Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 28 September 2018 Sivvies

Vrydag, 28 September 2018 Skool sluit om 10:30

Saterdag, 6 Oktober 2018 Marinda Brink (Juffrou) verjaar

Dinsdag, 9 Oktober 2018 Bibi Stoffberg (Juffrou) verjaar

Dinsdag, 9 Oktober 2018 Suzaan Burger (Assistent) verjaar

Dinsdag, 9 Oktober 2018 Christopher Banda (terrein) verjaar

Dinsdag, 9 Oktober 2018 Skool heropen

Woensdag, 10 Oktober 2018 Buitemuurse program begin

Vrydag, 12 Oktober 2018 Gr.6:Lead4Life CONRADIEVELD

Saterdag, 13 Oktober 2018 Tweekamp Liga 2 JVR

Saterdag, 13 Oktober 2018 Swem: Distrik pre-proewe

Saterdag, 13 Oktober 2018 Kaperjolle CONRADIEVELD

Maandag, 15 Oktober 2018 Gr.7K: Gesk.uitstappie

Woensdag, 17 Oktober 2018 Tennis: Ligawedstryde

Woensdag, 17 Oktober 2018 Krieket: 0/11 Wedstryd

Woensdag, 17 Oktober 2018 Swemgala by Table View

Donderdag, 18 Oktober 2018 Kooroptrede met Laurika Rauch

Donderdag, 18 Oktober 2018 GEEN Sportoefening nie

Vrydag, 19 Oktober 2018 Ouer & Kindkamp CONRADIEVELD

Saterdag, 20 Oktober 2018 WOW Spelfees: Nasionaal

Maandag, 22 Oktober 2018 Gr.7H: Gesk.uitstappie

Woensdag,24 Oktober 2018 0/11 Krieketwedstryd

Woensdag,24 Oktober 2018 Tennis Ligawedstryd

Donderdag, 25 Oktober 2018: 0/13 Krieketwedstryd

Maandag, 29 Oktober 2018 Gr.7VR: Gesk.uitstappie

Maandag, 29 Oktober 2018 GEEN Sportoefening behalwe krieketwedstryd

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Begrotingsvergadering:

Woensdag 7 Nov.Ons skool se begrotingsvergadering sal wees op Woensdag 7 November om 19:00 en dit sal weer in die biblioteek plaasvind.

Vakansie

Ons hoop almal het ‘n lekker vakansie en sal sommer vol energie wees vir die baie bedrywige en volbelaaide laaste kwartaal.

ALGEMEEN

Die Dapper Stappers-span het Saterdag die Kromrivierroete in Du Toitskloofpas gestap. Dit was ‘n pragtige dag en die roete was vol uitdagings en rivierkruisings. Na ons byna ‘n tekkie verloor het, ‘n paar keer in die water beland het en almal se tekkies sopnat was, het ons by ‘n pragtige waterval middagete geniet. Dankie aan almal wat saam gestap het!

Baie geluk aan Ameli Snyman wat Jannie van die week is. Dankie dat jy so gereeld herwin. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenbewys.

Liewe Aarde wil weereens dringend die nuus versprei dat nr 1 plastiekhouers (PET) waarin aarbeie, druiwe, tamaties en ander delikate vrugte, asook vleis, verkoop word, geensins in Suid-Afrika herwin word nie. Dit gaan reguit landvul toe, in alle provinsies. (sien foto) Alleenlik nr 1 (PET) bottels word herwin.

Liewe Aarde het saam met PlasticsSA gaan ondersoek instel by Kraaifontein Material Recovery Facility waar alle huishoudelike herwinbare materiaal gesorteer word, en gesien hoe die ander plastieksoorte, karton en tetra-houers in massiewe bale gepak word, gereed vir herwinning.

Die nr 1 PET bakkies word egter saam met al die ander onherwinbare materiaal in groot houers op trokke na Vissershok landvul gestuur, waar dit vir die volgende duisend jaar (of meer) metaangasse vrystel!

Dink dus twee keer voor jy vrugte koop in hierdie enkelgebruik-plastiek, want dit word nie herwin nie. PE houers is ’n baie gevaarlike materiaal vir ons omgewing.

Ons skop die vierde kwartaal af met ‘n groot kuier, heerlike ete en speletjies pret. Dit gebeur op die 13de Oktober 2018 op die Conradieveld waar ons die Kaperjolle gaan hou. Ons sien baie uit daarna om ‘n heelike oggend vol pret saam met ons onderwysers, ouers, vriende en kinders te spandeer.

Die inskrywingsfooie vir die potjiekoskompetisie is R400 per potjie. Gebruik asseblief die skakel na die Googlevorm waarop u kan aandui dat u belangstel om in te skryf. Inskrywingbetalings kan elektronies in die skool se rekening inbetaal word of kan in ‘n koevert saam met die inskrywingsvorm na die klasonderwysers gestuur word.

Die verwysing wat gebruik moet word vir elektroniese betalings is POT/Naam.

GOOGLE VORM: Potjiekoskompetisie inskrywings

Ons sien daarna uit om julle heerlike potjies te proe!

Die potjiekos kompetisie gaan die oggend afskop en ons beplan om vanaf 14:00 die kos te bedien. Die ete-kaartjies is beskikbaar teen R100.00 vir volwassenes en R60 vir kinders. Die ete-kaartjies sluit ook nagereg in wat as vingerhappies bedien sal word.

Terwyl die potjies prut, gaan daar ook pannekoeke, gedraaide aartappelstokkies, ysies en boereworsrolletjies te koop wees. Dié van ons wat van ietsie soets hou, kan gerus ‘n draai maak by die koektafel. Daar gaan ook koffie, water, koeldrank, wyn en bier te koop wees. Hiervoor sal daar boekies met kaartjies verkoop word teen R100 per boekie.

Betalings vir die etekaartjies kan deur die:

Karri-toepassing (app) gedoen word of

Elektronies in die skool se rekening inbetaal word met die verwysing KOS/Naam/Klas of

Kontant skool toe gestuur word in ‘n koevert. Dui asseblief op die koevert aan : naam en van, klas, hoeveelheid ete-kaartjies en bedrag wat ingesluit is.

Die ete-kaartjies sal gedurende die eerste week van die 4de kwartaal uitgereik word.

Ons hoop dat julle almal die dag saam met ons sal kom geniet!!!

Daar heers reeds groot opwinding oor die Kaperjolle wat op die 13de Oktober 2018 gehou gaan word.

Sonder musiek is Kaperjolle nie Kaperjolle nie!! Kom luister saam met ons na ‘Erick & Daneel Duo’ wat musiek gaan maak, al die pad van Stellenbosch af.

Daar is ook geleentheid vir spesiale versoeke wat tussen die optredes gespeel gaan word vanaf ‘n liedjielys. Ouers, onderwysers en kinders is almal baie welkom om versoeke te rig.

Indien u ‘n liedjie van u keuse op die dag wil hoor , vul asseblief die vorm in.

VERSOEKE

AKADEMIE

kasarm

Wenner: Kaylin Grobler (Gr.6B)

Definisie: ‘n baie groot huis

Sin: Die ryk vrou woon in ‘n kasarm van ‘n huis.

Die skrywer, Troula Goosen ,het ons Graad 3-7 leerders hierdie week besoek.

Sy het leerders vertel waar haar stories vandaan kom en almal lus gemaak vir skryf en lees.

Sy is nie net die skrywer van Raaiselklip, Maanligmeermin en ses stories in Skool is ‘n Riller nie, maar ook ‘n uitstekende voorleser.

Baie dankie Troula Goosen en NB-uitgewers vir die besoek!

My naam is Nelle Bührmann en ek het 16 jaar onderwys ondervinding.

Ek is ook ‘n Opvoedkundige Terapeut.

As jou kind in Gr. 1 tot 4 is en jy voel jou kind het ekstra akademiese hulp nodig vir die laaste kwartaal, kan en sal ek graag help.

My kontak besonderhede: 083 376 9070 en nellebuhrmann@gmail.com

 

Ons top 3 presteerders van die week is:

3. Alexa Lombaard 1100 punte

2. Marcel Eygenberger 2060 punte

1. Delmar Benecke 3160 punte

Baie geluk Delmar!

---

KULTUUR

Die kaartjies begin nou vinnig uitverkoop. R120 elk.

Onthou: Albei kore sing en dis op 18 Oktober by Hoërskool Parow. Reëlings sal nog deurgegee word.

FOTO’S van hierdie kunswerke is te sien op die foto-carousel by KUNS.



Die gr. 1’s
het interaktiewe kunswerkies gemaak : ons het gleuwe in die papier gesny sodat ‘n “bal” geplak op ‘n sosatie-stokkie kan beweeg tussen die netbalspeler en doel of twee figuurtjies ‘n bal vir mekaar kan gooi. ‘n Strook stewige papier waarop ‘n sokkerbal geteken is, beweeg tussen twee gleuwe sodat die bal beweeg tussen die spelers.

Die gr.2’s het akrobate en ander sportfiguurtjies geteken (voor en agter) wat in stringe aan mekaar gelas en opgehang is. ( Soos julle sal sien het Spiderman, Captain Underpants en Lionel Messi ook ingesluip tussen die akrobate!) Ons het sommer nog ‘n projek laat saamval met die sporttema, nl. “Griekse potte/erdewerk” waartydens ons gesels het oor die oorsprong van die Olimpiese Spele.

Die gr 5’s het die kartondele van menslike figure aanmekaar gesit met papierhegters. Hulle moes op ‘n begin posisie vir die figuur besluit, dit afteken (trace) en dan daaropvolgende bewegings uitbeeld.

Groepsprojekte deur gr 6’se ( met behulp van ‘n paar helpers uit ander grade). Die meeste van die projekte was tegnologie gebaseerd (bv. kruk-asse). Draadfiguur -mobiele, werkende sokkertafel, atletiekbaan met bewegende atlete, ballerina-tolle, gewigopteller, “touspringer” en meer.

SPORT

Baie geluk aan Keegan Schoeman en Alexander Benecke wat gekies is om op 27 en 28 OKtober aan die WP O/11 Distrik-Krieketfees deel te neem.

Ons is baie trots op julle en wens julle alle sterkte toe!

Die nuwe swemafrigter, Joachim Roomaney, begin kwartaal 4 met swemafrigting. Hy het in 2007 as swemafrigter begin werk. In 2015 verlaat hy sy pos as lewensredder om voltyds as swemafrigter op te tree. Hy het as swemafrigter by Simon van der Stel en Swimlab opgetree.

Ons sien baie daarna uit om hom volgende kwartaal by Laerskool Jan van Riebeeck te verwelkom. Volg gerus die skakels indien julle bietjie vir “Coach” in aksie wil sien. E-posadres waar hy gekontak kan word: sport@jvrprim.co.za

IN AKSIE 1

IN AKSIE 2

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Dream big and dare to fail.

-Norman Vaughan

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209