal en...

American Ballet Performance Awards

Agt van ons Gr 1 en 2 dansers neem deel aan die American Academy of Ballet Performance Awards. Arwen Weich in Graad 6 neem ook deel. Wanneer: Saterdag 22 Sept 2018 by JvR Laerskool Saal Tyd: 14:00 - 15.15 Kaartjies: R30 by die deure Kom ondersteun ons gerus! Bring maats en familie. Lekker dans: Jada Kalonda Badibanga Isabella Marais Danielle Boshoff Sanmari v Schoor Kerala Allewell Karlien vd Walt Lida -Mari Bosman Arwen...

Die gebruik van Google vorms

Die skool probeer om so vinning en effektief moontlik inligting by ouers te kry en van ouers af te ontvang. Ons maak gereeld van Google vorms gebruik. Dit het egter onder ons aandag gekom dat daar nog verwarring oor die gebruik van die vorms heers. Ons vra dat julle asb. ALLES op die vorm noukeurig lees. Die inligting wat jy invul, word slegs aan die skool gestuur as jy op die knoppie druk wat sê SUBMIT. Die vorm kan soms in afdelings verdeel word en dan verskyn daar 'n next knoppie onderaan die bladsy. Indien jy niks op daardie afdeling hoef te voltooi nie, druk next totdat jy by die laaste afdeling kom waar staan SUBMIT. Nadat jy submit gedruk het sal daar altyd 'n boodskap verskyn wat jou bedank vir die voltooiing van die vorm. As jy nie die boodskap sien nie, het ons nie jou vorm ontvang...

Melkbos-Wiskundekompetisie

Na baie voorbereiding het die aand uiteindelik aangebreek om aan die kompetisie deel te neem. Dit was heerlik om die goeie gees in die bus te ervaar. Niemand was op hul senuwees tot en met 10 minute voor die kompetisie nie. Die skole wat aan die kompetisie deelgeneem het,is : Van Riebeeckstrand, Gené Louw, Welgemoed, Mikro, Brackenfell, Table View, Melkbos Privaat, Curro Langebaan, Elkanah House, Chatsworth en ons. In totaal was daar 41 spanne. Die leerders wat ons verteenwoordig het,is: Jacomien van der Westhuizen, Anna van Biljon, Lili Louw, Alexander Newton, Stef Mostert, Mari Swanepoel, Nicholas de Jong, Dawid Adler, Albert Matthee, Christiaan Stimie, Chris Scott, Henry Potgieter, Benjamin Pienaar, Johann Jordaan, Gerard Snijders en Peet Karsten. Die kompetisie is geskryf in 3 afdelings nl. spoedtoetse, woordsomme en woordsomme wat die leerders apart en saam kan uitwerk. Die onsekerheid van waar die leerders lê kon jy op hulle gesigte sien net voor die wenners aangekondig is. Eerste was dit tyd om die wenspanne aan te kondig. 10. Van Riebeeckstrand 9. Curro Langebaan 8. Elkanah House 7. Elkanah House 6. Van Riebeeckstrand 4. Jan van Riebeeck en Gene Louw (Stef Mostert, Mari Swanepoel, Nicholas de Jong en Dawid Adler) 3. Jan van Riebeeck (Albert Matthee, Christiaan Stimie, Chris Scott en Henry Potgieter) 2. Welgemoed 1. Jan van Riebeeck (Benjamin Pienaar, Johann Jordaan, Gerard Snijders en Peet Karsten Daarna was die aankondiging vir die wenskool. Hier tel hulle al die skole se punte bymekaar om te bepaal wie die algehele wenners is. Die top 5 skole was: 5. Welgemoed 4. Gene Louw 3. Van Riebeeckstrand 2. Elkanah House 1. Jan van...

Tweekamp resultate van die naweek

Die tweekampseisoen het Saterdag afgeskop by Hoërskool Stellenberg. Dit was heerlik om so baie van ons atlete, 18 in totaal, te sien wat deelneem. Die atlete se uitslae van Saterdag: Delmar Benecke - 1ste Willem Vorster - 5de Ané Swanepoel - 1ste Isabella Marais - 2de Ruald Naudé - 5de Dawid-Wiese Viljoen - 6de Alexander Benecke - 4de Albert Griesel - 10de Sophia Liebenberg - 6de Cara Swanepoel - 10de Stef Mostert - 2de John Willcox - 4de Kian Eksteen - 7de Mia Nortjé - 1ste Mari Swanepoel - 5de Isabella van der Walt - 6de Adriaan Huysamen - 11de Bernardt Wiese - 12de Die ondersteuners was baie beïndruk hoe mooi ons altelete lyk en hoe goed hulle presteer het. Die seisoen is nog lank en daar is nog baie byeenkomste wat voorlê, maar dit gee tyd vir nog baie oefening en baie goeie uitslae. Ons sal mooi dophou hoe die atlete se tye...

Nuusbrief van 14 Sept. 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 14-15 September 2018 0/11 Tennistoernooi teen Boishaai PAARL Vrydag, 14 September 2018 Gr.1: Boekbesoek Vrydag, 14 September 2018 Akkedissiefees Saterdag, 15 September 2018 Tweekamp Liga 1 H/S STELLENBERG & FAIRMONT Saterdag, 15 September 2018 Tennis:Ouer/Kindtoernooi Maandag, 17 September 2018 Akademiese Spele begin Maandag, 17 September 2018 BR Vergadering Woensdag, 19 September 2018 Marli Klynsmith (Juffrou) verjaar Donderdag, 20 September 2018 Tania Vorster (Nasorg) verjaar Donderdag, 20 September 2018 Heidre Ehlers (Juffrou) verjaar Vrydag, 21 September 2018 Kaskarkompetisie Saterdag, 22 September 2018 Dapper Stappers KROMRIVIER Dinsdag, 18 September 2018 Geen saal Dinsdag, 25 September 2018 Geen saal Dinsdag, 25-27 September 2018 Tennisrondomtalie vir ranglys Woensdag, 26 September 2018 Gr.3-7: Skrywersbesoek TROULA GOOSEN Woensdag, 26 September 2018 Liewe Aarde sivvies Donderdag, 27 September 2018 Markdag Donderdag, 27 September 2018 Sivvies Donderdag, 27 September 2018 Lucia de Jager (Juffrou) verjaar Vrydag, 28 September 2018 Sivvies Vrydag, 28 September 2018 Skole sluit om 10:45 Saterdag, 6 Oktober 2018 Marinda Brink (Juffrou) verjaar Dinsdag, 9 Oktober 2018 Skool heropen Dinsdag, 9 Oktober 2018 Suzaan Burger (Assistent) verjaar Dinsdag, 9 Oktober 2018 Bibi Stoffberg (Juffrou) verjaar Dinsdag, 9 Oktober 2018 Christopher Banda (terrein) verjaar Woensdag, 10 Oktober 2018 Buitemuurse aktiwiteite begin Vrydag, 12 Oktober 2018 Gr.6:Lead4Life CONRADIEVELD Saterdag, 13 Oktober 2018 Kapperjolle Saterdag, 13 Oktober 2018 Tweekamp Liga 2 JAN VAN RIEBEECK Saterdag, 13 Oktober 2018 Swem: Distrik pre-proewe >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Groot Wiskunde-prestasie Baie geluk aan die vier spanne wat gister aan die Wiskunde-kompetisie in Melkbosstrand deelgeneem het. Hulle het uitstekend gevaar en het 'n 1ste,...

Biblioteekboeke

Alle biblioteekboeke moet asb. terug wees in die biblioteek teen Donderdag, 20 September.

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor