Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 14-15 September 2018 0/11 Tennistoernooi teen Boishaai PAARL

Vrydag, 14 September 2018 Gr.1: Boekbesoek

Vrydag, 14 September 2018 Akkedissiefees

Saterdag, 15 September 2018 Tweekamp Liga 1 H/S STELLENBERG & FAIRMONT

Saterdag, 15 September 2018 Tennis:Ouer/Kindtoernooi

Maandag, 17 September 2018 Akademiese Spele begin

Maandag, 17 September 2018 BR Vergadering

Woensdag, 19 September 2018 Marli Klynsmith (Juffrou) verjaar

Donderdag, 20 September 2018 Tania Vorster (Nasorg) verjaar

Donderdag, 20 September 2018 Heidre Ehlers (Juffrou) verjaar

Vrydag, 21 September 2018 Kaskarkompetisie

Saterdag, 22 September 2018 Dapper Stappers KROMRIVIER

Dinsdag, 18 September 2018 Geen saal

Dinsdag, 25 September 2018 Geen saal

Dinsdag, 25-27 September 2018 Tennisrondomtalie vir ranglys

Woensdag, 26 September 2018 Gr.3-7: Skrywersbesoek TROULA GOOSEN

Woensdag, 26 September 2018 Liewe Aarde sivvies

Donderdag, 27 September 2018 Markdag

Donderdag, 27 September 2018 Sivvies

Donderdag, 27 September 2018 Lucia de Jager (Juffrou) verjaar

Vrydag, 28 September 2018 Sivvies

Vrydag, 28 September 2018 Skole sluit om 10:45

Saterdag, 6 Oktober 2018 Marinda Brink (Juffrou) verjaar

Dinsdag, 9 Oktober 2018 Skool heropen

Dinsdag, 9 Oktober 2018 Suzaan Burger (Assistent) verjaar

Dinsdag, 9 Oktober 2018 Bibi Stoffberg (Juffrou) verjaar

Dinsdag, 9 Oktober 2018 Christopher Banda (terrein) verjaar

Woensdag, 10 Oktober 2018 Buitemuurse aktiwiteite begin

Vrydag, 12 Oktober 2018 Gr.6:Lead4Life CONRADIEVELD

Saterdag, 13 Oktober 2018 Kapperjolle

Saterdag, 13 Oktober 2018 Tweekamp Liga 2 JAN VAN RIEBEECK

Saterdag, 13 Oktober 2018 Swem: Distrik pre-proewe

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR



Groot Wiskunde-prestasie

Baie geluk aan die vier spanne wat gister aan die Wiskunde-kompetisie in Melkbosstrand deelgeneem het. Hulle het uitstekend gevaar en het ‘n 1ste, 3de en 4de plek behaal. Baie dankie aan mnr. Hanekom, mnr. Joubert en juf. Felix wat die leerders help voorberei het en hulle vergesel het.

Akademiese spele

Ons vra alle ouers om ons te ondersteun met die Akademiese Spele wat volgende week plaasvind. Hou die program dop.

ALGEMEEN

Ons jaarlikse Santa Shoebox-projek het vandeesweek afgeskop en ons is BAIE opgewonde om weer ‘n verskil in ander se lewens te maak.

Ons het met Mandela-dag reeds al die klein goedjies vir ons bokse ingesamel en ons benodig nog net klere en speelgoed. Ons poog om hierdie jaar 110 bokse te skenk en het reeds die leerders se name en ouderdomme ontvang aan wie die bokse gaan.

Indien jy iets wil borg, volg asb. die skakel hieronder en kies vir watter geslag en vir watter ouderdom kind jy graag klere of speelgoed sal wil borg. Vul asb. u kind se naam, graad en klas op die lys in. Die nommers op die lys dui aan hoeveel kinders in daardie ouerderdomsgroep die items benodig. Items moet asb. nuut wees en teen 20 September 2018, by die skool wees. Dankie vir almal se samewerking!

SANTA SHOEBOX BORGVORM

Naam en van: Shaun Gutu

Graad: 1dJ

Waar bly jy?: Brooklyn

Gunsteling vak: Ek hou baie van Alfablocks wat ons leer om Engelse woorde te lees.

Ek is ‘n trotse Jannie, want ek luister mooi na my juffrou.

Ons skop die laaste kwartaal af met ‘n groot kuier, ‘n heerlike ete en baie speletjie-pret.

Kom kuier saam met ons die 13de Oktober 2018 op die Conradieveld, waar ons weer ‘n potjiekoskompetisie gaan hou. Ons beplan om vroeg die oggend te begin en teen middagete die potjies te geniet! Daar sal ook ander verversings en stalletjies beskikbaar wees. Meer inligting oor die inskrywings en die etekaartjies sal binnekort volg.

Ons sien uit daarna om saam met ons ouers, onderwysers en kinders te kuier.

Jannies van die week is Angelique en Monique Fourie – baie geluk julle. Hou asb. aan om gereeld te herwin. Geniet die Col’Cacchios geskenkbewys.

Baie dankie aan almal wat gehelp het om +/-9000 2L melkbottels en 1500 5L waterbottels te versamel oor die laaste 6 weke. Ons het ons teiken bereik met julle hulp! Ons sien uit om die finale kunsproduk vir julle te wys in November.

Vrydag 14 September is die laaste dag om nog ecobricks by die skool af te laai – gooi hulle in die geel wieldrom by Nuwe Kerk straat se ingang.

Oud Laerskool Jan van Riebeecker, Mia Vermaak, is tans in Turkye by die wêreldkongres vir Akarologie om haar meester-navorsing aan te bied wat handel oor die myt-diversiteit in die Wellington en Stellenbosch wynlande.



Emil van der Walt, ‘n oud-leerder van ons skool, het die afgelope maand weer uitstekende Wiskundeprestasies behaal!

* Het Cambridge Wiskunde geslaag met A-simbool.

* Deel van WP A-span wat die Interprovinsiale Wiskunde Olimpiade gewen het.

* Een van 10 goue medaljewenners in die seniorafdeling van die SA Wiskunde Olimpiade.

* Een van die Top 5 in Die Burger se Wiskundekompetisie.

* Gesamentlik eerste in die Universiteit van Pretoria se Wiskunde Olimpiade.

AKADEMIE

Mathlete van die week:

3. Milan Eygenberger – 689 punte

2. Lea de Ridder – 1 880 punte

1. Sophie Wasserman – 2 145 punte

Baie geluk Sophie!!

Veertig van ons leerders het Saterdag aan die provinsiale ronde van die WOW-spelkompetisie deelgeneem. Ons leerders het hulle goed van hul taak gekwyt en baie goed gevaar. Mieke Hertzog (Gr.4) het ‘n goue medalje verower en is dus die beste Gr.4-speller in die Wes-Kaap! Sy neem op 20 Oktober aan die nasionale kompetisie deel. Baie geluk, Mieke!

Die Akademiese Spele wat eerskomende Maandag (17 – 21 September 2018) afskop, beloof om heelwat verryking, integrasie en pret rondom die tema Sportwetenskappe vir leerders, onderwysers en ouers in te hou. ‘n Google Form is gestuur om die alternatiewe buitemuurse program vir die week uiteen te sit. Die laaste dag om hierop te reageer is Donderdag, 13 September 2018, om 19:00. Let asseblief daarop dat ons ‘n spesiale oueraand (Woensdag, 19 September 2018, om 19:00 in die skoolsaal) aanbied waartydens Heleen Meyer (voedselkonsultant) oor gesonde kos en eetgewoontes sal gesels en daarna sal Rob Buck (fisioterapeut en sportdirekteur van Pinehurst) ons toespreek- Maak jy ‘n kind of sportheld groot: Die verhouding tussen ouer, kind en sport?

Die week sluit af met ‘n kaskarresies wat baie pret inhou. Elke graad trek volgens ‘n bepaalde tema aan:

Graad 1 – skaatsplankryers

Graad 2 – verkeersligte

Graad 3 – sportsoorte

Graad 4 – 80’s baanatlete

Graad 5 – 80’s aerobics

Graad 6 – rugbylande

Graad 7 – formule 1-renjaers

Onthou om R50 per leerder deur middel van Karri / kontant / EFT te betaal.

Sien FINALE rooster.

U betrokkenheid en ondersteuning word opreg waardeer.

Alle biblioteekboeke moet asb. terug wees in die biblioteek teen Donderdag, 20 September.

---

KULTUUR

Albei ons kore tree op 18 Oktober om 19:00 by Hoërskool Parow saam met Laurika Rauch op.

Kaartjies is by juf Helecia Groenewald te koop: kontant of EFT aan die skool.Die kaartjies kos R120 per persoon.

Die Toneelgroep vertrek more na Villiersdorp om aan die Akkedissiefees deel te neem.

Die afgelope kwartaal het hulle na-ure saam met Jana Nel (Drama-onderwyseres) ure se oefening ingesit.

Dit was vir almal ‘n verrykende ervaring en ons glo hulle sal die optrede moreaand ten volle geniet!

Ons wens vir hulle net die beste toe!

‘Break a leg’!

Van al die Jan van Riebeeckers

SPORT

Op Saterdag, 13 Oktober, vind die Distrik swemproewe se rondte by Laerskool Table View plaas. Indien u kind nie aan ‘n klub behoort nie en graag wil deelneem kyk asb deeglik na die onderstaande vereistes en voltooi dan die vorm deur die skakel te volg. VORM

Doel van die Proewe:

Hierdie rondte is geskep om vir almal, selfs skoolswemmers wat nie aan ‘n klub behoort nie, die geleentheid te gee om aan die Wes-Kaap proewe deel te neem. Geselekteerde deelnemers sal dan in aanmerking kom om aan ‘n maksimum van 4 items deel te neem by die WK proewe wat vir 21 Oktober beplan word.

Reëls en inligting vir Pre-Proewe:

Inskrywings sluit, 24 September om 16:00.

Alle swemmers wat nie aan ‘n klub behoort nie, moet deur die skool inskryf.

Klubswemmers moet registreer en bevestig in watter skool hulle is.

Klubswemmers moet deur hul klub inskryf, via TM Zip file.

Item kategorieë is as volg: Seuns en dogters Ouderdomme:11; 12; 13; 14; 15; 16 en 17.

Slae is 100 Vryslag (Free), 100 Borsslag (Breast), 100 Rugslag (Back) en 100 Vlinderslag (Fly)

Atlete mag vir ‘n maksimum van 4 items inskryf.

Slegs atlete wat gebore is vanaf 2001 tot 2007 mag inskryf.

Atlete moet minstens ‘n vlak 2 kwalifiserende tyd swem om in ag geneem te word vir die Wes-Kaap proewe. (sien aangehegde dokument vir tye)

Swemmers se ouderdom word bepaal deur die eerste dag waarop die SA Skole Kampioenskappe begin, 9 Desember. Dit beteken dat atlete wat op 9 Desember 10 of 18 is mag NIE deelneem nie.

Die perseel se reëls moet gehoorsaam word.

Atlete word aangeraai om swempet, 2 handedoeke en verversings saam te bring.

Alle atlete en beamptes moet 60 minute voordat die byeenkoms begin by die registrasie tafel aanmeld. Enige onttrekkings moet met die spanbestuurder (Juf Andri Baird) gekommunikeer word.

FINA tegniese reëls word toegepas..

Die duur van die pre-proewe sal bepaal word deur die aantal inskrywings wat ontvang word.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Nederig-wees is nie om minder ván jouself te dink nie, dit is om minder áán jouself te dink.

-Anoniem

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209