Na baie voorbereiding het die aand uiteindelik aangebreek om aan die kompetisie deel te neem.
Dit was heerlik om die goeie gees in die bus te ervaar. Niemand was op hul senuwees tot en met 10 minute voor die kompetisie nie.
Die skole wat aan die kompetisie deelgeneem het,is :
Van Riebeeckstrand, Gené Louw, Welgemoed, Mikro, Brackenfell, Table View, Melkbos Privaat, Curro Langebaan, Elkanah House, Chatsworth en ons. In totaal was daar 41 spanne.
Die leerders wat ons verteenwoordig het,is:
Jacomien van der Westhuizen, Anna van Biljon, Lili Louw, Alexander Newton, Stef Mostert, Mari Swanepoel, Nicholas de Jong, Dawid Adler, Albert Matthee, Christiaan Stimie, Chris Scott, Henry Potgieter, Benjamin Pienaar, Johann Jordaan, Gerard Snijders en Peet Karsten.
Die kompetisie is geskryf in 3 afdelings nl. spoedtoetse, woordsomme en woordsomme wat die leerders apart en saam kan uitwerk. Die onsekerheid van waar die leerders lê kon jy op hulle gesigte sien net voor die wenners aangekondig is.
Eerste was dit tyd om die wenspanne aan te kondig.
10. Van Riebeeckstrand
9. Curro Langebaan
8. Elkanah House
7. Elkanah House
6. Van Riebeeckstrand
4. Jan van Riebeeck en Gene Louw (Stef Mostert, Mari Swanepoel, Nicholas de Jong en Dawid Adler)
3. Jan van Riebeeck (Albert Matthee, Christiaan Stimie, Chris Scott en Henry Potgieter)
2. Welgemoed
1. Jan van Riebeeck (Benjamin Pienaar, Johann Jordaan, Gerard Snijders en Peet Karsten
Daarna was die aankondiging vir die wenskool. Hier tel hulle al die skole se punte bymekaar om te bepaal wie die algehele wenners is.
Die top 5 skole was:
5. Welgemoed
4. Gene Louw
3. Van Riebeeckstrand
2. Elkanah House
1. Jan van Riebeeck
Dit was onvergeetlik om die genot op die leerders se gesigte te sien toe hulle beloon word vir al hulle harde werk.
Dit is die derde jaar in ‘n ry wat Jan van Riebeeck beide afdelings van die kompetisie wen. Ons is uiters trots op hierdie leerders. Julle het ons naam baie hoog gehou. ‘n Spesiale woord van dank aan mnr. Hanekom wat die leerders voorberei het vir die kompetisie. Ons wil ook dankie sê vir mnr. Hanekom, mnr. Joubert en juf. Felix, wat die leerders na die kompetisie vergesel het.