Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 12 Oktober 2018 Gr.6:Lead4Life KLUBHUIS

Vrydag, 12 Oktober 2018 Witrokdag, Hoërskool

Saterdag, 13 Oktober 2018 Tweekamp Liga 2 BY HOëR-EN LAERSKOOL JVR

Saterdag, 13 Oktober 2018 Swem: Distrik pre-proewe

Saterdag, 13 Oktober 2018 Kaperjolle CONRADIEVELD

Maandag, 15 Oktober 2018 Gr.7K: Geskiedenisuitstappie

Dinsdag, 16 Oktober 2018 Krieket: 0/9 Wedstryd GROENPUNT

Woensdag, 17 Oktober 2018 Tennis: Ligawedstryde

Woensdag, 17 Oktober 2018 Krieket: 0/11 Wedstryd

Woensdag, 17 Oktober 2018 Swemgala TABLE VIEW

Donderdag, 18 Oktober 2018 Kooroptrede met Laurika Rauch

Donderdag, 18 Oktober 2018 GEEN Sportoefening nie (skool sluit om 13:00)

Vrydag, 19 Oktober 2018 Allways:Gr.6-dogters PRAATJIE IN DIE SAAL

Vrydag, 19 Oktober 2018 Ouer & Kindkamp CONRADIEVELD

Saterdag, 20 Oktober 2018 WOW Spelfees: Nasionaal

Maandag, 22 Oktober 2018 Gr.7H: Gesk.uitstappie

Dinsdag, 23 Oktober 2018 Krieket: 0/9 Wedstryd GROENPUNT

Woensdag, 24 Oktober 2018 Krieket: 0/11 Wedstryd

Woensdag, 24 Oktober 2018 TENNIS:Liga wedstryd GEMENG A,B,C- & SEUNSSPAN

Donderdag, 25 Oktober 2018 GEEN sportoefening behalwe krieketwedstryd

Donderdag, 25 Oktober 2018 Krieket: 0/13 Wedstryd

Donderdag, 25 Oktober 2018 Skool sluit vroeër

Saterdag, 27 Oktober 2018 Groote Kerk kermis

Maandag, 29 Oktober 2018 Gr.7VR: Geskiedenisuitstappie

Dinsdag, 30 Oktober 2018 Krieket: 0/9 Wedstryd GROENPUNT

Dinsdag, 30 Oktober 2018 Huppelland braai

Woensdag, 31 Oktober 2018 Liewe Aarde sivvies

Woensdag, 31 Oktober 2018 Krieket: 0/11 Wedstryd

Woensdag, 31 Oktober 2018 Tennis: Ligawedstryd

Dondedrag. 1 November 2018 Krieket:0/13 wedstryd

Saterdag, 3 November 2018 Tweekamp Liga 3 STELLENBOSCH

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Ons hoop almal is lekker uitgerus en vol energie vir die laaste en baie bedrywige kwartaal!

Skoolfooie:

Daar is nog heelwat skoolfooie (skoolfonds) uitstaande vir 2018! Ons wil ‘n dringende beroep doen om alle uitstaande geld voor einde November te vereffen. Ons kan nie 100% gereed wees op die eerste dag van 2019, wat terloops 7 Januarie vir opvoeders en 9 Januarie vir leerders is, nie.

Begrotingsvergadering:

Ons herinner alle ouers aan ons begrotingsvergadering wat vir 7 November om 19:00 in ons skool se biblioteek beplan word. Die fooie vir 2019 sal tydens hierdie vergadering goedgekeur word.

Juf. JC Smit:

Dit is met groot hartseer dat ons op ‘n baie kort kennisgewing moes afskeid neem van juf JC Smit, ons grondslagfase departementshoof en graad 3 onderwyser. Dit was as gevolg van omstandighede buite haar beheer en sy het reeds op Dinsdag 9 Oktober by Laerskool Danie Malan in Pretoria-Noord begin. Ons het vir juf Olivia Marais tydelik tot die einde van die jaar in haar plek aangestel. Sy is vertroud met die leerders en het al ‘n paar keer vanjaar in daardie klas afgelos.

Funksies / gebeurtenisse vir die laaste kwartaal:

Hou asseblief die nuus op ons skool se webtuiste dop, sowel as in ons weeklikse nuusbrief wat op Vrydae verskyn!

ALGEMEEN

Daar heers reeds groot opwinding oor die Kaperjolle wat op die 13de Oktober 2018 op die Conradieveld gehou gaan word. Daar is speletjies vir ons kinders wat groot pret gaan wees en sluit onder andere sakresies, ballongooi, aartappelresies en toutrek in.

Dan nooi ons almal na die hondevertoning uit wat van 10:00 – 11:00 gaan plaasvind. Die hondevertoning word vir ons gehou deur DOGZCOOL. Die vertoning is wêreldklasvermaak en waarborg pret en plesier vir almal.

Ons sien uit daarna om julle almal Saterdag te sien!

Soos u alreeds verneem het, is u en u gesin hartlik uitgenooi na die Kaperjolle, Laerskool Jan van Riebeeck se sosiale funksie, die 13de Oktober 2018 op die Conradieveld. Die Kaperjolle gaan ‘n dag wees waar ons baie lekker saam gaan kuier.

Ons wil graag alle ouers by die dag insluit. Ons kort hulp met die verkoop van die wyn en bier, koeldranke en water, kolwyntjies, braai van wors en worsrolletjie verkope, die kaartjie verkope en dan laastens die speletjies wat ons wil aanbied vir die kinders.

Hierdie is ook ‘n baie spesiale versoek aan al die pa’s. Dit sal wonderlik wees as ons pa’s sal kan help met die verkope van die wyn en bier asook die braai van die wors vir die worsrolletjie verkope.

Dan kort ons ook kolwyntjies vir die dag se verkope en sal enige skenkings waardeer.

Indien u sou belangstel om te help met óf diensbeurte vir die verkope en die aanbied van die speletjies, óf skenkings, gebruik asseblief die skakel om die vorm in te vul: Kaperjolle – Diensbeurte en skenkings

Sien ook die volgende belangrike skakels om in te skryf vir die potjiekoskompetisie en om musiekversoeke in te stuur: Kaperjolle potjiekoskompetisie, Kaperjolle musiekversoeke

Die Gr.7’s van 2013 het Dinsdag, 9 Oktober, ons saalbyeenkoms bygewoon. Hulle begin binnekort met hul eindeksamen. Ons wens hulle alle sterkte toe!

Die kamp vir ouers en kind/ers is ‘n jaarlikse gebeurtenis en beloof om hope plesier op te lewer. Braaidromme en hout word voorsien. U is welkom om u eie braaidrom en hout saam te bring. Onthou ook om asseblief ‘n koplampie of flitslig saam te bring. Daar sal ontspanning vir die kinders wees en dit sal so vanaf 17:00 tot 21:30 plaasvind.

Kostes: R70 per kind

Betaling: Verkieslik geen kontant. EFT of gebruik die Karri-app asb.

Die kamp vind plaas op die Conradieveld en almal is welkom vanaf 17:00. Die oorslaap met ‘n tent/tentjie saam met u kind(ers) is opsioneel. Gewoonlik is daar heelwat van die ouers wat oorslaap en dan die Saterdagoggend oppak en terug huis toe vertrek.. Ons sien daarna uit om julle daar te sien! Kontak vir Deon Pieterse (deon@jvrprim.co.za) as julle enige navrae het.

Die verlore klere en goedere bly maar ‘n kopseer en ‘n uitdaging by ons skool. Die aantal truie, baadjies, hemde, sportklere en sportstoerusting wat elke week opgetel en gebêre word in die kratte en kaste, word net al meer.

Daar raak ook al hoe meer klere en items weg alhoewel dit duidelik gemerk is. Ons het ‘n paar weke terug op die nuusbrief die proses vir verlore goedere weer verduidelik. Die proses alleen gaan nie die probleem oplos nie. Kom ons kyk hoe ons VERLORE kan omswaai in Verantwoordelikheid, Eerlikheid, Respek, Liefde, Omgee, Regverdigheid, Etiket

*Verantwoordelikheid:

Maak asseblief seker dat alle klere, sakke, tasse en sportstoerusting duidelik gemerk is. Etikette kan ook bestel word by die Klerebank.

*Eerlikheid:

Besorg asseblief enige klere, sakke, tasse en sportstoerusting wat nie aan u kind / kinders behoort nie, terug by die skool.

*Respek:

Ons ouers gaan groot onkostes aan om klere en items vir hulle kind / kinders aan te skaf. Kom ons respekteer ons eie eiendom asook die eiendom van ander.

*Liefde en Omgee:

Talle ouers en kinders word direk benadeel as eiendom verlore raak. Ure en partykeer baie dae word daar herhaaldelik deur al die kaste en kratte gegaan op soek. Dit veroorsaak onnodig ongelukkigheid en stres vir die ouers en kinders.

*Regverdigheid:

Dit is regverdig teenoor alle kinders dat hulle warm skool toe kom met die regte klere aan en dat hulle hul sport kan beoefen.

*Etiket:

Goeie maniere is nog altyd deel van Laerskool Jan van Riebeeck! Kom ons leef dit ook hier uit. Die oorskakeling na somerdrag is om die draai, en ‘n goeie tyd om deur die klere by u huis te gaan.

Kan ons asseblief vra dat ons almal hiermee kan help!!

Twee van ons oud-leerders, albei tans in Rondebosch Boys High, is as prefekte vir 2019 verkies. Josquin du Toit is as onderhoofseun aangewys en George du Plooy is as leerlingraadslid verkies. Baie geluk, ons is trots op julle!

AKADEMIE

Baie geluk aan ons leerders wat gekies is om ‘n pretdag by die Universiteit van Stellenbosch op 20 Oktober by te woon. Na aflê van die kompetisie kies hulle 30 leerders in elke streek om die dag by te woon.

Die leerders wat vir die Wiskunde gekies is: Peet Karsten Stef Mostert Johann Jordaan Vir die Wetenskap: Henri Malan Dit is ‘n uitstekende prestasie en ons kan nie wag om terugvoering te ontvang nie.

Na afloop van die eerste rondte van die SAMF-wiskundekompetisie het ons 77 leerders vanaf graad 4-7 gehad wat deur was na die tweede rondte. Uit die 77 het 47 van ons leerders sertifikate in die finale rondte ontvang. Baie geluk aan die volgende leerders wat so pragtig presteer het:

Baie geluk aan al die leerders wat so pragtig presteer het. Ons is uiters trots op julle almal.

---

KULTUUR

Belangrik: Albei kore sing volgende Donderdagaand, 18 Oktober, om 18:30 by Hoërskool Parow saam met Laurika Rauch en Loki Rothman. Koorlede het ‘n brief met reëlings gekry. Bie bus na Parow sal reeds om 15:15 van ons skool vertrek. Busvervoer is slegs vir leerders wie se ouers hulle nie kan neem nie. DAAR SAL GEEN VERVOER TERUG WEES NIE. TREF ASB. REËLINGS. Daar is nog kaartjies by juf. Groenewald te koop. Ouers, ry asb. vroeg aangesien die verkeer uit die stad baie erg is teen laatmiddag. Koorlede MOET om 17:00 reeds hulle plekke ingeneem het vir ‘n repetisie saam met Laurika. Dra asb. netjiese winterskooldrag.

Seniorkoor 6 Desember: Maak asb. ‘n aantekening van die Seniorkoor se optrede by Sing in Harmonie in Somerset Wes (Curro Sitari) op Donderdagaand 6 Desember. ALLE koorlede moet daar wees. Dis die finale. Dis die week voor die skole sluit. MOET ASB. NIE VROEG MET VAKANSIE GAAN NIE!

Indien daar ouers is wat belangstel om hulle kinders volgende jaar in te skryf vir musieklesse, kan julle reeds vir juf. Helecia name instuur na: helecia@jvrprim.co.za

Ons bied klavier, blokfluit, sang, teorie en moontlik ook van volgende jaar af, vioollesse, aan. Bestaande musiekleerders gaan net so aan, tensy anders versoek.

SPORT

Op Saterdag, 20 Oktober, word daar ‘n atletiekkliniek deur die Hoërskool aangebied. Ons atlete van O/11 – O/13 is almal welkom om dit by te woon. Die koste beloop R60 per atleet en word op die dag in kontant betaal. Mnr Joubert sal ook as een van die aanbieders optree. Indien u meer inligting wil hê, kan u die Hoërskool se Sportbestuurder, Ruvan Prinsloo ,kontak by ruvan.prinsloo@janvanriebeeck.co.za

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Ek is nie so mooi soos jy nie;

Ek is so mooi soos EK!

-Anoniem

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209