Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums 

Saterdag, 12 Januarie 2019    Leerderraad Lead4Life: 08:00  
Maandag, 14 Januarie 2019    Estelle Slabber (Musiek) verjaar  
Maandag, 14 Januarie 2019    Alle buitemuurs begin  
Donderdag, 17 Januarie 2019    Jodene le Clus-Naylor (Admin) verjaar  
Vrydag, 18 Januarie 2019    Toets: Gr.5 & 7 Afrikaans  
Vrydag, 18 Januarie 2019    Toets: Gr.4 & 6 Engels  
Vrydag, 18 Januarie 2019    LO: Gr Assessering  
Saterdag, 19 Januarie 2019    Muller Joubert (Onderwyser) verjaar  
Saterdag, 19 Januarie 2019    Redenaarswerkswinkel  
Saterdag, 19 Januarie 2019    Redenaarsinligtingsessie  
Saterdag, 19 Januarie 2019    Tweekamp Liga 6  
Saterdag, 19 Januarie 2019    Tweekamp: Liga 6  (Milnerton High School, 48 Pienaar Rd, Milnerton, Cape Town, 7441, South Africa)
Maandag, 21 Januarie 2019    Akademiese komitee vergadering 17:30  
Woensdag, 23 Januarie 2019    Krieketwedstryde: O/11  
Woensdag, 23 Januarie 2019    Bekendstellingsvergadering (18:00 Klasse, 18:45 – 20:00 Saal)  
Donderdag, 24 Januarie 2019    Krieketwedstryde: O/13  

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Welkom terug

Ons hoop almal het lekker uitgerus en is vol energie vir 2019!

‘n Spesiale welkom aan al ons nuwe leerders en hulle ouers. Ons is seker dat almal gou sal aanpas en baie gelukkig by ons sal wees! As daar iets is wat pla, kom gesels gerus met my. My deur is oop vir enigeen wat wil kom gesels of net ‘n koppie tee of koffie by my wil kom drink.

Baie welkom ook aan ons nuwe onderwysers en ons is seker dat hulle gou baie gelukkig in ons “Jan van Riebeeck familie” sal wees. Hulle is:

Grondslagfase assistent: Maricqe Roos
Graad 3 – onderwyser: Lucinda Crous
Graad 5 – onderwyser: Warren Stoman
Graad 5 – onderwyser: Bibi Janse van Rensburg
(Bibi, voorheen Stoffberg, wat net vir ‘n kwartaal nie by ons was nie!)

Verdere inligting oor Heidre Ehlers se welstand: Sy is gediagnoseer met ‘n ligte graad van Veelvuldige Sklerose (MS) wat natuurlik ‘n groot skok vir haar en ons almal is. Sy word volgende week by Netcare opgeneem om kortisoon behandeling te ontvang en is deur die neuroloog vir ‘n kwartaal op siekteverlof geplaas. Ons was so gelukkig om ‘n ervare grondslagfase onderwyseres in haar plek te kry vanaf Maandag. Sy is vertroud met ons skool. Zaresa het lank hier Kuns onderrig. Ons wens vir Heidre alle sterkte toe en glo sy sal sommer gou baie beter voel!

‘n Paar reëlings

1. Daar moet vir elke leerder in die skool ‘n algemene vervoervrywaringsvorm ingevul word. Stuur dit asseblief terug na die registeronderwyser.

2. Elke jongste en enigste kind per gesin het die nuutste weergawe van die ouerhandleiding ontvang.

3. Graad 5 – 7-leerders se verpligte huiswerkboekies is uitgedeel en die graad 4’s sal eers vanaf Julie 2019 in hul huiswerkboekies werk.

4. Maak asseblief seker dat u inligting (selnommer en e-posadres) op die webwerf korrek is.

ALGEMEEN

Die eerste nuusbrief van die jaar word altyd as ‘n hardekopie aan alle ouers uitgedeel. Daarna kry slegs ouers wat nie internettoegang het nie ‘n hardekopie. Die nuusbrief word elke Vrydag aan ouers ge-e-pos, mits jy op jou profiel op die skool se webtuiste aangedui het jy wil die nuusbrief ontvang.

Indien jy nie kan aanteken op die webtuiste om te kies om die nuusbrief te ontvang nie, stuur asb. ‘n e-pos aan Suzaan Burger (suzaan@jvrprim.co.za). 

Die skool gebruik Whatsapp om dringende kommunikasie aan ouers deur te gee. Indien jy nie die Whatsapps ontvang nie, maar graag wil, maak seker jou kommunikasie voorkeure en selfoonnommer op jou profiel op die skool se webtuiste is korrek en maak ook seker dat jy die skool se selfoonnommer in jou selfoon gestoor het: 0661434003. Dit word slegs vir eenrigtingkommunikasie gebruik. Moet asb. nie boodskappe aan hierdie nommer stuur nie. 

Ons skool beskik oor ‘n moderne snoepie wat gesonde eetgoed verkoop.

Die snoepie is elke dag van die week oop gedurende eerste en tweede pouse.

Om Graad 1 leerders kans te gee om eers aan hul nuwe omgewing gewoond te raak, kry hulle Vrydae gedurende eerste pouse ‘n afsonderlike geleentheid om eetgoed by die snoepie te koop.

OM ‘N BESTELLING AANLYN TE DOEN:
1. Kliek op die SKAKEL om ‘n Google vorm in te vul om u bestelling te plaas.
2. Die vorm moet vir elke leerder apart ingevul word.
3. Vul elke week ‘n vorm in voor of op Vrydag, 09:00 vir die volgende week se bestelling.
4. Kontant kan in ‘n duidelik gemerkte koevert op Maandae by die registeronderwyser ingehandig word. Kontant kan ook direk by die snoepie inbetaal word. 

Snapscan/kontant
Maandae: 7:20-8:00.
Dinsdae: 13:30 – 14:30.
Woensdae: 7:20-8:00.
Donderdae: 13:30 – 14:30.
Addisioneel oop: 11/01 Vrydag 7:20-8:00
Aanlynaankope: https://www.treadleclothing.co.za/shop/

Daar is ‘n nuwe busvervoer-koordineerder vir 2019 aangewys. Volg hierdie SKAKEL vir enige inligting rakende busvervoer.

Vanjaar beplan ons iets lekker vir die ouers na die Bekendstellingsvergadering op 23 Januarie 2019. Soos in die verlede, ontmoet ouers die onderwysers in die klasse om 18:00 waarna ouers na die saal beweeg vir die Bekendstelling van verskeie onderwysers en ouers in bestuursposisies. Na afloop van die vergadering kan ouers heerlik saam kuier met iets te ete en te drinke aan die Kloofstraat gedeelte van die terrein. Boulevard 82 gaan sorg vir heerlike kosse – ‘n paar lusmakers is hier aangeheg. Hou asb. julle e-posse dop vir meer inligting. Vir die kleiner kinders sal dit in hulle huiswerkboeke geplak word. Bestellings moet afgehandel wees teen 21 Januarie, so julle sal gou moet spring om nie hierdie heerlike aand mis te loop nie. Daar sal ook nagereg, koffie en iets sterker te drinke wees om op die aand te koop.

Vir enige verdere inligting ,kontak asb. vir Ria Hertzog (oov@jvrprim.co.za of 082 320 3288)

AKADEMIE

Ons vier Vrydag, 18 Januarie, die verjaarsdag van die skrywer
A.A. Milne (18 Januarie 1882 – 31 Januarie 1956)
Trek aan soos jou gunsteling karakter uit die Winnie the Pooh-reeks!

---

KULTUUR

Kom kuier saam op 13 Februarie 2019 vir ‘n aand saam met Stef Bos. Die unieke, geliefde en energieke sanger tree op by Laerskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Die konsert is ten bate van beurse vir diversiteitsontwikkeling by dié skool.

Dié Hollander wat ook sy hart vir Kaapstad gegee het, is bekend vir sy sang-vertolking, maar ook vir sy betekenisvolle lirieke. Sy konserte is gewoonlik ‘n versameling lekker en roerende liedjies in Afrikaans en Hollands – met ‘n storie op die regte tyd. Die konsert begin om 19:00. Besprekings kan gemaak word op Quicket.

Viool

Juffrou Hannelize Gravel sal op ‘n Maandag beskikbaar wees vir vioollesse by die skool. Kontak haar gerus self by 0734275767.

SPORT

Ons het in 2018 die meeste van ons leerders in groepe verdeel om die groepe so klein as moontlik te hou vir swemoefeninge. Ons gaan steeds voort met hierdie groepe. Die lys met GROEPE is op die swemblad van die webtuiste beskikbaar en ‘n kopie daarvan is in die klasse  opgesit sodat leerders kan sien waar hul naam verskyn. Indien hul naam nie op die lys is nie, kan hulle met juffrou Hanekom gesels of hul ouers kan ‘n e-pos aan sport@jvrprim.co.za stuur sodat ons hulle dan in ‘n groep kan plaas.

Gr.1 swemoefening gaan nie van 14-18 Januarie plaasvind nie. Leerders gaan ‘n brief ontvang wat ouers asb. moet voltooi. Daarop moet julle aandui watter dag jou kind die oefening sal kan bywoon. Ons moedig leerders aan om aan ander sportsoorte ook deel te neem. 

Ons het aan alle leerders wat vir die voorlopige Interskole atletiekspan kwalifiseer, ‘n brief met meer inligting oorhandig.
Hulle moet asb. alle oefenige vir die volgende 2 weke voor die byeenkoms bywoon.

Indien daar enige nuwe of ander leerders is wat nie die Kleursportdag kon bywoon nie, maar wat graag aan die Interskole wil deelneem, moet hulle voor 16 Janaurie met Juffrou Hanekom gesels of  ‘n e-pos aan die sportkantoor stuur. Ons kan dan reël dat hy/sy teen die atleet deelneem wat vir die items gekwalifiseer het om te sien of hy/sy kwalifiseer.

Tennisoefening vir 2019 gaan effens anders werk as vorige jare. Ons gaan soggens met ons spanspelers oefen en in die middae met spelers wat nie op die ranglys verskyn nie. Indien die afrigters dan voel dat daar ‘n speler/s is wat iemand op die ranglys kan daag, sal ons ‘n daagwedstryd reël. Die oefeninge vir Gr. 1 -3 leerders is oop vir almal. Spelers kan oefeninge op albei dae bywoon of net een dag indien hulle aan ander sport deelneem.

Seuns ranglys:
1. Peet Karsten
2. Alexander Newton
3. Jan Karsten
4. Fredrich Erasmus
5. Marcel Eygenberger
6. Daniel van Reenen
7. Jacques Loubser
8. Sebastian Maree
9. Sebastian Boshoff
10. Lukas Wasserman
Dogters ranglys:
1. Leila Lonte
2. Mia Symington
3. Jacomien van der Westhuizen
4. Heloise Strauss
5. Katrien Stimie
6. Chiara Roodt
7. Nina Badenhorst

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

Doen dinge reg – dan is jy knap.
Doen die regte dinge – dan is jy bydertyds.
Doen die regte dinge reg – eers dan is jy doeltreffend.
– Anoniem


Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen
SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209