Die skool probeer om so vinning en effektief moontlik inligting by ouers te kry en van ouers af te ontvang. Ons maak gereeld van Google vorms gebruik. Dit het egter onder ons aandag gekom dat daar nog verwarring oor die gebruik van die vorms heers. Ons vra dat julle asb. ALLES op die vorm noukeurig lees. Die inligting wat jy invul, word slegs aan die skool gestuur as jy op die knoppie druk wat sê SUBMIT. Die vorm kan soms in afdelings verdeel word en dan verskyn daar ‘n next knoppie onderaan die bladsy. Indien jy niks op daardie afdeling hoef te voltooi nie, druk next totdat jy by die laaste afdeling kom waar staan SUBMIT. Nadat jy submit gedruk het sal daar altyd ‘n boodskap verskyn wat jou bedank vir die voltooiing van die vorm. As jy nie die boodskap sien nie, het ons nie jou vorm ontvang nie.