Die buitemuurse aktiwiteite foto’s wat onlangs geneem is, kan reeds bestel word. Voorbeelde van die foto’s is oorkant juf. Marli Klynsmith se klas opgesit. Dit is ook beskikbaar op die fotograaf se webtuiste, Lunchbox Photography. Volg die skakel om die foto’s te sien: FOTO’S

Foto’s kan deur die skool bestel word. Leerders sal ‘n koevertjie in hul rapport kry waarop foto’s bestel kan word. Maak seker jy skryf die korrekte fotokode van die foto’s wat jy wil bestel op die fotokoevert. Plaas die korrekte bedrag geld in die koevert en stuur dit terug skool toe. Indien jy die koevert verloor, kan jy direk deur die Lunchbox webtuiste bestel.