Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums 

Saterdag, 19 Januarie 2019    Muller Joubert (Onderwyser) verjaar  

Saterdag, 19 Januarie 2019    Redenaarswerkswinkel  

Saterdag, 19 Januarie 2019    Tweekamp: Liga 6  (Milnerton High School, 48 Pienaar Rd)

Saterdag, 19 Januarie 2019    Redenaarsinligtingsessie  

Saterdag, 19 Januarie 2019    Tweekamp Liga 6  

Maandag, 21 Januarie 2019    Akademiese komitee vergadering 17:30  

Woensdag, 23 Januarie 2019    Krieketwedstryde: O/11  

Woensdag, 23 Januarie 2019    Bekendstellingsvergadering (18:00 Klasse, 18:45 – 20:00 Saal)  

Donderdag, 24 Januarie 2019    Krieketwedstryde: O/13  

Vrydag, 25 Januarie 2019    Toets: Gr.4 & 6 Afrikaans  

Vrydag, 25 Januarie 2019    Toets: Gr.5 & 7 Engels  

Saterdag, 26 Januarie 2019    Susan Oelofse (Nasorg) verjaar  

Saterdag, 26 Januarie 2019    Registrasie vir 2019 verkiesing  

Saterdag, 26 Januarie 2019    Atletiek Interskole  

Maandag, 28 Januarie 2019    Beheerraadsvergadering  

Woensdag, 30 Januarie 2019    Krieketwedstryde: O/11 vs Kronendal, TUIS  (Jan Van Riebeeck Sportveld, 0A Quarry Hill Rd, Tamboerskloof)

Donderdag, 31 Januarie 2019    Toets: Gr.6 Wiskunde  

Donderdag, 31 Januarie 2019    Krieketwedstryde: O/13 vs. Kronendal, TUIS  (Jan Van Riebeeck Sportveld, 0A Quarry Hill Rd, Tamboerskloof)

Donderdag, 31 Januarie 2019    Inskrywings WOW-redenaars Gr.6 & 7 sluit  

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Ons hoop al die nuwe Graad 1 leerders en ouers begin nou tuis voel by ons skool. Lees gerus weer deur die Graad 1 inligtingsgids wat by laas jaar se inligtingsdag uitgedeel is. Daarin is die besonderhede van die oud-graad 1 ouers wat hulself beskikbaar stel om enige vrae oor ons skool te beantwoord. Die besonderhede van ons Trotste Jannie “Buddy” ouers is ook hieronder:   

1. Me. Maresna van Schoor (woonagtig in die Weskus) 082 678 9436 maresna.vs@gmail.com  

2. Me. Ingrid Schincariol (woonagtig in die stad) 082 653 1863 ingrid.schincariol@gmail.com  

3. Me. Elaine Eksteen elaine.eksteen@mweb.co.za

ALGEMEEN

Liewe Aarde wens vir almal ‘n baie groen 2019 toe.

Welkom aan alle nuwe gesinne. Ons hoop om julle ook by ons skool se herwinningsdepot te sien. Maak asb. seker julle weet hoe om reg te herwin….ons skool se webblad het al die nodige inligting: https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/herwinningsdepot/

Almal wat by die skool herwin, kan die laaste Woensdag van die maand sivvies dra. Maak ‘n regmerkie langs jou naam in die lêer by Matthews by die inryhek elke keer as jy herwin. Ons is op soek na nog ouers wat betrokke wil raak by Liewe Aarde. Maak asb. kontak met suna.karsten@gmail.com.

Onthou julle The green team? Ons is ‘n groep leerders wat wil help om die wêreld ‘n beter plek te maak. Ons maak donasies bymekaar en gee dit vir mense en diere in nood, ons hou uitstappies en gaan na sopkombuise, diereskuilings en huise vir bejaardes toe en ons tel elke Donderdag vullis in parke en strate op. Ons eerste uitstappie is Donderdag, 24 Januarie. Jy kan van eie vervoer gebruik maak of ons om 16:00 by die afdakkie ontmoet en saam met ons De Waal park toe stap. Ons sal tot 16:30 besig wees. Bring elke maand R10 vir die mense en diere in nood. Daar sal sign-up bordjies in die skoolgange wees. Sien julle daar!   Remember, the future is in our hands and it is our job to keep it healthy and safe! -The green team

Tydens die laaste saalopening van 2018 het ons die nuwe Leerderraad bekend gemaak. Baie geluk aan hierdie 12 leerders en sterkte vir die termyn wat voorlê!

Alet Hitge, Alex Newton, Anna van Biljon, Dawid Adler, Jacomien van der Westhuizen, Jacques Loubser, Layla Erasmus, Liezel Snijders, Mari Swanepoel, Mia Nortje, Peet Karsten en Thornley Webber.

Naam en van: Keisha Miguel

Graad: 2E

Waar bly jy?: Elsiesrivier

Gunsteling vak: Ek hou van lees, skryf en inkleur.

Ek is ‘n trotse Jannie, want ek hou van skool en veral van huiswerk doen.

AKADEMIE

Soos op die kalender aangedui is, sal daar Saterdag, 19 Januarie, van 09:00 – 12:00 ‘n redenaars inligtingsessie en werkswinkel by die skool plaasvind. Die inligtingsessie sal julle (ouer en kind) meer inligting rakende die beplanning, skryf en voorbereiding van toesprake gee. Hierdie sessie sal gedurende die oggend plaasvind.

‘n Werkswinkel sal na afloop van die inligtingsessie plaasvind waar leerders hulp ontvang met die skryf, uiteensetting en oordra van ‘n redenaarstoespraak. Ouers is ook welkom om hierdie werkswinkel by te woon.

Aangesien ATKV kenners hierdie voorbereiding met die leerders doen, is daar kostes aan verbonde. Die koste vir die werskwinkel beloop R120 per leerder. Bring asseblief Saterdag kontant saam om te betaal.

Laat weet my asseblief per e-pos, teen Donderdag 17 Januarie,indien u kind hierdie geleentheid gaan bywoon.

Andri Baird

andri@jvrprim.co.za

Laat weet asseblief vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) indien u beskikbaar is om gedurende die jaar op een of ander manier met ekstra huiswerkklasse te help.  Dankie aan diegene wat reeds betrokke is.

---

KULTUUR

Kom kuier saam op 13 Februarie 2019 vir ‘n aand saam met Stef Bos. Die unieke, geliefde en energieke sanger tree op by Laerskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Die konsert is ten bate van beurse vir diversiteitsontwikkeling by dié skool.

Dié Hollander wat ook sy hart vir Kaapstad gegee het, is bekend vir sy sang-vertolking, maar ook vir sy betekenisvolle lirieke. Sy konserte is gewoonlik ‘n versameling lekker en roerende liedjies in Afrikaans en Hollands – met ‘n storie op die regte tyd. Die konsert begin om 19:00. Besprekings kan gemaak word op Quicket.

Alle leerders wat gekies is om in die Seniorkoor (Gr. 4-7) te sing, het op Saterdag 2 Februarie van 9:00 – 12:30 ‘n kooroefening. Alle koorlede moet asb. daar wees. Baie nuwe musiek gaan aangeleer word.

Ons is baie bly dat mnr. Shaun Berry, wat ook by die Hoërskool en by Reddam lesgee, juffrou Nicolene se kitaarleerders gaan oorneem. Hy sal Vrydag al die kitaarleerders roep en briefies huis toe stuur.

SPORT

Baie geluk aan Fredrich Erasmus wat Sondag sy WP pet ontvang het tydens hul “Capping” seremonie. Hy is deel van die O/11 spanne. Peet Karsten het ook sy WP pet tydens die “Capping” seremonie ontvang en het ‘n tweede plek vir O/15 behaal! Ons is baie trots op julle, manne!

Baie geluk aan die volgende leerders wat almal deel is van die WP-skaakspan wat gedurende die vakansie van 15 – 24 Desember in Boksburg aan die Suid-Afrikaanse Junior skaakkampioenskappe gaan deelneem het. Hulle het soos volg gevaar:



Emma Snijders (O/8) se span het silwer gekry. Louis Willem Bosman (O/10 B) kry 3.5 uit 7 punte. Pertrus Bosman (O/10 A) het op bord 5 gespeel en kry 6.5 uit 7 en wen die bordprys. Hy het ook deelgeneem aan die SA O/10 Blitz kampioenskappe. Elke speler het 3 minute plus 2 sekondes inkrement per skuif gehad. Met 5.5 uit 7 punte het Petrus 4de geëindig. Laastens het Petrus deelgeneem aan die O/10 Wildcard toernooi. Hy het 7 uit 7 punte gekry en die toernooi gewen. Carla Snijders (O/12) se span het goud gekry en sy het haar bordprys gewen. Liezel Snijders (O/14) se span het silwer gekry. Gerard Snijders (O/14, nou in Hoërskool Jan van Riebeeck) se span het brons gekry en hy het sy bordprys gewen. Tswane het algeheel gewen en WP was 2de! Liezel, Petrus en Carla het gekwalifiseer vir die geslote kampioenskappe in Maart waar daar om SA kleure meegeding word. Baie geluk met julle uitstekende prestasies!!

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

A hero

is an ordinary individual

who finds the strength

to persevere and endure in spite of

overwhelming obstacles.

– Christopher Reeve

 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209