Die meeste van die tennisouers sou teen hierdie tyd al gehoor of gesien het dat ons ‘n nuwe tennisafrigter aangestel het vir 2019. Ons wil vir Matchpoint Tennis baie dankie sê vir hul diens en afrigting oor die laaste paar jare. Ons is bewus daarvan dat baie van ons leerders by hulle privaatafrigting ontvang. Ons het ‘n ooreenkoms met Matchpoint Tennis aangegaan om 2 van ons bane gedurende sekere tye aan hulle te verhuur vir privaatafrigting.
Ons verwelkom met baie opwinding vir Yurich Daniels en sy maatskappy Daniels Tennis Academy vanaf 2019 by ons. Van ons ouers wat in die Melkbos omgewing woon, mag hom dalk op die bane van Laerskool Van Riebeeckstrand gesien het waar hy vir 8 jaar afgerig het. Hulle gaan al ons skooltennis afrigting doen en is ook beskikbaar vir privaatlesse. Leerders sal ‘n pamflet met meer inligting oor hul privaatlesse in hul rapport kry. Ouers sal ook sien dat ons die tennisoefeninge vir 2019 bietjie verander het .Al ons spanspelers gaan nou in die oggende oefen om te verseker dat hulle almal kan saam oefen.
Volg ook die skakel om meer oor Yurich Daniels te lees.