Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 30 November 2018 Nadia Stahmer (Juffrou) verjaar

Saterdag, 1 Desember 2018 Tweekamp Liga 4

Saterdag, 1 Desember 2018 Tennis: Ouer & Kind-dubbelstoernooi

Sondag, 2 Desember 2018 Drieankerbaai Kerssangdiens

Maandag, 3 Desember 2018 ATLETIEK: Kleuresport Baanitems

Dinsdag, 4 Desember 2018 Gr.4-5: Prysuitdeling SKOOLSAAL OM 19:00

Woensdag, 5 Desember 2018 ATLETIEK: Kleuresport Velditems SLEGS GR.3-7

Donderdag, 6 Desember 2018 Gr.6-7: Prysuitdeling SKOOLSAAL OM 19:00

Maandag, 10 Desember 2018 Veronica Sheperd (Nasorg) verjaar

Maandag, 10 Desember 2018 Dramakonsert

Dinsdag, 11 Desember 2018 Gr.7 – Afskeid

Woensdag, 12 Desember 2018 Skool sluit vir die leerders

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Prysuitdelings:

Baie dankie aan alle ouers en familie wat ons graad 1 tot 3 prysuitdelings bygewoon het. Ons hoop dat ons ook ‘n goeie bywoning sal kry met die graad 4 tot 7 prysuitdeling, want dit is baie belangrik vir die leerders dat daar minstens een van hul ouers of voogde teenwoordig sal wees.

Gr. 4 – 7 prysuitdeling:

Die prysuitdelingsgeleenthede vind onderskeidelik op Dinsdag 4 Desember, vir graad 4 + 5 leerders en Donderdag 6 Desember, vir graad 6 + 7 leerders plaas. Albei geleenthede sal stiptelik om 19:00 begin. Leerders moet om 18:30 by hulle registerklasse met ons skool se korrekte somerdrag aanmeld van waar hulle as ‘n klas saam na die saal sal stap.

Agterste speelterrein:

Onder leiding van ons terreinkomitee is daar agter op die speelterrein ‘n pragtige blad met plaveisel vir gr. 6 en & 7 leerders om te sit, gebou. Gaan loer gerus daar … en dan is ons baie opgewonde om te sien hoe ons Nelson Mandela monument gaan lyk wat in ons voorste tuin aan die bou is! (Meer inligting hieroor in ‘n latere nuusbrief)

---

KULTUUR

Dansers van die Barbara Schreuder Dansskool het Vrydag, 16 Nov. 2018, by Kunstekaap (Artscape) aan die Performance Awards van die American Acadamy of Ballet Inc. (New York) deelgeneem. Hulle het almal pragtig gedans!

Jenna Scott (JVR Hoër), Arwen Weich en Jana Brink het goud ontvang vir uitsonderlike ballet optredes.

Sondag in die finale kompetisie, is Jana Brink as die algehele wenner van Level 4(10j) aangewys (daar was 4Levels) en sy het as prys ook ‘n borgskap van die American Academy of Ballet in New York ontvang, om volgende jaar die Summer School daar by te woon!!

Baie geluk aan ons Jannies dansers, ons is trots op julle!

Uiteindelik!!

Sing in Harmonie:

Die datum waarop ons Seniorkoor uitgesaai word, is 13 Januarie om 17:00 op Kyknet Nou (Kanaal 146). Teken dit sommer nou al aan.

SPORT

Daar gaan heerlike dinge te koop wees by albei atletiekdae. Dit sluit heerlike koffie, vars gemaakte geroosterde broodjies, boereworsrolle, donuts, roomys en ‘n snoepie in. Ons kort nog hulp met die verkoop van hierdie drink- en eetgoed en sal dit waardeer as julle ‘n tydjie kan afknyp en ‘n diensbeurt vul. Volg asb. die skakel om jou naam in te vul: DIENSBEURTE

Ons herinner ouers net aan die volgende reëlings vir die atletiekbyeenkomste volgende week:

1. Ouers moet leerders die oggend by die Hoërskool se sportveld aflaai, die buskinders wat soggens met die Steyntjie skool toe kom, sal ook daar afgelaai word. Die hek sal teen 6:15 oop wees.

2. Maandag, 3 Desember, begin die optog om 7:30 en die dag maak ongeveer 14:00 klaar met die aflosse. OP Woensdag, 5 Desember, moet leerders asb teen 7:30 by die velde wees en dit maak ongeveer 14:00 klaar.

3. Indien leerders deelneem, trek hulle ‘n t-hemp van hul kleurgroep aan.

4. Leerders neem deel volgens hul ouderdomsgroepe vir 2019.

5. Leerders ontvang ‘n punt vir elke item waaraan hulle deelneem,ongeag waar hulle eindig.

5. Daar sal ‘n snoepie en ander stalletjies met lekker eet-en drinkgoed op beide dae beskikbaar wees.

6. Die bekerwenners en wenspan sal Vrydag, 7 Desember, tydens ‘n spesiale saalbyeenkoms aangekondig word.

Ons wens vir Jan Karsten en Fredrich Erasmus baie sterkte toe vir die naweek. Hulle speel Saterdag en Sondag vir posisies in die Wes-Kaapspan. Ons is baie trots op wat julle alreeds vermag het manne, geluk!

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

What lies behind us and what lies before us are tiny matters compared to what lies within us.

Ralph Waldo Emerson

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209