DUSN bied vir die afgelope 2 jaar 3D Printing werkswinkels aan by die Laerskool Jan van Riebeeck waarin die werksessies op hul beurt bydra tot ‘n meer innoverende aanslag in die ontwikkeling van studente se kritiese denke en bied sodoende ‘n holistiese ervaring tot WWKT (Wiskunde, Wetenskap, Kuns en Tegnologie) vakke.

Die geleentheid en behoefte het begin vorm om hierdie werksessies toeganklik te maak vir afgeleë gemeenskappe wat nie dieselfde geleenthede geniet as ons nie. Die potensiële werkswinkels word moontlik gemaak in samewerking met die Ubuntu Forum in Loxton wat fokus op die ontwikkeling van vaardighede, opleiding en die welvaart van die Loxton-gemeenskap.

Daar word beoog om die pilot- reeks van werkswinkels in die eerste week van die Desembervakansie bekend te stel in Loxton en ons is tans in die proses om borge en befondsing vir die projek te vind.
Om betrokke te raak kan die skakel na ons webtuiste gevolg word vir ‘n meer volledige uiteensetting van die projek waarvolgens verdere insette gelewer kan word.
http://www.dusn.co.za/loxton-community-project/