Nuusbrief van 18 Januarie 2019
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Saterdag, 19 Januarie 2019 Muller Joubert (Onderwyser) verjaar Saterdag, 19 Januarie 2019 Redenaarswerkswinkel Saterdag, 19 Januarie 2019 Tweekamp: Liga 6 (Milnerton High School, 48 Pienaar Rd) Saterdag, 19 Januarie 2019 Redenaarsinligtingsessie Saterdag, 19 Januarie 2019 Tweekamp Liga 6 Maandag, 21 Januarie 2019 Akademiese komitee vergadering 17:30 Woensdag, 23 Januarie 2019 Krieketwedstryde: O/11 Woensdag, 23 Januarie 2019 Bekendstellingsvergadering (18:00 Klasse, 18:45 - 20:00 Saal) Donderdag, 24 Januarie 2019 Krieketwedstryde: O/13 Vrydag, 25 Januarie 2019 Toets: Gr.4 & 6 Afrikaans Vrydag, 25 Januarie 2019 Toets: Gr.5 & 7 Engels Saterdag, 26 Januarie 2019 Susan Oelofse (Nasorg) verjaar Saterdag, 26 Januarie 2019 Registrasie vir 2019 verkiesing Saterdag, 26 Januarie 2019 Atletiek Interskole Maandag, 28 Januarie 2019 Beheerraadsvergadering Woensdag, 30 Januarie 2019 Krieketwedstryde: O/11 vs Kronendal, TUIS (Jan Van Riebeeck Sportveld, 0A Quarry Hill Rd, Tamboerskloof) Donderdag, 31 Januarie 2019 Toets: Gr.6 Wiskunde Donderdag, 31 Januarie 2019 Krieketwedstryde: O/13 vs. Kronendal, TUIS (Jan Van Riebeeck Sportveld, 0A Quarry Hill Rd, Tamboerskloof) Donderdag, 31 Januarie 2019 Inskrywings WOW-redenaars Gr.6 & 7 sluit >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Belangrike inligting: Graad 1 ouers Ons hoop al die nuwe Graad 1 leerders en ouers begin nou tuis voel by ons skool. Lees gerus weer deur die Graad 1 inligtingsgids wat by laas jaar se inligtingsdag uitgedeel is. Daarin is die besonderhede van die oud-graad 1 ouers wat hulself beskikbaar stel om enige vrae oor ons skool te beantwoord. Die besonderhede van ons Trotste Jannie "Buddy" ouers is ook hieronder: 1. Me. Maresna van Schoor (woonagtig in die Weskus) 082 678 9436...
Laerskool J.v.R se WP-skaakspelers presteer gedurende Desember
Baie geluk aan die volgende leerders wat almal deel is van die WP-skaakspan wat gedurende die vakansie van 15 - 24 Desember in Boksburg aan die Suid-Afrikaanse Junior skaakkampioenskappe gaan deelneem het. Hulle het soos volg gevaar: Emma Snijders (O/8) se span het silwer gekry. Louis Willem Bosman (O/10 B) kry 3.5 uit 7 punte. Pertrus Bosman (O/10 A) het op bord 5 gespeel en kry 6.5 uit 7 en wen die bordprys. Hy het ook deelgeneem aan die SA O/10 Blitz kampioenskappe. Elke speler het 3 minute plus 2 sekondes inkrement per skuif gehad. Met 5.5 uit 7 punte het Petrus 4de geëindig. Laastens het Petrus deelgeneem aan die O/10 Wildcard toernooi. Hy het 7 uit 7 punte gekry en die toernooi gewen. Carla Snijders (O/12) se span het goud gekry en sy het haar bordprys gewen. Liezel Snijders (O/14) se span het silwer gekry. Gerard Snijders (O/14, nou in Hoërskool Jan van Riebeeck) se span het brons gekry en hy het sy bordprys gewen. Tswane het algeheel gewen en WP was 2de! Liezel, Petrus en Carla het gekwalifiseer vir die geslote kampioenskappe in Maart waar daar om SA kleure meegeding word. Baie geluk met julle uitstekende prestasies...
Jannies ontvang hul WP kleure vir tennis
Baie geluk aan Fredrich Erasmus wat Sondag sy WP pet ontvang het tydens hul “Capping” seremonie. Hy is deel van die O/11 spanne. Peet Karsten het ook sy WP pet tydens die “Capping” seremonie ontvang en het 'n tweede plek vir O/15 behaal !Ons is baie trots op...
Belangrike inligting: Graad 1 ouers
Ons hoop al die nuwe Graad 1 leerders en ouers begin nou tuis voel by ons skool. Lees gerus weer deur die Graad 1 inligtingsgids wat by laas jaar se inligtingsdag uitgedeel is. Daarin is die besonderhede van die oud-graad 1 ouers wat hulself beskikbaar stel om enige vrae oor ons skool te beantwoord. Die besonderhede van ons Trotste Jannie "Buddy" ouers is ook hieronder: 1. Me. Maresna van Schoor (woonagtig in die Weskus) 082 678 9436 maresna.vs@gmail.com 2. Me. Ingrid Schincariol (woonagtig in die stad) 082 653 1863 ingrid.schincariol@gmail.com 3. Me. Elaine Eksteen...
Trotse Jannie
Naam en van: Keisha Miguel Graad: 2E Waar bly jy?: Elsiesrivier Gunsteling vak: Ek hou van lees, skryf en inkleur. Ek is ‘n trotse Jannie, want ek hou van skool en veral van huiswerk doen.
Leerderraad 2019
Tydens die laaste saalopening van 2018 het ons die nuwe Leerderraad bekend gemaak. Baie geluk aan hierdie 12 leerders en sterkte vir die termyn wat voorlê! Alet Hitge, Alex Newton, Anna van Biljon, Dawid Adler, Jacomien van der Westhuizen, Jacques Loubser, Layla Erasmus, Liezel Snijders, Mari Swanepoel, Mia Nortje, Peet Karsten en Thornley...
Ekstra huiswerkklasse
Laat weet asseblief vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) indien u beskikbaar is om gedurende die jaar op een of ander manier met ekstra huiswerkklasse te help. Dankie aan diegene wat reeds betrokke is.
Redenaars werkswinkel kostes
Die koste vir Saterdag se werskwinkel beloop R120 per leerder. Bring asseblief Saterdag kontant saam om te betaal. Onthou om vir Andri Baird (andri@jvrprim.co.za) 'n e-pos te stuur indien u leerder die werkswinkel gaan bywoon.
The green team
Onthou julle The green team? Ons is 'n groep leerders wat wil help om die wêreld 'n beter plek te maak. Ons maak donasies bymekaar en gee dit vir mense en diere in nood, ons hou uitstappies en gaan na sopkombuise, diereskuilings en huise vir bejaardes toe en ons tel elke Donderdag vullis in parke en strate op. Ons eerste uitstappie is Donderdag, 24 Januarie. Jy kan van eie vervoer gebruik maak of ons om 16:00 by die afdakkie ontmoet en saam met ons De Waal park toe stap. Ons sal tot 16:30 besig wees. Bring elke maand R10 vir die mense en diere in nood. Daar sal sign-up bordjies in die skoolgange wees. Sien julle daar! Remember, the future is in our hands and it is our job to keep it healthy and safe! -The green...
Kitaarlesse
Ons is baie bly dat mnr. Shaun Berry, wat ook by die Hoërskool en by Reddam lesgee, juffrou Nicolene se kitaarleerders gaan oorneem. Hy sal Vrydag al die kitaarleerders roep en briefies huis toe stuur.
Redenaars inligtingsessie en werkswinkel
Soos op die kalender aangedui is, sal daar Saterdag, 19 Januarie, van 09:00 – 12:00 ‘n redenaars inligtingsessie en werkswinkel by die skool plaasvind. Die inligtingsessie sal julle (ouer en kind) meer inligting rakende die beplanning, skryf en voorbereiding van toesprake gee. Hierdie sessie sal gedurende die oggend plaasvind. ‘n Werkswinkel sal na afloop van die inligtingsessie plaasvind waar leerders hulp ontvang met die skryf, uiteensetting en oordra van ‘n redenaarstoespraak. Ouers is ook welkom om hierdie werkswinkel by te woon. Aangesien ATKV kenners hierdie voorbereiding met die leerders doen, sal daar kostes aan verbonde wees. Dit sal in die week aan julle bekend gemaak word. Laat weet my asseblief per e-pos, teen Donderdag 17 Januarie,indien u kind hierdie geleentheid gaan bywoon. Andri Baird...
Kooroefening 2 Februarie
Alle leerders wat gekies is om in die Seniorkoor (Gr. 4-7) te sing, het op Saterdag 2 Februarie van 9:00 - 12:30 'n kooroefening. Alle koorlede moet asb. daar wees. Baie nuwe musiek gaan aangeleer word.
Liewe Aarde
Liewe Aarde wens vir almal ‘n baie groen 2019 toe. Welkom aan alle nuwe gesinne. Ons hoop om julle ook by ons skool se herwinningsdepot te sien. Maak asb. seker julle weet hoe om reg te herwin….ons skool se webblad het al die nodige inligting: https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/herwinningsdepot/ Almal wat by die skool herwin, kan die laaste Woensdag van die maand sivvies dra. Maak ‘n regmerkie langs jou naam in die lêer by Matthews by die inryhek elke keer as jy herwin. Ons is op soek na nog ouers wat betrokke wil raak by Liewe Aarde. Maak asb. kontak met...
Nuusbrief van 11 Januarie 2019
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers,Datums Saterdag, 12 Januarie 2019 Leerderraad Lead4Life: 08:00 Maandag, 14 Januarie 2019 Estelle Slabber (Musiek) verjaar Maandag, 14 Januarie 2019 Alle buitemuurs begin Donderdag, 17 Januarie 2019 Jodene le Clus-Naylor (Admin) verjaar Vrydag, 18 Januarie 2019 Toets: Gr.5 & 7 Afrikaans Vrydag, 18 Januarie 2019 Toets: Gr.4 & 6 Engels Vrydag, 18 Januarie 2019 LO: Gr Assessering Saterdag, 19 Januarie 2019 Muller Joubert (Onderwyser) verjaar Saterdag, 19 Januarie 2019 Redenaarswerkswinkel Saterdag, 19 Januarie 2019 Redenaarsinligtingsessie Saterdag, 19 Januarie 2019 Tweekamp Liga 6 Saterdag, 19 Januarie 2019 Tweekamp: Liga 6 (Milnerton High School, 48 Pienaar Rd, Milnerton, Cape Town, 7441, South Africa)Maandag, 21 Januarie 2019 Akademiese komitee vergadering 17:30 Woensdag, 23 Januarie 2019 Krieketwedstryde: O/11 Woensdag, 23 Januarie 2019 Bekendstellingsvergadering (18:00 Klasse, 18:45 - 20:00 Saal) Donderdag, 24 Januarie 2019 Krieketwedstryde: O/13 >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Welkom terugOns hoop almal het lekker uitgerus en is vol energie vir 2019!'n Spesiale welkom aan al ons nuwe leerders en hulle ouers. Ons is seker dat almal gou sal aanpas en baie gelukkig by ons sal wees! As daar iets is wat pla, kom gesels gerus met my. My deur is oop vir enigeen wat wil kom gesels of net 'n koppie tee of koffie by my wil kom drink.Baie welkom ook aan ons nuwe onderwysers en ons is seker dat hulle gou baie gelukkig in ons "Jan van Riebeeck familie" sal wees. Hulle is:Grondslagfase assistent: Maricqe RoosGraad 3 - onderwyser: Lucinda CrousGraad 5 - onderwyser: Warren StomanGraad 5 - onderwyser: Bibi Janse van Rensburg(Bibi, voorheen Stoffberg, wat net vir...
Winnie the Pooh-karakterdag
Ons vier Vrydag, 18 Januarie, die verjaarsdag van die skrywer A.A. Milne (18 Januarie 1882 - 31 Januarie 1956) Trek aan soos jou gunsteling karakter uit die Winnie the Pooh-reeks!
Belangrike Datums
augustus 2026