O/11 Krieketwedstryd vir 17 Okt gekanselleer
Ons het so pas van Reddam House ASB 'n boodskap ontvang om die O/11 Krieketwedstryd van 17 Oktober te kanselleer. Reddam House ASB het nie genoeg kinders om 'n span vol te maak nie en gaan moontlik die span vir die seisoen moet onttrek.
Nuusbrief van 12 Oktober 2018
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 12 Oktober 2018 Gr.6:Lead4Life KLUBHUIS Vrydag, 12 Oktober 2018 Witrokdag, Hoërskool Saterdag, 13 Oktober 2018 Tweekamp Liga 2 BY HOëR-EN LAERSKOOL JVR Saterdag, 13 Oktober 2018 Swem: Distrik pre-proewe Saterdag, 13 Oktober 2018 Kaperjolle CONRADIEVELD Maandag, 15 Oktober 2018 Gr.7K: Geskiedenisuitstappie Dinsdag, 16 Oktober 2018 Krieket: 0/9 Wedstryd GROENPUNT Woensdag, 17 Oktober 2018 Tennis: Ligawedstryde Woensdag, 17 Oktober 2018 Krieket: 0/11 Wedstryd Woensdag, 17 Oktober 2018 Swemgala TABLE VIEW Donderdag, 18 Oktober 2018 Kooroptrede met Laurika Rauch Donderdag, 18 Oktober 2018 GEEN Sportoefening nie (skool sluit om 13:00) Vrydag, 19 Oktober 2018 Allways:Gr.6-dogters PRAATJIE IN DIE SAAL Vrydag, 19 Oktober 2018 Ouer & Kindkamp CONRADIEVELD Saterdag, 20 Oktober 2018 WOW Spelfees: Nasionaal Maandag, 22 Oktober 2018 Gr.7H: Gesk.uitstappie Dinsdag, 23 Oktober 2018 Krieket: 0/9 Wedstryd GROENPUNT Woensdag, 24 Oktober 2018 Krieket: 0/11 Wedstryd Woensdag, 24 Oktober 2018 TENNIS:Liga wedstryd GEMENG A,B,C- & SEUNSSPAN Donderdag, 25 Oktober 2018 GEEN sportoefening behalwe krieketwedstryd Donderdag, 25 Oktober 2018 Krieket: 0/13 Wedstryd Donderdag, 25 Oktober 2018 Skool sluit vroeër Saterdag, 27 Oktober 2018 Groote Kerk kermis Maandag, 29 Oktober 2018 Gr.7VR: Geskiedenisuitstappie Dinsdag, 30 Oktober 2018 Krieket: 0/9 Wedstryd GROENPUNT Dinsdag, 30 Oktober 2018 Huppelland braai Woensdag, 31 Oktober 2018 Liewe Aarde sivvies Woensdag, 31 Oktober 2018 Krieket: 0/11 Wedstryd Woensdag, 31 Oktober 2018 Tennis: Ligawedstryd Dondedrag. 1 November 2018 Krieket:0/13 wedstryd Saterdag, 3 November 2018 Tweekamp Liga 3 STELLENBOSCH >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons hoop almal is lekker uitgerus en vol energie vir die laaste en baie bedrywige kwartaal! Skoolfooie: Daar is nog heelwat skoolfooie...
Musieklesse 2019
Indien daar ouers is wat belangstel om hulle kinders volgende jaar in te skryf vir musieklesse, kan julle reeds vir juf. Helecia name instuur na: helecia@jvrprim.co.za Ons bied klavier, blokfluit, sang, teorie en moontlik ook van volgende jaar af, vioollesse, aan. Bestaande musiekleerders gaan net so aan, tensy anders...
Atletiekkliniek-20 Oktober
Op Saterdag, 20 Oktober, word daar 'n atletiekkliniek deur die Hoërskool aangebied. Ons atlete van O/11 - O/13 is almal welkom om dit by te woon. Die koste beloop R60 per atleet en word op die dag in kontant betaal. Mnr Joubert sal ook as een van die aanbieders optree. Indien u meer inligting wil hê, kan u die Hoërskool se Sportbestuurder, Ruvan Prinsloo ,kontak by ruvan.prinsloo@janvanriebeeck.co.za [pdf-embedder...
Oud-leerders presteer
Twee van ons oud-leerders, albei tans in Rondebosch Boys High, is as prefekte vir 2019 verkies. Josquin du Toit is as onderhoofseun aangewys en George du Plooy is as leerlingraadslid verkies. Baie geluk, ons is trots op julle!
SAMF uitslae
Na afloop van die eerste rondte van die SAMF-wiskundekompetisie het ons 77 leerders vanaf graad 4-7 gehad wat deur was na die tweede rondte. Uit die 77 het 47 van ons leerders sertifikate in die finale rondte ontvang. Baie geluk aan die volgende leerders wat so pragtig presteer het: Baie geluk aan al die leerders wat so pragtig presteer het. Ons is uiters trots op julle...
Wiskunde en Wetenskap in Aksie
Baie geluk aan ons leerders wat gekies is om 'n pretdag by die Universiteit van Stellenbosch op 20 Oktober by te woon. Na aflê van die kompetisie kies hulle 30 leerders in elke streek om die dag by te woon. Die leerders wat vir die Wiskunde gekies is: Peet Karsten Stef Mostert Johann Jordaan Vir die Wetenskap: Henri Malan Dit is 'n uitstekende prestasie en ons kan nie wag om terugvoering te ontvang...
Ouer- en kindkamp – Vrydagaand, 19 Oktober
Die kamp vir ouers en kind/ers is ‘n jaarlikse gebeurtenis en beloof om hope plesier op te lewer. Braaidromme en hout word voorsien. U is welkom om u eie braaidrom en hout saam te bring. Onthou ook om asseblief ‘n koplampie of flitslig saam te bring. Daar sal ontspanning vir die kinders wees en dit sal so vanaf 17:00 tot 21:30 plaasvind. Kostes: R70 per kind Betaling: Verkieslik geen kontant. EFT of gebruik die Karri-app asb. Die kamp vind plaas op die Conradieveld en almal is welkom vanaf 17:00. Die oorslaap met ‘n tent/tentjie saam met u kind(ers) is opsioneel. Gewoonlik is daar heelwat van die ouers wat oorslaap en dan die Saterdagoggend oppak en terug huis toe vertrek.. Ons sien daarna uit om julle daar te sien! Kontak vir Deon Pieterse (deon@jvrprim.co.za) as julle enige navrae...
Kaperjolle: Speletjiespret
Daar heers reeds groot opwinding oor die Kaperjolle wat op die 13de Oktober 2018 op die Conradieveld gehou gaan word. Daar is speletjies vir ons kinders wat groot pret gaan wees en sluit onder andere sakresies, ballongooi, aartappelresies en toutrek in. Dan nooi ons almal na die hondevertoning uit wat van 10:00 – 11:00 gaan plaasvind. Die hondevertoning word vir ons gehou deur DOGZCOOL. Die vertoning is wêreldklasvermaak en waarborg pret en plesier vir almal. Ons sien uit daarna om julle almal Saterdag te...
Oud-Jannies besoek ons skool
Die Gr.7's van 2013 het Dinsdag, 9 Oktober, ons saalbyeenkoms bygewoon. Hulle begin binnekort met hul eindeksamen. Ons wens hulle alle sterkte toe!
Koor: Belangrike kennisgewings
Belangrik: Albei kore sing volgende Donderdagaand, 18 Oktober, om 18:30 by Hoërskool Parow saam met Laurika Rauch en Loki Rothman. Koorlede het 'n brief met reëlings gekry. Bie bus na Parow sal reeds om 15:15 van ons skool vertrek. Busvervoer is slegs vir leerders wie se ouers hulle nie kan neem nie. DAAR SAL GEEN VERVOER TERUG WEES NIE. TREF ASB. REËLINGS. Daar is nog kaartjies by juf. Groenewald te koop. Ouers, ry asb. vroeg aangesien die verkeer uit die stad baie erg is teen laatmiddag. Koorlede MOET om 17:00 reeds hulle plekke ingeneem het vir 'n repetisie saam met Laurika. Dra asb. netjiese winterskooldrag. Seniorkoor 6 Desember: Maak asb. 'n aantekening van die Seniorkoor se optrede by Sing in Harmonie in Somerset Wes (Curro Sitari) op Donderdagaand 6 Desember. ALLE koorlede moet daar wees. Dis die finale. Dis die week voor die skole sluit. MOET ASB. NIE VROEG MET VAKANSIE GAAN...
Kaperjolle
Soos u alreeds verneem het, is u en u gesin hartlik uitgenooi na die Kaperjolle, Laerskool Jan van Riebeeck se sosiale funksie, die 13de Oktober 2018 op die Conradieveld. Die Kaperjolle gaan 'n dag wees waar ons baie lekker saam gaan kuier. Ons wil graag alle ouers by die dag insluit. Ons kort hulp met die verkoop van die wyn en bier, koeldranke en water, kolwyntjies, braai van wors en worsrolletjie verkope, die kaartjie verkope en dan laastens die speletjies wat ons wil aanbied vir die kinders. Hierdie is ook 'n baie spesiale versoek aan al die pa’s. Dit sal wonderlik wees as ons pa’s sal kan help met die verkope van die wyn en bier asook die braai van die wors vir die worsrolletjie verkope. Dan kort ons ook kolwyntjies vir die dag se verkope en sal enige skenkings waardeer. Indien u sou belangstel om te help met óf diensbeurte vir die verkope en die aanbied van die speletjies, óf skenkings, gebruik asseblief die skakel om die vorm in te vul: Kaperjolle - Diensbeurte en skenkings Sien ook die volgende belangrike skakels om in te skryf vir die potjiekoskompetisie en om musiekversoeke in te stuur: Kaperjolle potjiekoskompetisie, Kaperjolle...
Hoofseun en Hoofdogter 2018
Baie geluk aan Benjamin Pienaar en Annabel de Jager wat as ons hoofdogter en hoofseun vir 2018 verkies is. Ons is baie trots op albei van hulle.
Foto’s: Buitemuurse aktiwiteite
Die buitemuurse aktiwiteite foto's wat onlangs geneem is, kan reeds bestel word. Voorbeelde van die foto's is oorkant juf. Marli Klynsmith se klas opgesit. Dit is ook beskikbaar op die fotograaf se webtuiste, Lunchbox Photography. Volg die skakel om die foto's te sien: FOTO'S Foto's kan deur die skool bestel word. Leerders sal 'n koevertjie in hul rapport kry waarop foto's bestel kan word. Maak seker jy skryf die korrekte fotokode van die foto's wat jy wil bestel op die fotokoevert. Plaas die korrekte bedrag geld in die koevert en stuur dit terug skool toe. Indien jy die koevert verloor, kan jy direk deur die Lunchbox webtuiste...
Nuusbrief van 27 September 2018
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 28 September 2018 Sivvies Vrydag, 28 September 2018 Skool sluit om 10:30 Saterdag, 6 Oktober 2018 Marinda Brink (Juffrou) verjaar Dinsdag, 9 Oktober 2018 Bibi Stoffberg (Juffrou) verjaar Dinsdag, 9 Oktober 2018 Suzaan Burger (Assistent) verjaar Dinsdag, 9 Oktober 2018 Christopher Banda (terrein) verjaar Dinsdag, 9 Oktober 2018 Skool heropen Woensdag, 10 Oktober 2018 Buitemuurse program begin Vrydag, 12 Oktober 2018 Gr.6:Lead4Life CONRADIEVELD Saterdag, 13 Oktober 2018 Tweekamp Liga 2 JVR Saterdag, 13 Oktober 2018 Swem: Distrik pre-proewe Saterdag, 13 Oktober 2018 Kaperjolle CONRADIEVELD Maandag, 15 Oktober 2018 Gr.7K: Gesk.uitstappie Woensdag, 17 Oktober 2018 Tennis: Ligawedstryde Woensdag, 17 Oktober 2018 Krieket: 0/11 Wedstryd Woensdag, 17 Oktober 2018 Swemgala by Table View Donderdag, 18 Oktober 2018 Kooroptrede met Laurika Rauch Donderdag, 18 Oktober 2018 GEEN Sportoefening nie Vrydag, 19 Oktober 2018 Ouer & Kindkamp CONRADIEVELD Saterdag, 20 Oktober 2018 WOW Spelfees: Nasionaal Maandag, 22 Oktober 2018 Gr.7H: Gesk.uitstappie Woensdag,24 Oktober 2018 0/11 Krieketwedstryd Woensdag,24 Oktober 2018 Tennis Ligawedstryd Donderdag, 25 Oktober 2018: 0/13 Krieketwedstryd Maandag, 29 Oktober 2018 Gr.7VR: Gesk.uitstappie Maandag, 29 Oktober 2018 GEEN Sportoefening behalwe krieketwedstryd >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Begrotingsvergadering: Woensdag 7 Nov.Ons skool se begrotingsvergadering sal wees op Woensdag 7 November om 19:00 en dit sal weer in die biblioteek plaasvind. Vakansie Ons hoop almal het 'n lekker vakansie en sal sommer vol energie wees vir die baie bedrywige en volbelaaide laaste kwartaal. ALGEMEEN Dapper Stappers Die Dapper Stappers-span het Saterdag die Kromrivierroete in Du Toitskloofpas gestap. Dit was 'n pragtige dag en die roete was vol uitdagings en...
Belangrike Datums
augustus 2026