Liewe Aarde wens vir almal ‘n baie groen 2019 toe.

Welkom aan alle nuwe gesinne. Ons hoop om julle ook by ons skool se herwinningsdepot te sien. Maak asb. seker julle weet hoe om reg te herwin….ons skool se webblad het al die nodige inligting: https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/herwinningsdepot/

Almal wat by die skool herwin, kan die laaste Woensdag van die maand sivvies dra. Maak ‘n regmerkie langs jou naam in die lêer by Matthews by die inryhek elke keer as jy herwin. Ons is op soek na nog ouers wat betrokke wil raak by Liewe Aarde. Maak asb. kontak met suna.karsten@gmail.com.