Baie dankie aan elkeen wat hierdie oggend saam met ons gedeel het. Ons wil in besonder vir Matchpoint tennis dankie sê vir die paar ekstra lesse vir ouers en die oggend se reëlings.

Die weer was perfek en van die ouers het vroeg ‘n paar balle kom slaan vir opwarming. Dit was wonderlik om te sien hoe almal van klein tot groot mekaar akkommodeer wanneer dit by vaardighede kom. Jonger boeties wat eintlik saam gekom het om die balman te wees het later ook ‘n paar balle geslaan.
Soos die oggend verloop het,is die vuur aangesteek en wors is gebraai vir worsbroodjies.

Ons hoop nie daar was te veel seer lywe nie, want ons weet by die volgende toernooi op 1 Desember,gaan daar nog meer mense wees!