Tennis by JvR gedurende 2019
Die meeste van die tennisouers sou teen hierdie tyd al gehoor of gesien het dat ons 'n nuwe tennisafrigter aangestel het vir 2019. Ons wil vir Matchpoint Tennis baie dankie sê vir hul diens en afrigting oor die laaste paar jare. Ons is bewus daarvan dat baie van ons leerders by hulle privaatafrigting ontvang. Ons het 'n ooreenkoms met Matchpoint Tennis aangegaan om 2 van ons bane gedurende sekere tye aan hulle te verhuur vir privaatafrigting. Ons verwelkom met baie opwinding vir Yurich Daniels en sy maatskappy Daniels Tennis Academy vanaf 2019 by ons. Van ons ouers wat in die Melkbos omgewing woon, mag hom dalk op die bane van Laerskool Van Riebeeckstrand gesien het waar hy vir 8 jaar afgerig het. Hulle gaan al ons skooltennis afrigting doen en is ook beskikbaar vir privaatlesse. Leerders sal 'n pamflet met meer inligting oor hul privaatlesse in hul rapport kry. Ouers sal ook sien dat ons die tennisoefeninge vir 2019 bietjie verander het .Al ons spanspelers gaan nou in die oggende oefen om te verseker dat hulle almal kan saam oefen. Volg ook die skakel om meer oor Yurich Daniels te...
SA Junior Skaakkampioenskappe
Baie geluk aan die volgende agt leerders wat almal deel is van die WP skaakspan wat gedurende die vakansie van 15 - 24 Desember in Boksburg aan die Suid-Afrikaanse Junior skaak kampioenskappe gaan deelneem. Ons wens hulle alles van die beste toe: *Emma Snijders (gr 1) speel vir die O/8 span *Louis Willem Bosman (gr 1) speel vir die O/10 B-span *Pertrus Bosman (gr 3) speel vir die O/10 A-span *Jan Karsten (gr 4) speel vir die O/12 span *Carla Snijders (gr 4) speel vir die O/12 span *Peet Karsten (gr 6) speel vir die O/14 span *Liezel Snijders (gr 6) speel vir die O/14 span *Gerard Snijders (gr 7) speel vir die O/14 span Definitief die eerste keer in die skool se geskiedenis dat 4 kinders van dieselfde gesin WP kleure in dieselfde sportsoort gekry het !!!...Baie trots op julle !!.....8 leerders uit slegs 3 gesinne...
Kaylin Grobler presteer by Dans eksamen
Baie geluk aan Kaylin Grobler wat 89% ontvang het vir haar Moderne Dans finale eksamen!
Gimnastiekprestasie
Baie geluk aan Paul-Philip Grobler, hy ontvang ‘n sertifikaat vir uitnemendheid asook ‘n medalje vir beste prestasie in “Mens Artistic Gymnastics Level 4” by sy gimnastiekklub. Hy word ook gekies om die Wes-Kaap te gaan verteenwoordig by die Gym Games en ontvang sy Wes-Kaap erekleure. Baie geluk Bencke,ons is sommer baie trots op jou...
Kuns en Kersliggies
Die Stad Kaapstad het onlangs ‘n kunskompetisie geloods om saam te val met die feesvieringe rondom die aanskakeling van die Kersliggies. ‘n Paar van ons leerders het deelgeneem en vier van hulle se werk is gekies as deel van die top 12. Die leerders is Adriaan Wessels, Lara Basson, Lia Luna Li Lätti en Simon van Dyk. Ons is baie trots op hulle aangesien daar meer as 500 werke onvang is van skole soos Rondebosch Prep, Rustenburg Primary en St. Cyprians. Die werk word uitgestal in die Burgersentrum tot 11 Januarie 2018. Daar is ook nog ‘n paar van ons leerders se werke te sien by die uitstalling. Onder is ‘n foto van die leerders saam met J.P. Smith wat die opening van die uitstalling behartig...
OOV Atletiek bedankings
'n Baie groot dankie aan al die ouers en helpers wat gesorg het dat die verkope tydens die atletiek verlede week so 'n sukses was. Ons het meer as R20 000 wins gemaak! Teken solank 23 Januarie in julle dagboeke aan vir 'n sosiale funksie vir ouers na die Bekendstellingsvergadering. Daar gaan 'n "food truck" met heerlike dinge om aan te smul,wees en ons sien uit om heerlik saam te...
Kleureatletiekbyeenkoms van 3-5 Desember
Baie dankie vir almal se geduld en ondersteuning in 'n week waar baie dinge gebeur het in die Jannies se lewens. Ons het sommer reën in Desember ook gehad. Ons deel graag met julle die finale uitslae van die atletiekbyeenkoms. Junior Victor Ludorum: Danny Newton Junior Victrix Ludorum: Sophia Liebenberg Senior Victor Ludorum: Alexander Newton Senior Victrix Ludorum: Jacomien van der Westhuizen Sang / Geesbeker: Oranjespan Wenspan: Blouspan, 1935 punte (Oranje het 1752 punte) Baie geluk aan almal. Ons sal later die span vir Interskole op 26 Januraie 2019 by Groenpunt Atletiekstadion,bekend maak. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2018/12/2018-FINALE-ATLETIEK-UITSLAE.pdf" title="2018-FINALE ATLETIEK...
BAIE BELANGRIK: BEURTKRAG
As gevolg van vanaand se beurtkrag ( 18:00-20:30 ), begin vanaand se verrigtinge 'n uur vroeër om nog 'n bietjie van die daglig te gebruik. Gr.6 & 7 leerders en eregaste, moet 17:30 by die skool wees en die verrigtinge begin stiptelik om 18:00.
Vandeesweek se nuusbrief
Ons sal nie dié week 'n NUUSBRIEF uitgee nie, maar wel volgende week op die 11de Desember.
Nuusbrief van 30 November 2018
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 30 November 2018 Nadia Stahmer (Juffrou) verjaar Saterdag, 1 Desember 2018 Tweekamp Liga 4 Saterdag, 1 Desember 2018 Tennis: Ouer & Kind-dubbelstoernooi Sondag, 2 Desember 2018 Drieankerbaai Kerssangdiens Maandag, 3 Desember 2018 ATLETIEK: Kleuresport Baanitems Dinsdag, 4 Desember 2018 Gr.4-5: Prysuitdeling SKOOLSAAL OM 19:00 Woensdag, 5 Desember 2018 ATLETIEK: Kleuresport Velditems SLEGS GR.3-7 Donderdag, 6 Desember 2018 Gr.6-7: Prysuitdeling SKOOLSAAL OM 19:00 Maandag, 10 Desember 2018 Veronica Sheperd (Nasorg) verjaar Maandag, 10 Desember 2018 Dramakonsert Dinsdag, 11 Desember 2018 Gr.7 - Afskeid Woensdag, 12 Desember 2018 Skool sluit vir die leerders >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Prysuitdelings: Baie dankie aan alle ouers en familie wat ons graad 1 tot 3 prysuitdelings bygewoon het. Ons hoop dat ons ook 'n goeie bywoning sal kry met die graad 4 tot 7 prysuitdeling, want dit is baie belangrik vir die leerders dat daar minstens een van hul ouers of voogde teenwoordig sal wees. Gr. 4 - 7 prysuitdeling: Die prysuitdelingsgeleenthede vind onderskeidelik op Dinsdag 4 Desember, vir graad 4 + 5 leerders en Donderdag 6 Desember, vir graad 6 + 7 leerders plaas. Albei geleenthede sal stiptelik om 19:00 begin. Leerders moet om 18:30 by hulle registerklasse met ons skool se korrekte somerdrag aanmeld van waar hulle as 'n klas saam na die saal sal stap. Agterste speelterrein: Onder leiding van ons terreinkomitee is daar agter op die speelterrein 'n pragtige blad met plaveisel vir gr. 6 en & 7 leerders om te sit, gebou. Gaan loer gerus daar ... en dan is ons baie opgewonde...
Kleuratletiek, 3 & 5 Desember
Ons herinner ouers net aan die volgende reëlings vir die atletiekbyeenkomste volgende week: 1. Ouers moet leerders die oggend by die Hoërskool se sportveld aflaai, die buskinders wat soggens met die Steyntjie skool toe kom, sal ook daar afgelaai word. Die hek sal teen 6:15 oop wees. 2. Maandag, 3 Desember, begin die optog om 7:30 en die dag maak ongeveer 14:00 klaar met die aflosse. OP Woensdag, 5 Desember, moet leerders asb teen 7:30 by die velde wees en dit maak ongeveer 14:00 klaar. 3. Indien leerders deelneem, trek hulle 'n t-hemp van hul kleurgroep aan. 4. Leerders neem deel volgens hul ouderdomsgroepe vir 2019. 5. Leerders ontvang 'n punt vir elke item waaraan hulle deelneem,ongeag waar hulle eindig. 5. Daar sal 'n snoepie en ander stalletjies met lekker eet-en drinkgoed op beide dae beskikbaar wees. 6. Die bekerwenners en wenspan sal Vrydag, 7 Desember, tydens 'n spesiale saalbyeenkoms aangekondig...
Tennisproewe vir Wes-Kaapkleure
Ons wens vir Jan Karsten en Fredrich Erasmus baie sterkte toe vir die naweek. Hulle speel Saterdag en Sondag vir posisies in die Wes-Kaapspan. Ons is baie trots op wat julle alreeds vermag het manne, geluk!
Sing in Harmonie uitsending
Uiteindelik!! Sing in Harmonie: Die datum waarop ons Seniorkoor uitgesaai word, is 13 Januarie om 17:00 op Kyknet Nou (Kanaal 146). Teken dit sommer nou al aan.
Atletiek: Diensbeurte van ouers
Daar gaan heerlike dinge te koop wees by albei atletiekdae. Dit sluit heerlike koffie, vars gemaakte geroosterde broodjies, boereworsrolle, donuts, roomys en ‘n snoepie in. Ons kort nog hulp met die verkoop van hierdie drink- en eetgoed en sal dit waardeer as julle ‘n tydjie kan afknyp en ‘n diensbeurt vul. Volg asb. die skakel om jou naam in te vul:...
Dansers presteer
Dansers van die Barbara Schreuder Dansskool het Vrydag, 16 Nov. 2018, by Kunstekaap (Artscape) aan die Performance Awards van die American Acadamy of Ballet Inc. (New York) deelgeneem. Hulle het almal pragtig gedans! Jenna Scott (JVR Hoër), Arwen Weich en Jana Brink het goud ontvang vir uitsonderlike ballet optredes. Sondag in die finale kompetisie, is Jana Brink as die algehele wenner van Level 4(10j) aangewys (daar was 4Levels) en sy het as prys ook ‘n borgskap van die American Academy of Ballet in New York ontvang, om volgende jaar die Summer School daar by te woon!! Baie geluk aan ons Jannies dansers, ons is trots op...
Belangrike Datums
augustus 2026