Soos op die kalender aangedui is, sal daar Saterdag, 19 Januarie, van 09:00 – 12:00 ‘n redenaars inligtingsessie en werkswinkel by die skool plaasvind. Die inligtingsessie sal julle (ouer en kind) meer inligting rakende die beplanning, skryf en voorbereiding van toesprake gee. Hierdie sessie sal gedurende die oggend plaasvind.

‘n Werkswinkel sal na afloop van die inligtingsessie plaasvind waar leerders hulp ontvang met die skryf, uiteensetting en oordra van ‘n redenaarstoespraak. Ouers is ook welkom om hierdie werkswinkel by te woon.

Aangesien ATKV kenners hierdie voorbereiding met die leerders doen, sal daar kostes aan verbonde wees. Dit sal in die week aan julle bekend gemaak word.

Laat weet my asseblief per e-pos, teen Donderdag 17 Januarie,indien u kind hierdie geleentheid gaan bywoon.

Andri Baird
andri@jvrprim.co.za