Baie geluk aan die volgende leerders wat almal deel is van die WP-skaakspan wat gedurende die vakansie van 15 – 24 Desember in Boksburg aan die Suid-Afrikaanse Junior skaakkampioenskappe gaan deelneem het. Hulle het soos volg gevaar: Emma Snijders (O/8) se span het silwer gekry. Louis Willem Bosman (O/10 B) kry 3.5 uit 7 punte.

Pertrus Bosman (O/10 A) het op bord 5 gespeel en kry 6.5 uit 7 en wen die bordprys. Hy het ook deelgeneem aan die SA O/10 Blitz kampioenskappe. Elke speler het 3 minute plus 2 sekondes inkrement per skuif gehad. Met 5.5 uit 7 punte het Petrus 4de geëindig. Laastens het Petrus deelgeneem aan die O/10 Wildcard toernooi. Hy het 7 uit 7 punte gekry en die toernooi gewen. Carla Snijders (O/12) se span het goud gekry en sy het haar bordprys gewen. Liezel Snijders (O/14) se span het silwer gekry. Gerard Snijders (O/14, nou in Hoërskool Jan van Riebeeck) se span het brons gekry en hy het sy bordprys gewen. Tswane het algeheel gewen en WP was 2de! Liezel, Petrus en Carla het gekwalifiseer vir die geslote kampioenskappe in Maart waar daar om SA kleure meegeding word. Baie geluk met julle uitstekende prestasies !!