Roelf van der Merwe ontvang sy Wes-Kaap Gimnastiek kleure.

Roelf van der Merwe het Saterdag aan die Wes-Kaap kompetisie deelgeneem en dit het baie goed gegaan met hom. Hy is opgeneem in die Wes-Kaap span en neem deel aan die SA’s kompetisie gedurende die September skoolvakansie. Hy ontvang dus sy Wes-Kaap kleure. Sy gemiddelde prestasie vir die 6 dissiplines (vloer, rekstok, ringe, parallelle stawe, sprong en pommel) was 8.89 uit 10. Hy het ‘n brons toekenning ontvang vir die rekstok en ‘n silwer toekenning vir die parallelle stawe. Baie geluk Roelf! Ons is baie trots op...

Wow-spelkompetisie

Een-en-twintig Jannies het Saterdag aan die distrikronde van die Wow-spelkompetisie by Delft Primêr deelgeneem. Die kompetisie was straf, maar ons spellers het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Baie geluk aan die volgende drie kinders wat gekwalifiseer het om Saterdag, 7 September, aan die provinsiale kompetisie in Stellenbosch deel te neem. Ons is baie trots op julle! Katryn Silvis (gr.1) slaan 'n silwer medalje los! Mieke Hertzog (gr.5) eindig vierde. Jana Brink (gr.6) palm die goue medalje...

Nuusbrief van 23 Augustus 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 23 Augustus 2019 Skaak: Paarl Boys Skaaktoernooi, WEG Vrydag, 23 Augustus 2019 Skaak: O/11 Ligawedstryd vs. Forres (TUIS) Saterdag, 24 Augustus 2019 Ben Reynecke (Musiek) verjaar Saterdag, 24 Augustus 2019 Dapper Stappers Saterdag, 24 Augustus 2019 Gr.7-studiemetodes (Elevate) Saterdag, 24 Augustus 2019 Wow Spelkompetisie - Distrikkompetisie Dinsdag, 27 Augustus 2019 Gr.7 Sosiale media ouer- en kindinligtingsessie 18:30 (Skoolsaal) Dinsdag, 27 Augustus 2019 Hokkie: O/9 Seuns Durbanville Voorbereiding Toernooi (WEG) Woensdag, 28 Augustus 2019 Liewe Aarde: Herwinning sivvies Woensdag, 28 Augustus 2019 Hokkie: O/9 Dogters Durbanville Voorbereiding Toernooi (WEG) Donderdag, 29 Augustus 2019 Entrepreneursdag Vrydag, 30 Augustus 2019 Toets: Gr.7 Tegnologie Vrydag, 30 Augustus 2019 Assessering: Gr.4 - 6 Geskiedenis Vrydag, 30 Augustus 2019 Sivvies Vrydag, 30 Augustus 2019 Skaak: Wes-Kaap Top Skole Saterdag, 31 Augustus 2019 Phillip Chimukuyu (Terrein) verjaar Saterdag, 31 Augustus 2019 Sewes Toernooi Saterdag, 31 Augustus 2019 Skaak: Wes-Kaap Top Skole Sondag, 1 September 2019 Skaak: Wes-Kaap Top Skole Maandag, 2 September 2019 Liezel de Jager (Juffrou) verjaar Maandag, 2 September 2019 Beheerraadvergadering Dinsdag, 3 September 2019 Sanna Molepo (Terrein) verjaar Woensdag, 4 September 2019 Ellerton Markdag Woensdag, 4 September 2019 Patrick Chadzuka (Terrein) verjaar Vrydag, 6 September 2019 Loslitdag (Tema: "Time to Shine") Vrydag, 6 September 2019 Tennis: O/11 Paarl Boys Toernooi WEG >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Nuus van die beheerraad - Skoolhoof-aanstelling Soos julle weet, tree Mnr. Oosthuizen af teen die einde van die jaar. Na ‘n lang en indringende soektog het die skoolhoof-komitee besluit om nie ‘n aanstelling te maak nie. Ons het enkele goeie kandidate...

Buitemuurse program vir 2-6 September

Die winter buitemuurse program eindig op Vrydag, 30 Augustus vir die meeste sportkodes en ons wil ‘n inleidende week vir die SOMER BUITEMUURSE PROGRAM hou. Daar is egter enkele spesiale reëlings wat op sommige sportkodes van toepassing gaan wees. Sien die onderstaande inligting: Swem: Ons gaan vanaf die vierde kwartaal die swemskool Swimmable by ons skool verwelkom. Swimmable gaan gedurende hierdie week en in die laaste week van die kwartaal, hulself aan ons swemmers en ouers tydens die onderskeie swemoefeninge bekend stel. Volg asb. die SKAKEL om jou kind/ers se name op die Google Sheet in te vul en ‘n plek vir een van hierdie middae te verseker. Daar sal slegs ‘n beperkte hoeveelheid kinders per sessie toegelaat word. Hierdie reëling is vir kontrolebeheer en almal se veiligheid. Tennis: Die sessies wat in die oggende voor skool aangebied gaan word, is slegs vir spelers wat ons alreeds geïdentifiseer het vir verskeie toernooie wat binnekort plaasvind. Almal is welkom by die middagsessies soos aangedui op die program. Atletiek: Gedurende hierdie week gaan ons net met die tweekamp atlete (wat met mnr. Hanekom hul deelname bevestig het) en die geïdentifiseerde atlete vir die Bredasdorp Top 10 oefen. Die Bredasdorp atlete is geïdentifiseer na aanleiding van hul uitslae van die Distrik en / of provinsiale byeenkomste aan die begin van 2019. Ons sal hul ouers direk kontak. In die vierde kwartaal is almal welkom om weer oefeninge by te woon. Netbal: Die O/11 A en O/13 A spanne oefen steeds ter voorbereiding van die CTPS (WP) Netbal finale wat op 7 September plaasvind. Die O/12 groep wat oefen, is ‘n deurlopende program...

Dirkie Uys Interskole, 17 Aug

Op Saterdag, 17 Augustus, het Laerskool en Hoërskool Jan van Riebeeck die pad gevat na Moorreesburg om aan die jaarlikse Interskole te gaan deelneem. Hierdie is 'n heerlike dag waarop beide skole deelneem. Die wind het ons hierdie jaar amper weggewaai, maar almal het dit steeds geniet. Rugbyuitslae: O/7 A verloor 2-4; O/7 B verloor 4-5 O/8 gelyk 0-0 O/9 A wen 5-0; O/9 B wen 1-0 O/11 A verloor 7-12 O/13 A verloor 12-29 Netbaluitslae: O/9 A verloor 4-10; O/9 B wen 8-0 O/10 A wen 10-4; O/10 B verloor 5-9 O/12 A verloor 1-25; O/12 B verloor 0-12 O/13 A verloor 12 - 14; O/13 B wen...

Uitslae van WP byeenkoms

Baie geluk aan Scarlett van der Merwe wat 12de geëindig het by die WP Champs wat op 17 Augustus plaasgevind het. Sy gaan nou deur na die Wes-Kaap Skole Sport Landloop Kampioenskappe wat op Saterdag, 31 Augustus ,by die Hottentots Holland Senior Sekondêre skool in die Strand gaan...

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannie van die week, Leah de Kock in Graad 2 VZ. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Drie stappe vir effektiewe herwinning: WAS, DRUK en KIES WAS: was alle glashouers, blikkies en plastiekhouers voordat julle herwin, anders begin dit sleg ruik. Vuil houers kontamineer ook die materiale wat herwin kan word. DRUK: druk blikkies en bokse plat en pers die plastiekhouers saam sodat dit minder plek opneem, en meer materiaal op een slag vervoer kan word, met minder uitlaatgasse wat in die atmosfeer vrygestel word. KIES: kies produkte wat herbruikbaar is eerder as wat herwinbaar is, of wat herwinbare verpakking...

isiXhosa: week 16

isiXhosa: week 16

Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Kliek HIER om die vorige weke se woorde te sien. Hier is hierdie week se woorde:

Wow-spelkompetisie

Laerskool Jan van Riebeeck het Donderdag, 15 Augustus die eerste ronde van die Wow-spelkompetisie gehuisves. Baie geluk aan die Jannies wat een van die eerste ses plekke verower het. Hulle neem eerskomende Saterdag, 24 Augustus, aan die distrikkompetisie in Delft deel. Die uitslae was as...

Loslitdag, 6 September

6 September is Loslitdag (Casualday)! Tema: Time to shine! Neon en blinkers! Bedrag: R10 vir 'n loslitdag plakker om Vrydag 6 September gewone klere aan te trek volgens die tema. Hoe betaal ek: Plakkers kan van Woensdag af op die Karri toep of kontant by juffrou Wright gekoop word. Plakkers sal op 5 September uitgedeel word. Fondse word ingesamel ten bate van die Paarl...

Nuusbrief van 16 Augustus 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Donderdag, 15 Augustus 2019 Toets: Gr.4 NWT Donderdag, 15 Augustus 2019 Wow Spelkompetisie - kringkompetisie Vrydag, 16 Augustus 2019 Gr.4 Uitstappie na Waterfront Vrydag, 16 Augustus 2019 Toets: Gr.5 - 6 NWT Vrydag, 16 Augustus 2019 Toets: Gr.7 NW Saterdag, 17 Augustus 2019 SPORTDAG:Dirkie Uys (Weg) Saterdag, 17 Augustus 2019 Landloop: WP Champs Sondag, 18 Augustus 2019 Beulah Matthews (Snoepie) verjaar Maandag, 19 Augustus 2019 Rugby: Vriendskaplik vs. Panorama Maandag, 19 Augustus 2019 Netbal: Vriendskaplik vs. Parklands (WEG) Woensdag, 21 Augustus 2019 KANSELLEER Rugby: Vriendskaplik vs. Durbanville Voorbereiding (WEG) Woensdag, 21 Augustus 2019 Weskus koorfees Woensdag, 21 Augustus 2019 GEEN Buitemuurs Donderdag, 22 Augustus 2019 Skaak: O/13 Ligawedstryd vs. Forres (WEG) (24 Park Road, Rondebosch) Vrydag, 23 Augustus 2019 Assessering: Gr.4 - 6 Aardrykskunde Vrydag, 23 Augustus 2019 Skaak: Paarl Boys Skaaktoernooi, WEG Vrydag, 23 Augustus 2019 Toets: Gr.7 EBW Vrydag, 23 Augustus 2019 Skaak: O/11 Ligawedstryd vs. Forres (TUIS) Saterdag, 24 Augustus 2019 Ben Reynecke (Musiek) verjaar Saterdag, 24 Augustus 2019 Gr.7-studiemetodes (Elevate) Saterdag, 24 Augustus 2019 Wow Spelkompetisie - Distrikkompetisie Saterdag, 24 Augustus 2019 Dapper Stappers Dinsdag, 27 Augustus 2019 Gr.7 Sosiale media ouer- en kindinligtingsessie 18:30 (Skoolsaal) Dinsdag, 27 Augustus 2019 Hokkie: O/9 Seuns Durbanville Voorbereiding Toernooi (WEG) Woensdag, 28 Augustus 2019 Hokkie: O/9 Dogters Durbanville Voorbereiding Toernooi (WEG) Woensdag, 28 Augustus 2019 Liewe Aarde: Herwinning sivvies Donderdag, 29 Augustus 2019 Entrepreneursdag >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Saterdag: Sportdag op Moorreesburg Dit is eerskomende Saterdag ons laaste sportdag van die jaar waar die meeste van ons netbal- en rugbyspanne sal deelneem....

Netbalafrigters presteer

Ons sê baie geluk aan twee van ons netbalafrigters, Bongi Mbayeka (O/8 en O/12) en Mihle Phelekwa (O/7 & O/11). Hulle het gedurende die week van 4-10 Augustus die Kaapstad Netbal Federasie (WP) verteenwoordig by die SA Spar O/21 en Senior Vrouekampioenskappe in Johannesburg. Hulle span het baie goed gevaar en met Silwer medaljes huis toe...

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor