Onthou julle The green team? Ons is ‘n groep leerders wat wil help om die wêreld ‘n beter plek te maak. Ons maak donasies bymekaar en gee dit vir mense en diere in nood, ons hou uitstappies en gaan na sopkombuise, diereskuilings en huise vir bejaardes toe en ons tel elke Donderdag vullis in parke en strate op. Ons eerste uitstappie is Donderdag, 24 Januarie. Jy kan van eie vervoer gebruik maak of ons om 16:00 by die afdakkie ontmoet en saam met ons De Waal park toe stap. Ons sal tot 16:30 besig wees. Bring elke maand R10 vir die mense en diere in nood. Daar sal sign-up bordjies in die skoolgange wees. Sien julle daar!
Remember, the future is in our hands and it is our job to keep it healthy and safe!
-The green team